Skietstilstand in Sirië begin
'n Vyf uur lange skietstilstand in Sirië se rebelle-beheerde oostelike Ghouta naby Damaskus het gisteroggend om 09:00 (07:00 GMT) begin en sou tot 14:00 (12:00 GMT) duur.
Die skietstilstand is daarop gemik om mense toe te laat om uit die gebied te ontsnap wat in 'n ernstige offensief deur die Moskou-gesteunde regering geteiken word.
Rusland se pres. Wladimir Poetin het opdrag vir die skietstilstand gegee sodat 'n “humanitêre korridor” geskep kon word vir burgerlikes om die gebied te kan verlaat waar bomaanvalle deur die regering honderde mense se lewe sedert 18 Februarie geëis het.
Die Syrian Observatory for Human Rights sê dit was sedert middernag Maandag in die algemeen kalm in die oostelike Ghouta-gebied. Vier mortiere is egter die oggend op die dorp Douma afgevuur.
Die Russiese ministerie van verdediging het Maandag gesê die maatreëls, wat met die instemming van Siriese magte getref is, sal ook 'n kans bied vir siekes en gewondes om na veiligheid geneem te word.
Die woordvoerder van Failaq al-Rahman, een van die hoofrebellegroepe in oostelike Ghouta, het Rusland egter daarvan beskuldig dat dit die mense die keuse bied om haweloos te wees of om in bomaanvalle en 'n beleg doodgemaak te word. Hy sê dit is 'n “Russiese misdaad”.
Oostelike Ghouta is die laaste groot vesting naby Damaskus vir rebelle wat probeer om die bewind van pres. Bashar al-Assad omver te werp. Insurgente is reeds met die hulp van Rusland en Iran uit talle gebiede verdryf.
'n Resolusie van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het Saterdag 'n 30 dae lange skietstilstand oral oor Sirië geëis.
– Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie