Skaapabattoir se krag weens wanbetaling gesny
Produsente skarrel tans om 'n ander heenkome te vind vir skape wat by Brukarros Meat Processors (BMP) se abattoir buite Keetmanshoop afgelaai is om geslag te word.
Die rede daarvoor is dat BMP se krag Vrydag na bewering weens wanbetaling gesny is en verslagting nie kan plaasvind nie.
Mnr. Alex Cilliers, hoof van vleis by GWK, het gister bevestig skape kan nie geslag word nie en gesê hierdie Suid-Afrikaanse agrimaatskappy kyk nou hoe hy produsente kan help.
GWK, met sy hoofkantoor op Douglas in die Noord-Kaap, doen sedert verlede jaar kontrakverslagting by BMP.
Volgens Cilliers is hy nie deur mnr. Jean Simonis, eienaar van BMP, oor die situasie ingelig nie. "Ek het maar net gehoor die krag is gesny."
Mnr. JC de Klerk, woordvoerder van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) in die Suide, sê Dinsdagaand was daar sowat 800 skape by hierdie abattoir waarmee 'n plan gemaak moes word. "Ons moet kyk hoe die Vleisraad ons met uitvoerpermitte kan help sodat die skape na Suid-Afrika kan gaan."
Republikein kon nog nie vir Simonis of mnr. Andries Gelderblom, die finansiële bestuurder van BMP, in die hande kry nie. Hulle antwoord nie hul selfone nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie