Skenking om padveiligheid te verbeter
Skenking om padveiligheid te verbeter

Skenking om padveiligheid te verbeter

Die uraanreus Rössing Uranium het geld geskenk vir hersterlwerk aan ambulanse wat diens doen op die hoofroete tussen Arandis en die kus.
Francoise Steynberg
Otis Finck - Rössing Uranium het kort voor Kersfees altesaam N$21 000 aan die Arandis Emergency Management Response Services (EMRS) oorhandig.

EMRS is sedert die begin van die feesseisoen by die afrit van die B2-hoofpad na Arandis bedrywig.

Rössing se waarnemende bestuurder van veiligheid, gesondheid, omgewing, gemeenskap en beskermingsdienste, mnr. Johannes Silvanus, het die skenking oorhandig aan verteenwoordigers van die projekkoördineerders, Eagle Ambulans en Reddingsdienste, in samewerking met die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) en die dorpsraad van Arandis wat die inisiatief bestuur.

“Ons hoop hierdie skenking sal bystand bied aan die belangrike pogings om doeltreffend op padongelukke te reageer, asook die bewustheid van padveiligheid te versprei en die boodskap aan besoekers aan die sentrale en kusgebiede tydens die feesseisoen oor te dra. Alle ongelukke, beserings en siektes kan voorkom word en ons doelwit is dus om ‘geen leed’ te bereik.

"Met ons doelstellings en doelwitte vir veiligheid wil ons werknemers, vennote en belanghebbendes aanmoedig om met ’n positiewe en proaktiewe gesindheid teenoor veiligheid op te tree,” sê Johannes.

Mnr. Terence Ward, hoofkoördineerder van die EMRS, het die skenking namens die MVAF aanvaar. Hy het verduidelik dat die geld vir die herstel en instandhouding van ambulanse wat gebruik word om op padongelukke tot 40 km oos en wes van die Arandis-afrit te reageer, gebruik sal word.

“Ons doel is om binne 10 minute na kennisgewing van 'n ongeluk te reageer om aan slagoffers die beste, moontlike kans op oorlewing te gee. Ons toerusting moet in 'n uitstekende, werkende toestand wees as ons hierdie doelwit wil verwesenlik en die bystand van Rössing maak dit moontlik. ”

Oproepe aan die EMRS kan deur die MVAF se oproepsentrum by 081 9682 gemaak word.

Mnr. Erastus Makathila, waarnemende uitvoerende hoof van Arandis, het gesê die raad het die noodreaksiesentrum-program in 2015 van stapel gestuur met die doel om lewens te red deur die gebied se noodreaksiepogings tydens spitstye in die feesseisoen aan die kus, hetsy in Desember of in April met Paasnaweek, te verbeter.

'n Belangrike komponent van die hierdie program behels die skep van gemeenskapsnooddienste in Arandis. Twintig vrywilligers van Arandis is reeds opgelei en sal reaksiespanne bystaan. Hul doelwit is om 200 vrywilligers, insluitend polisiebeamptes en brandspanne, op te lei.

Me. Amanda Horn van Rössing het gesê die maatskappy is bewus van die impak wat hul bedrywighede op die gemeenskap het.

“Ons beskou die verantwoordelike bestuur van ons betrekking met die gemeenskap en belanghebbendes net so noodsaaklik vir ons besigheid se sukses soos die bestuur van ons bedrywighede. Daarom staan Rössing standvastig in die nakom van sy korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid, ten spyte van die uitdagings wat marktoestande bied.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!