Sisi se opposisie onttrek hom aan verkiesing
Vir die president van Egipte is die pad nou oop om vir ‘n tweede termyn verkies te word.
Pres. Abdel Fattah al-Sisi se laaste hoofopponent in die stryd om die presidentskap, Khaled Ali, het Woensdag onttrek.
Ali sê alle hoop vir ‘n nuwe begin in Egipte het beskaam in ‘n verkiesingswedloop wat na alle waarskynlikheid ‘n tweede wegholoorwinning aan Sisi sal besorg.
Sisi is in 2014 verkies, dieselfde jaar waarin hy die weermag gelei het om die Islamitiese president Mohamed Morsi uit die kussings te lig.
Ná die menseregte-regsgeleerde se onttrekking Woensdag en die inhegtenisneming Dinsdag van die enigste ander vername mededinger, die voormalige militêre stafhoof Sami Anan, sal net Sisi as presidentskandidaat in die verkiesing van 26 tot 28 Maart staan.
Ali sê sy ondersteuners word geïntimideer en die verkiesingsproses is korrup.
“Wat ons betref, het die mense se vertroue in die moontlikheid om ‘n verkiesing-sege in ‘n nuwe begin te omskep ongelukkig nou tot ‘n einde gekom,” het Ali op ‘n nuuskonferensie in Kaïro gesê.
Die verkiesingskommissie het egter gesê hulle sal ‘n regverdige en deursigtige verkiesing verseker.
Ander kandidate het tot 29 Januarie om te registreer en die finale lys sal op 20 Februarie aangekondig word.
Sisi-ondersteuners sê hy het sedert 2013 groter sekuriteit in die land teweeggebring, ondanks die insurgensie van die Islamitiese Staat-groep (IS) in die noordelike Sinai-gebied. Sy kritici sê sy gewildheid het getaan weens hervormings wat op besuiniging gemik is, en die manier waarop afvalliges onderdruk word. – Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie