Skotse pa verdrink toe hy seun red
'n Pa wat Sondagmiddag saam met sy seun naby die hotel gaan swem het waar hy werksaam is, het verdrink toe sy negejarige seun in die moeilikheid beland en hy sy lewe gered het.
Mnr. Paul Lawrence (33, foto) en sy seun het omstreeks 16:00 naby die Seaside Hotel & Spa by Myl 4 in die see gaan swem.
Die polisie sê in sy misdaadverslag lede van E-Med Rescue 24 se hulp is ontbied toe die Lawrence en sy seun in die moeilikheid beland het.
Hulle kon beide pa en seun uit die see red. Die pa het egter probleme ondervind om asem te haal en is op die toneel dood verklaar nadat pogings om hom by te bring, nie suksesvol was nie, lui die misdaadverslag.
Die seun is vir behandeling na die Cottage private hospitaal geneem.
Lawrence, wat van Skotland afkomstig is, het vroeër vanjaar as kwaliteitsbeheerbeampte by dié hotel begin werk. Hy was vroeër by Am Weinberg Hotel in Windhoek in diens.
'n Werknemer by die Seaside Hotel & Spa het gister by navraag gesê die personeel wil nie die voorval bespreek nie. "Ons is tans gesluit," het sy gesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie