SMS'e vir 10 September 2018
"...respek ons vandag nog..."
Die polisie wil Avihe se ma aankla. Hoekom? Omdat hulle nie hul werk kan doen nie, begin om by die Here wysheid, krag en lyding te vra, dan sal al julle ondersoeke opgelos word.
Ek weet nie hoekom mense so aangaan oor lyfstraf. Ons is geslaan, daarom respek ons vandag nog ons onderwysers, dus waarom vandag se kinders so uit die hand is met ouers en onderwysers.
Mnr. Kevin Kahungi in "Nuusblad 6 September 2018". Stem saam met hom! Bring doodstraf terug vir die wrede euwels in Namibië! Doen ’n opname en kyk hoeveel stem vir dit! Gereelde leser.
Amal wat so kla oor swak medies, swak onderwys, korrupsie, chinese wat oorneem en CoW wat bankrot is. “There’s a saying: Please lower your standards this is a third world country.” Stupidity Rules!
Wie sal opstaan vir die arme NBC-werkers? Geen verhoging vir twee jaar, aftrekkings van pensioene en werkgewers bydraes nie oorbetaal aan pensioenfonds vir meer dan vyf maande volgens ’n Engelse weekblad, pensioene groei nie. Napwu se affiliasie met regerende party boemerang om staff te byt? Behoort NBC staff uit vrye wil aan unie? Omrede party NBC-lede aan politieke bewegings van hul eie keuses behoort? "Freedom is for children what can it be for me?- Not yet uhuru!"
Gross-Hertzog toring en ’n gees van mededeelsaamheid: Waar was dit toe telekommunikasiepale aan albei kante van die B2 oprys, dìt binne ’n bewaringsgebied? En Erongo Red het ook nie op hulle laat wag nie.
Die skoolhoof maak besluite sonder om “School Board” te ken. Hy het self sy vrou aangestel, wat ongekwalifiseerd is, vanaf Januarie, nadat “Regional Office” van Mariental dit afgekeur het. Toe die skool vir Augustus sluit, toe se die skoolhoof sy vrou moet uit die skool se kas betaal word. Ons “School Board” word gemanipuleer en ondermyn deur die skoolhoof.
Dit is duidelik dat Origo Skool in Rehoboth graad 1 A, die ouer wat die opmerking maak tog siek is. Help jou kind by die huis dan kan hy of sy 6 A’s kry. Skaam jou om so van ons opvoeders te praat. Stop dit! Onthou jou kind moet nog baie jare skool gaan. Jy maak jou ongewild!
Wil net graag weet? Ek werk by ’n firma en as ek vir ’n dag af vra, moet ek vir die werkgewers sê waarheen ek gaan en wat ek gaan doen.
Wat de hel gaan nou aan? Ewe skielik klim daar ’n spul rasisste uit hul kassies en braak gal en saai haat teen witmense oor rugby. En daar dog ek ons is “One Namibia One Nation”? Duidelik nie vir hierdie haatsaaiers nie! Gaan versprei jou haatspraak en rassehaat op ’n ander plek!
Wil net graag van Mnr. Green weet, met wie se toestemming hy met SARU onderhandel in verband met wedstryde net vir die nasionale span. NRU of Namibië Rugby Bpk. Indien laasgenoemde, dan is dit duidelik hy, sy agter ent afvee aan ons sportswet. Indien so moet sy werkspermit gekanseleer word.
Windhoek Munisipaliteit kan seker maar my “concern” hier antwoord, want in persoon is dit onmoontlik. My waterrekening van plus-minus N$800 per maand spring na N$13 000 toe. ’n Kiloliter verbruik van rondom 27 na 133 kiloliter vir die maande Junie en Julie. Nadat ek gaan navraag doen en vra vir ’n metertoets, sê hulle die tender het verval, die maand van Augustus is die verbruik weer terug na 27 kiloliter sonder dat daar enige druktoets of inspeksie gedoen was. Laat my wonder! - Rodney Theron
Namibians drown in liquor (SUN) Police, Ministry of Health and Transport, MVA, whoever is responsible. Please publish the real, true, honest statistics about Namibian alcohol related road deaths, crime, murder, rapes, domestic violence, poverty etc etc etc. But that all seems to be sicually acceptable as long as you don’t smoke (but we plant tabacco in Namibia)! The same horror pictures on cigarette packages should be forced on all liquor bottle labels!
Help asseblief! Oop erwe in Otjiwarongo, aan wie behoort dit dit, want dit het nou permanente ashope geword? Ons wat daarlangs woon, moet elke dag in die stank lewe, want tot dooie huisdiere word daar kom neer gegooi. Kan nie eens praat van hoe die areas lyk na die wind nie. Eienaars en munisipaliteit doen asseblief iets hieraan.
Ontvang so pas ’n SMS deur ’n diensverskaffer, dat ek die saligheid deur ’n daaglikse gebed op my selfoon teen een dollar per dag kan koop. Hoe vêr gaan die geldgierigheid nog?
Die wassery in Karasburg by Business Park, julle diens is uitstekend! Baie dankie vir goeie en netjiese werk! Hou so aan.
Sit Kalkrand-raadslede vir die gemeenskap se belange of vir hul huise en kinders? Dis duidelik. Volgende verkiesing gaan die klippe vir julle stem. – Kruisman
Sê my tog asseblief. Die see het nie ’n harde sement of teerbodem nie. So, water sal bly lek en deursyfer uit die seevloer, maar waarheen? – Jointy
Ek is baie teleurgestel in die o.20 Namibië rugbywedstryd teen Somoa. Slegte verdediging was die grootste oorsaak. Weet die afrigter nie, wanneer veranderinge gedoen word. Onnodige balle wat doelloos rond geskop word, want net sekere speelers moet speel. Wanneer sal Namibië se rugby regkom?
Wat is veskeerd met Petrus Adams Junior Sekondêre Skool op Groot Aub? Wie het die naam van ons eerste Skoolhoof en Evangelis weg gevat? Hoekom laat dit toe? Hoekom word ander gemeenskappe toegelaat, maar ons nie?
SMS-skrywer oor oud Swapol lede. Geen oud-SAP- of Swapol-lede stel in poste in Nampol belang nie. Ons was hoogs gedisiplineerde en gerespekteerde Mag. Ons het passie vir ons werk gehad en sake suksesvol opgelos. SMS kolom sal nie bestaan, as ons nie mag SMS’e stuur nie. – X-kollega.
Joos Platt jy antwoord SMS met ’n aanval. Aanval is beste verdediging. Antwoord asseblief SMS’e oor wie die laksman was. Hoop jy reageer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie