SMS'e vir 1 Maart 2021
SMS'e vir 1 Maart 2021

SMS'e vir 1 Maart 2021

". . . riem onder die hart . . ."
Mandy Rittmann
Dit is ’n riem onder die hart en verblydend om te sien Krieket Namibië se deursigtigheid met sy planne. Gareth Cloete verdien uit en uit so ’n kans om ’n moontlike afrigtingsloopbaan met KN los te slaan. Welgedaan KN en Gareth. Sterkte. - Robbie Thompson

Myns insiens gaan Namibië swaar deurloop onder Covid die komende winter. Die tekens is daar. Blykbaar wil dit voorkom of die Covid-entstof ons net te laat gaan bereik om ’n ramp af te weer. Hoop maar vir die beste!

Waarom moet Namibiërs so lank wag vir die Covid-entstof? Die winter is op ons! Watse gehanna-hanna het ons by die gesondheidsowerhede? Nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie sluimer. Hoeveel sterftes gaan daar nog wees as gevolg van ’n trae houding deur die ministerie betreffende die entstof?

Ja nee. NRU word bestuur soos 'n politiek tak van Swapo.

In die lig van die uiters kommerwekkende geskiedenisuitslae van 2020 wil ek graag my misnoë uitspreek oor die onbeskikbaarheid van sekere handboeke. Hierdie boeke vir geskiedenis, rekeningkunde asook ander vakke is nog steeds nie gepubliseer nie en die akademiese jaar snel ten einde. Kan die betrokke opvoedkundige instansies ’n aanduiding gee van wanneer ons vordering kan verwag? - Bekommerd

Katima brand en mnr. Muyuba trek skouers op. Dis die tendens vandag. Dis nou duidelik. Dorpsrade is onkundig en kom weg met ‘n vet pay. Lekke land of the vet cats. – Suide-Baster

Gesien deur my verkyker, geluister deur my stetoskoop, ontleed onder my mikroskoop sien ek die die onrus in die ou apostoliese kerk. Die vete gaan oor die apostelamp.

Time to advertise the positions of the Commissioners at the Electoral Commission of Namibia in line with the requirements of the Electoral Act. Why wait since it’s now time to do and act. Let’s not repeat future rerun type situations like Aroab, Stampriet and Koës. Democracy needs democratic and timely actions.

Thank you so much to Eddie and Alrené Hamman. And Fernando Garces. Amazing bosses. Ek is baie lief vir julle. Dankie vir alles!

Rebecca Roelf van FNB Swakopmund. Baie dankie vir uitstekende diens, u is voorwaar ’n aanwins vir die bank.

Dankie dat die hof ingegryp het en nie ’n verhoging in premies by die fonds toegelaat het nie. Hulle het in elk geval hul premies aan die einde van 2019 verhoog en hulle jaarlikse totaal soos hospitaalvoordele so verminder dat jy liewer sorg om maar gesond te bly. Ook die feit dat hulle planne elke jaar verander, dan moet ons weer nuwe kaarte kry wat mos geld kos. Nee wat, dis nie ’n fonds vir pensioenarisse nie. Jy moet jou beursie diep omkeer om by te hou. Hulle kan gerus ook die voordeel van bevallings afskaf by 60+ en iets anders vir bejaardes byvoeg soos skanderings ensovoorts. – Bejaarde

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!