Skooltoer tragies kortgeknip
Twee leerlinge van Windhoek Gimnasium het vanoggend gesterf in ‘n busongeluk noord van Mariental.
Die toergroep was in twee gehuurde busse onderweg. Die een bus het die pad verlaat en gerol.
‘n Hartseer me. Colette Rieckert, Windhoek Gimnasium se uitvoerende hoof, het die ramp kort gelede bevestig. In ‘n boodskap aan ouers is medelye met geraaktes uitgespreek en vir gebede gevra.
Verskeie leerlinge is volgens Rieckert ernstig beseer.
Die ses dae lange kultuurtoer wat vanoggend vroeg uit die hoofstad vertrek het, is ‘n spanbougeleentheid vir graad 7-leerlinge. Daar was seuns en dogters in die bus.
Die name van die oorlede skoliere is bekend aan die koerant, maar word vir nou weerhou om seker te maak alle familielede word eers ingelig.
Beseerde leerlinge is na hospitale afgevoer. Die toer is gekanselleer en skoolbussies is gestuur om ander leerlinge terug na Windhoek te vervoer.
‘n Joernalis van Republikein is onderweg na die toneel. Ons plaas meer inligting soos dit bekend raak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie