Skuts vind vraagstukke op Tsumeb
Uiteenlopende toestande het die vernuf van deelnemers behoorlik getoets.
Tielman van Lill - Die Namibiese Jaggeweerskietvereniging (NHRSA) het die laaste naweek in Augustus die noorde ingevaar om sy vyfde streekkompetisie van die jaar op die plaas van mnr. Jan Keyser te hou.
Die eerste skote het al die Vrydagnamiddag in die .223-afdeling geklap, waar elke skut ’n dropperhout ontvang het om in enige posisie van sy keuse as ’n stut op die skietbaan te gebruik.
Saterdag het die ope-afdeling gevolg met die wind wat meer as gereeld sy teenwoordigheid aan die skuts bevestig het. Voor die sneller met elke skoot getrek kon word, moes die deelnemers sorgvuldig berekeninge maak om die windrigting asook die sterkte daarvan te bepaal.
Die baan vir die ope kompetisie het bestaan uit ’n steenbok- en gemsbokteikens waarop onderskeidelik twee en drie skote gevuur kon word terwyl die mededingers by ’n hooibaal moes kniel.
Ná die rooibokskyf is uit ’n staande posisie vanaf ’n houtdriepoot aangelê. By die ghongs moes die skuts plat op die grond sit en van ’n laaibord (houtpalet) en skietsak gebruik maak. Met die tweede ronde by die ghongs is oor ’n 200-liter konka aangelê en by die plaatbobbejaan het die skuts gestaan om uit die hand te skiet.
Laaste maar nie die minste nie was daar die koedoe-ronde waar sintetiese stokke die aangewese middel was om die skieters se gewere te stut.
Bets-Marié Coetzee, bemarkings- en skakelbeampte van die NHRSA, is self ’n kranige skut en ywerige deelnemer wat haar storie in dié soort velduitdaging ken. Sy vertel die weersomstandighede en lastige luggie het soms die skuts lelik onkant betrap.
“Die weer was nie sleg nie, dit was lekker warm en oor die algemeen was dit ’n heerlike twee dae vir skiet. Die wind was egter bedrieglik vir die ligter kalibers. Daar waar jy staan om aan te lê, is die wind stil of roer net liggies, maar nader aan jou teiken waar die skoot moet val, is dit ’n heel ander storie.
“Die wind het met die kleiner kalibers bietjie kat en muis gespeel,” het Coetzee vertel.
Die uitslae:
.223-afdeling: 1. Francois Marais junior, 2. Wittes Marais, 3. Johan van Zyl.
Ope-klas, Penkoppe: Christo van Rooyen, Hanré Cocklin, Kihan Cocklin.
Juniors: Karin Coetzee, Xander van Rooyen, SP Coetzee.
Veterane: Francois Blaauw, JWF Kannemeyer.
Seniors: David Francis, Francois Marais senior, Wathy van der Wath.
Vroue: Stephanie Marais, Cornel van der Westhuizen, Karola Marais.
Mans: Piet Voster, Alwyn Jooste, Johan van Zyl.
Bronswenners: Johan Venter, Herman Prinsloo, Christo van Rooyen.
Silwerwenners: Alwyn Jooste, Ferdinand Schnaitmann, Gawie van Zyl.
Goudwenners: Piet Voster, Johan van Zyl, David Francis.
Algehele wenners: Piet Voster, Johan van Zyl, David Francis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie