Sleutelsake by stembus
Nuwe data oor die behuisingskrisis in Namibië toon die Swapo-regering se onvermoë om met groter sukses by hierdie ekonomiese en maatskaplike vraagstuk in te gryp.
Die resessie het sy tol geëis, maar die massabehuisingsprojek uit die tyd van oudpres. Hifikepunye Pohamba en die komponent van pres. Hage Geingob se Harambee-welvaartplan kon nie genoeg vermag nie. Natuurlik word ommeswaai moeiliker hoe langer ‘n probleem voortduur.
Volgens die Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) woon bykans een miljoen Namibiërs nou in sinkhuise – byna dubbeld soveel as in 2008. Deskundiges is bekommerd oor die gevolglike gebrek aan toegang tot basiese dienste en daarmeesaam die struikelblokke in die weg van die grondwetlike reg op ‘n waardige bestaan. Die krisis kan binne die volgende vyf tot tien jaar dramaties vererger, het die Namibian Sun Vrydag berig.
Behuising en grond – landbougrond en stedelike grond – is saam met gepaardgaande kwessies soos verstedeliking sleutelsake in die komende verkiesing. Stemgeregtigdes moet politieke partye se beleid en beloftes oor die twee sake krities en objektief beoordeel.
Die Landless People’s Movement (LPM) het grond tot sy belangrikste strydkreet verhef. Die beweging se vertoning by die stembus sal interessant wees.
Republikein sê opnuut tradisionele baksteenhuise is weens talle uitdagings nie noodwendig die beste oplossing nie.
Die regering probeer welliswaar, maar nie hard en slim genoeg nie?
So sê ander
3 November 2019
Die verhaal (en lesse) van 2019 se twee Wêreldbekers
Die kontras kan kwalik duideliker.
Aan die een kant: ’n Rasbehepte, verdeelde sportbeheerliggaam wat in ’n oorlog met homself en sy spelers gewikkel is.
Aan die ander kant: ’n Unie wat bewus is van die belang van transformasie, maar nie huiwer om die regte persoon in die regte pos aan te stel nie – ongeag velkleur. En boonop bereid is om uit sy foute te leer.
Die gevolg van die eerste benadering was ’n Wêreldbeker-veldtog wat van Suid-Afrika ná beswaarlik drie wedstryde die grap van die toernooi gemaak het.
Die vrugte van die tweede benadering? ’n Wêreldbeker-veldtog wat, nog lank voordat hulle gister die goud beklink het, die ganse land laat bors uitstoot het en agter ’n gesamentlike doelwit verenig het.
Die uiteenlopende vertonings van die Proteas en die Springbokke het hul oorsprong ver weg van die groen velde van Engeland en Japan.
Wanneer die kleurtelkaart belangriker raak as die kriekettelkaart moet ’n mens miskien nie te verbaas wees as ander lande jou neus in die gras vryf nie.
Daarteenoor staan die meer oopkop-benadering van Saru en sy president, Mark Alexander. Alexander het dit nog altyd duidelik gemaak dat transformasie meer as ’n blote getallespeletjie is en gister is dié strategie beloon met Wêreldbeker-glorie.
Dit het baie meer vir die land – én transformasie – beteken as wat enige kunsmatige kleurkwota ooit sal.
• RAPPORT (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie