Slagboikot sal Vrydag heroorweeg word
Slagboikot sal Vrydag heroorweeg word

Slagboikot sal Vrydag heroorweeg word

Die slagboikot teen uitvoer-abattoirs in die Suide is goed op dreef.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Skaapboere in die Suide hou hierdie week op groot skaal hul lammers uit die uitvoermark - al het GWK, wat by Brukarros Meat Processors (BMP) buite Keetmanshoop slag, die lamprys vir A1-3 karkasse met N$5 per kilogram gelig.

Mnr. JC de Klerk, woordvoerder van lewendehaweprodusente in die Suide, sê die rede daarvoor is dat GWK se N$68 per kilogram steeds veel laer as byvoorbeeld die abattoir op Upington se N$77 op daardie grade is.

“Dan praat ons nie eers van die abattoirs op dorpe soos Williston in die Karoo wat op klein skaal slag nie. Hulle betaal al meer as N$80 per kilogram.”

De Klerk sê met vandeesweek se boikot hoop die produsente om sodanige druk op GWK uit te oefen dat hierdie Noord-Kaapse agribesigheid sy lamkarkaspryse in ooreenstemming met groot abattoirs in Suid-Afrika aanpas waar oorwegend dorperskape geslag word.

“Ons voel ons boikotaksie is nie onregverdig nie. Ons sal Vrydag, wanneer die pryse vir volgende week aangekondig word, besluit of ons hiermee voortgaan.”

Hy sê hoewel daar nog twee uitvoer-abattoirs in die Suide oor is, laat slag die meerderheid van skaapboere hul lammers deur GWK by Brukarros.

“Dit is by hierdie abattoir waar hulle ’n kwota opbou om in gelyke maat lammers lewend na Suid-Afrika te kan uitvoer. Die uitvoer-abattoir op Aranos slag op ’n veel kleiner skaal en selfs die boere in daardie omgewing ry hul skape na Keetmanshoop aan om by Brukarros te slag.”

Die boikot plaas hierdie week druk op veilings en die abattoirs wat vir die binnelandse mark slag, sê De Klerk, maar voeg by produsente was dit te wagte.

Wat hulle egter frustreer, is dat laasgenoemde abattoirs die Brukarros-prys as maatstaf vir hul eie prysformulering gebruik. Dit beteken produsente in Namibië verdien baie minder as skaapboere in Suid-Afrika ongeag of hulle vir die uitvoermark of die binnelandse mark laat slag.

Hy sê GWK verwring met sy lae pryse ook die slagmark in Suid-Afrika omdat hulle die prys waarteen hulle karkasse lewer, met die goedkoper Namibiese lamsvleis kan subsidieer.

“Die Suid-Arikaanse boere is net so ongelukkig omdat die Namibiese lamsvleispryse hul pryse aftrek,” sê De Klerk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!