Slamet oorleef erge ongeluk
Tielman van Lill - Die 34-jarige Richard Slamet, voorsitter van die Windhoek Motorklub en bekende in motorsportkringe, het Saterdag ’n noue ontkoming op die Tony Rust-renbaan buite Windhoek gehad toe sy klas A-renmotor se remme teen ’n hoë snelheid onverklaarbaar die gees gegee het.
Slamet was tydens die sesde ronde van die eerste resies besig om met sy vierwielaangedrewe 2 liter turbo Nissan Pulsar in die pylvak af te jaag, toe die noodlot toeslaan.
Slamet sê hy het net een prioriteit gehad en dit was om nie kop eerste die keerwal van bande te tref nie.
“In die eerste ren het ek teen seker 250 km/h in die pylvak afgejaag. Toe ek by die remmerker kom en die rempedaal trap, was daar eenvoudig net niks nie.
“Ek moes keer dat ek nie die bande kop eerste tref nie en het die handrem opgepluk en die stuur gebruik om my kar na die binnekant te laat swaai waar die renstelbaan is.
“Die Pulsar het die randstene getref en begin rol en het ongeveer 100 m verder teen die buitebande wat as keerwal dien, tot stilstand gekom. Omstanders het later vertel dat die voertuig sowat tien keer gerol het alvorens dit die buitebande getref het,” het Slamet vanuit sy woning vertel nadat hy Dinsdagoggend uit die hospitaal ontslaan is.
Slamet, wat ’n diep gelowige Christen is, sê hy het in terme van sy beserings lig afgekom.
“As mens die spoed in ag neem waarteen die impak plaasgevind het en hoeveel keer die kar gerol het, is ek ’n baie gelukkige man.
“Ek het twee gebreekte ribbes waar dit teen die rugwerwels af is. Die eerste rib wat net onder die sleutelbeen is, is ook gebreek. Verder het ek ’n skeur in my dikderm en die lewer is reeds besig om te herstel. Ek is juis nou op pad om bloedtoetse te laat doen om te sien of die inwendige infeksie se vlakke verder gedaal het,” het die motorsport-entoesias vertel.
Slamet sê dat dit net die Here se wil is dat hy die ongeluk oorleef het.
“Toe ek besef dat ek in die moeilikheid is, het ek net begin bid. Dit is uit en uit die Here se genade dat ek vandag nog hier is.
“Die enigste gedeelte binne die kar wat nog heel is, is tussen die stuurwiel en my sitplek waar ek was. Ek weet dat Hy my gered het deur my in Sy kosbare bloed toe te vou daar waar ek gesit het,” het die pa van vier sonder om te skroom getuig.
Slamet is met Soraya getroud en die egpaar het vier kinders van wie die jongste toevoeging ’n babasussie van drie maande is.
“Ek voel klaar baie beter en is besig om te herstel en sal binnekort weer 100 persent reg wees,” het die adrenalienslaaf met ’n groot voorliefde vir spoed en motorsport gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie