SMS'e vir 1 Desember 2016
“Ons soek resultate - nie beloftes nie.”
Renosterstropery: Die saak word ondersoek. Ons soek resultate - nie beloftes nie. Wie was aan diens toe die oorgewig tas deur die “scan” gegaan het? Klink alles baie verdag.
Dankie dat ons Eiendomsraad skelm agente vasvat. Hulle steel van die raad en van gekwalifiseerde agente en doen ons eiendomsbedryf baie skade aan omdat hulle nie die wet ken of daarbinne optree nie. Hulle bedrieg en mislei die publiek en verdien tronkstraf.
Educare Windhoek: Nou is hierdie skool se deure toegemaak wat niks minder as reg is nie. Hoe gemaak as die kinders nie plek in ander skole kan kry nie, wat wel die geval is. Nou sit vele ouers met die sak patats. Educare moet al die skoolgelde aan die ouers terug betaal aangesien hulle ’n onwettige skool bedryf.
Dubbele standaarde. Jy het dit reg. Mens kan met sekere individue niks doen nie. “National intelligence”, hoekom kom soek julle my nie op nie? RWD.
Hoe is dit moontlik dat hierdie wrede wilstropers nog vryelik rondloop. Is dit miskien omdat die polisie betrokke is? Watter ander afleiding kan ’n mens maak. In teenstelling hiermee, ’n boer wat sy vee en plaas wil beskerm, is nie geregtig op borgtog nie.
Wette in Namibië word net gemaak vir sommige mense en deesdae se polisie ken nie die landswette nie of pas dit net toe soos dit hul pas. Skiet maar gerus die diere op die paaie, moet net nie die vleis laai nie, want dit behoort aan niemand nie. Groot koeie op die paaie het geen Fanmeat-plate in ore nie, so dit behoort aan niemand nie, want die Fanmeat-wet bepaal alle beeste bo 6 maande moet Fanmeat-plate aan hê.
Ek weet nie hoeveel waarheid steek in die uitlating dat wyle Hermanus Izaks sy onderwysers persoonlik geken het nie. Ja, miskien daardie wat in sy kringe beweeg het. Ek was ook onderwyser in sy tyd, maar glo nie hy het my geken nie. Al wat ek kan onthou van sy enigste besoek aan ons plaasskooltjie is sy ek-is-die-baas-houding.
Nam diplomats suffering in Ghana due to high living costs - welcome to the real world. Now you get a tiny feeling of what life is like for the average Namibian! Not so nice, is it?
Ek koop my koerant, maak nie saak wat dit kos nie.
Ek wil net vir die persoon wat vir onse eie kaptein DC Gertze wil beswadder, inlig dat jy nog nooit in jou lewe ’n gemeenskapsleier gesien het nie. Dit wat jy vir die wêreld wil voorhou, is vals. Kry net jou huiswerk reg asb. Ek dink nie daardie vergaderings was vir jou bedoel nie, want jou ore het die regte boodskap verkeerd gehoor. DC is die eerste en die enigste kaptein wat dink aan sy gemeenskap en veral die oumense. Vir jou inligting het die oumense alreeds ge-“pay” en hy het nie nodig om by oumense geld te bedel nie, want ons, die ander, staan vierkantig langs hom. Die N$250 wat jy van praat, is die registrasiefooi van die korporatief wat einste van kaptein DC Gertze saam met sy raad geregistreer is vir die hele gemeenskap van Blouwes. Ook vir jou, laat jy ook lewe kan kry in daardie geweste. #khaire tog mense van Blouwes en sit neer die oorlogwapen.
Die regering draai kamma krane toe op staatsbesteding, maar onderlangs word groot geld vir reis en verblyf voorsien. Dit nadat oorsese reise ingekort is. Later moet die private sektor-geldkoei maar ingesleep word om te melk vir staatsprojekte wat nie gefinansier kon word nie. Bo blink, onder stink.
U soek katjies, maar verskaf geen nr nie. Bel mnr. Pretorius @ 081 405 3607.
Huge safety initiative on roads this season - history has proven that they do not work. Some officials are bribable. Point is, where are the hundreds of cops the rest of the year? Swakop has 14. Where are they? Walk/drive around in town in unmarked cars, put up cameras at 4 way stops. Only way to see the culprits then hammer them with huge fines or confiscate licences.
Die Here help die diere van die aarde! Die genadelose, wrede dood van die gemsbokke is afskuwelik! Oor ’n paar jaar gaan daar niks oor wees om te moor nie en ek hoop die wilddiewe begin mekaar dan vang en eet.
Iets wat my pla! Kan ’n kommunis ’n Christen wees? Kan ’n pastoor asb. antwoord!
Okahandja munisipaliteit: Ons kry swaar met water. Maak tog die krane reg, groot asb. Ons moet ver water gaan soek terwyl daar krane is alhoewel dit nie so naby is nie.
RCC owes the state N$159 million for VAT and PAYE! Report says RCC has not paid in VAT since 2006! If the normal taxpayer pays late or not at all, they are fined or jailed, yet parastatals are acting against the law and can do what they want? Outrageous!
Hoekom word deesdae toegelaat dat so baie motors sonder nommerplate rondry?
Hier in Swakopmund, Tamariskia is ’n bottelstoor wat nie 50, 20, 10 en 5 sent as betaling aanvaar nie. is dit aanvaarbaar?
Eers wil hy ons seebed doodmaak en ons almal dan vergiftig met “acid rain” deur gasse in ons wolke te spuit? Minister Shifeta, slaap jy in die nag?
Wetsgehoorsame burger, jy is seker deel van Whk Gimnasium daarom, dat jy hulle as voorbeeld van ’n geregistreerde skool voorhou! Meeste van die private skole is deur die registrasieproses dus maak dit nie van Whk Gim ’n uitsondering nie. Kom ons los liewer in die toekoms die name in so ’n geval uit, dan adverteer ons immers nie ons skool ten koste van ander skole nie.
Usakos, julle dorp lyk pragtig en kan die tuindorp genoem word. Okahandja kan gerus hul voorbeeld volg!
Ek wil net geweet het: Ek betaal nou die afgelope 20 jaar ’n sekere “cash loan”, maar ek skuld nog steeds en ek het N$1 000 geleen, maar kry geen staat wat wys hoeveel nog uitstaande is nie. Is daar ’n wet wat sê jy moet tot twee duisend jaar betaal?
Joos Platt, kan jy dalk reageer op SMS’e? Op FB reageer jy graag en professioneel. Kan ek dalk vrae in SMS-kolom vra dat jy dit hier antwoord sodat publiek ook kan sien en kommentaar lewer. Dit is ’n voorstel van my kant.
Hanekamstraat se mense kan gerus ophou met hul prostitusie en getroude manne steel. Dis hoekom helfte van die vrouens nie hul kinders se vaders ken nie.
“Rural Water” Keetmanshoop, julle diens is pateties. Terwyl julle net daar sit, sal ons vrek van dors. Hoekom moet dit twee weke neem voor julle ’n pomp gaan regmaak?
Dringend op soek na draagbare suurstoftoestel wat suurstof maak. Is 24 uur afhanklik van suurstof. Moet permanent daaroor in hospitaal bly. Skakel 081 709 7301. Dankie
“Crooked” is ’n skynbare parlementêre sport. Om dit ernstig te wil speel, moet jy oor g-tlek talente beskik. Krieket daarenteen is ’n gewilde sport. Om te wen, moet jy uitblink in bal-lek. Met genoeg spoeg saam met ’n kieslekkertjie tuimel jou opponente se paaltjies klokslag soos strooihalms. Faf Siesais

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie