Skoolbeurse aan 25 gevangenes
Die Namibiese Kollege vir Afstandonderrig (Namcol) het verlede week 25 beurse vir sekondêre onderwys aan gevangenes van die Windhoekse Sentrale Gevangenis oorhandig om hul skoolopleiding te voltooi.
Elf beurse om vir graad 10 in te skryf en 14 beurse om graad 12 te voltooi, is oorhandig.
Die Namcol-beursfonds, ter waarde van N$20 000, is deur NamPower geborg.
N$15 000 is vir die sekondêre onderwys-begunstigdes in die sentrale gevangenis gebruik, terwyl die oorblywende N$5 000 aangewend sal word ten bate van 'n student uit dieselfde tronk wat vir 'n BA-graad in jeugontwikkelingswerk ingeskryf het.
Volgens Mnr. Mberipura Hifitikeko, Namcol se bestuurder van strategieë, navorsing, gehalteversekering en rolspelerbestuur, sit Namcol jaarliks 'n bedrag geld opsy om behoeftiges en kwesbares te help.
Die gevangenes val in hierdie kategorie en Namcol glo hulle het 'n verantwoordelikheid teenoor die gevangenes om hul opvoeding te bevorder sodat hulle 'n betekenisvolle bydrae tot die samelewing kan lewer.
Hifitikeko het verder gesê Namcol het gedurende die huidige inskrywingsperiode 325 beurse ter waarde van N$257 705 toegeken. ’n Totaal van 101 beurse om vir graad 10 in te skryf en 224 beurse vir graad 12 is toegeken.
Namcol wil volgens Hifitikeko graag landswyd meer beurse toeken, maar word deur ’n gebrek aan fondse beperk.
Die kollege wil die sakewêreld aanmoedig om betrokke te raak deur meer geld beskikbaar te stel sodat behoeftige en kwesbare leerlinge beter toegang tot onderrig kan hê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie