Sluier moet af oor rugbyplan
Hoe langer die sluier dig gehou word oor moontlike veranderinge aan die struktuur van Namibiese rugby, hoe groter die skade weens voortgesette ondersekerheid.
Sowat vyf maande sedert die Namibië Rugby-unie (NRU) sy samewerkingsooreenkoms met die maatskappy Namibië Rugby Beperk (NRL) opgesê het, verkeer die publiek steeds in die duister oor die pad vorentoe.
Nie net dié sportkode, sy afrigters, administrateurs, ander betrokkenes, borge en ondersteuners is op uitkoms en deursigtigheid geregtig nie, maar die hele land.
Oor net minder as agt maande skop die Wêreldbeker-rugbytoernoei in Japan af. Mededingende voorbereiding gaan ‘n reuseverskil maak.
As daar reeds ‘n deurdagte en werkbare nuwe kontrak deur die NRU onder leiding van mnr. Corrie Mensah voorberei is, behoort dit die lig te sien.
Van die kant van die Sportkommissie en die minister van sport, jeug en nasionale diens, mnr. Erastus Utoni, is die belang van spoedige konsensus lankal uitgewys. Tog is daar steeds geen antwoorde nie.
Die onmin het verlede jaar op die nipper by pres. Hage Geingob gedraai voordat die staatshoof die twis na Utoni verwys het.
As bemiddelaars nog geen hond haar af kon maak nie, moet nuwe vredemakers gesoek word.
Gesante van Wêreldrugby het die land laat verlede jaar besoek, maar die internasionale beheerliggaam kan – en sal – nie ons probleme vir ons oplos nie.
Die huidige eierwals moet in almal se belang ‘n einde kry.
So sê ander
21 Januarie 2018
Die Burger, Beeld en Volksblad sê
Pres. Cyril Ramaphosa het seker gehoop hy gaan vanjaar met ’n sterker en positiewer boodskap na Davos.
Maar die Ramaforie het gou getaan en die president sal vanjaar moet vure doodslaan oor ’n nuwe politieke aanslag op die Reserwebank.
As hy by Davos wou bakhand staan om beleggers na Suid-Afrika te lok, staan Eskom se probleme boonop in sy pad soos ’n onbeweeglike olifant.
Iets waaroor hy heelwat skeptisisme sal moet besweer, is grondonteiening sonder vergoeding.
As Ramaphosa en kie werklik met hul Davosbemarking wil slaag, sou hulle die sosialistiese onderrok van staatsinmenging lankal moes uitgetrek het. En hulle sou meer tasbare vordering moes gewys het dat korrupsie en vermorsing van staatsgeld uitgeroei word.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie