SMS'e vir 10 Oktober 2016
“. . . ons reis deur die fotograwe se oë!”
Sommige verhoorafwagtendes en verdagtes moet ook nou ’n slag Harambee en skuldig pleit as hulle skuldig is, want dis hoekom sake nie kan afgehandel word nie. Dis nie die landdros of wie se skuld dat nie met sake gevorder word nie. Vergeet ook maar om vir prokureurs te lieg, want dan gaan jy jou bankrot betaal aan regshulp. Hou net op lieg, want niemand sal jou leuens glo nie.
Onderwysers wil nie werk nie. Hulle soek net geld, geld, geld.So siek.
Graag wil ek aan die minister van onderwys vra,slaap jy rustig in die aand aangesien jy die onderwysers dreig dat sou hulle staak, hulle geen salaris sal ontvang nie? Jy dreig grootmense en ook skoolgaande kinders se ouers? U het geen idee nie. Baie bly in “shacks”, het nie vervoer nie, het monde om te voer? Dink weer minister. U kry nie swaar nie.
Dit is nou baie interessant. Onderwysers dring daarop aan dat ouers hul kinders by die huise moet dissiplineer. Nou wonder ek hoe is hulle dissipline by hul ouerhuise geleer? Julle stel ’n swak voorbeeld vir die kind en is beslis ’n verleentheid vir jul ouers. Niemand het hierdie werk in jul kele afgedruk nie, dit was jul keuse. Daar is net twee oplossings: Bedank of werk. Elke werk het sy eie krisisse.
Ek het nou vir ’n hele halfuur in volslae vervoering na Rudiger Hennings se foto getiteld “In mis gehul” (Rep 6/10/16) gesit en staar. Ek smag so daarna om onder daai boom te sit en mediteer en van al die wêreld se ergernis te vergeet. al is dit dan net vir ’n wyle. Moet tog nooit ophou om hierdie pragtige foto’s te plaas nie – ons reis deur die fotograwe se oë!
Hoekom wil of weerhou die stadsraad van Windhoek belangrike inligting van die nasie? M.a.w. hulle wil dit ook van ons president weerhou omdat hulle meer wil steel,hulle sakke meer wil volmaak. Een ding wat julle moet onthou: Die langste pad het sy end en dat julle deur die inwoners van die land verkies is. Moenie dat dieselfde gebeur soos in Suid-Afrika nie. Dien ons, inwoners van die hoofstad. As ons nie water betaal nie, dan sny julle dit af, dus ons kan julle “remove”.
Ja, vervolg mense met grasperke, want vandat daar grasperke in Windhoek is, sterf derduisende mense op ons paaie. Dosyne word weekliks verkrag en vermoor. Miljoene word uit die staatskas en elders gesteel en die armoediges word onderdruk. Moet asseblief nie ernstige misdrywe aanspreek nie, want dit kan per ongeluk ons omstandighede verbeter.
Bruce Salt, jy is ’n doring. Baie geluk!
Vrouens van vandag, hoekom moet julle die kinders doodmaak of weggooi? Weet julle dat ’n hele paar mense nie kan kinders kry nie? Hou op met julle se stories en gee die kinders by die hospitaal of “baby day line” af. Asb., julle moeders het julle nie weggegooi nie, hou op asb.
Die afgelope tyd kom my kind van skool en ek hoor dan wat gedoen was by die skool. Hulle moet net van die bord afskryf, geen verduidelikings van onderwysers nie. Hulle moet dan huiswerk gaan doen uit handboek se vrae en ouers moet maar help. Ek is swak geskool en kan self nie skoolwerk verstaan nie. Ai tog, help die kinders asb.
Ek wil net reageer op SMS wat Joos Platt uitnooi vir ’n debat. Hoekom doen jy dit nie via FB nie? Is jy bang vir jou identiteit? Ek stem saam met Joos dat daar beheer oor kerke en pastore moet kom.
“Home Affairs” Okahandja, hartlike dank aan Noreen vir jou uitstekende diens en hulp met die navrae Windhoek-kantoor toe en jou gereelde kommunikasie met my aangaande my ID. Jy is tops en professioneel. Baie dankie. – GMDB
Persoon wat skryf aborsie moet gewettig word, lees weer jou Bybel deegliker, dan sal jy dit afskiet. Nee vir daai sonde.
Kan NaTIS asb. wegdoen met dat hulle sê hulle doen van 8 uur tot 12 uur “bookings” vir leerlinglisensies. Want kom jy daar 08:30, dan doen hulle nie meer “bookings” nie en vertel vir jou van jy moet 6 uur kom. Dis hoekom die mense lisensies koop.
As die kaptein en Witbooi-stamraad ’n besluit geneem het om fees te hou, dan kan raadslid Simon O Jacobs nie eensydige besluit met Ismael neem om nie fees te hou nie. En as jy aanhoudend teen die voorsitter rebelleer, dan moet hy en sy 2 ondersteunende raadslede met mosie van wantroue uitgestem word. Hoe kan klein groepie minderheid raadslede die hele Witbooi-raadslede gyselaar hou? Ons verwag van die kaptein, die koninklike huis en die raadslede om na hierdie fees wettig ontslae te raak van rebelse raadslede.
Ek gesels die anderdag met ’n meisie in ’n winkel wat daar werk. Sy sê vir my dat daar net een oplossing is vir al die erge probleme in ons land. Dit is dat ons regering sal begin om aan die enigste ware God die erkenning sal gee wat Hom toekom. Wie is dit anders wat die aarde kan seën met reën? Wie is dit anders wat die hart van die mens kan stem tot vrede. Wie anders kan die verlede uitvee en ons n nuwe toekoms gee? Jer. 5:23-25 en Amos 4:7 en Sag10:1.
MTC asb., hierdie klomp geld wat julle so gebruik in kompetisies kan julle mee huise bou en dan kan julle ’n huiskompetisie maak.
Okahandja sal die eerste prys wen as die vuilste dorp, gevolg deur Walvisbaai as die tweede vuilste dorp as daar so ’n kompetisie moet wees.
Omaruru-staatshospitaal - verpleër en verpleegster wat Saterdag 1 Oktober nm by ongevalle aan diens was, baie dankie vir julle vriendelike en professionele hulp. Het dit waardeer! – Pensioenarisse
Mpho Slinger se sak met “Arts and Technology”-materiaal is uit sy kar gesteel. Indien iemand dit optel, skakel asb. 081 129 6723.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie