SMS'e vir 11 Junie 2020
SMS'e vir 11 Junie 2020

SMS'e vir 11 Junie 2020

". . . kleinlikhede en onderonsies . . ."
Mandy Rittmann
Die parlement is die plek waar wette gemaak, gedebateer en ten goede vir die land aanvaar word. Sommige leiers het ’n ander siening van die parlement, as 'n plek van persoonlike aanvalle, karakterskending en onrespekvolheid. Ons verwag volwassenheid, verstandigheid en wysheid van mense wat vir ons daar verteenwoordig en nie kleinlikhede en onderonsies nie. Respekteer die parlement en begin om aandag te gee aan sake waarvoor julle gekies is. Julle kiesers het vir julle gestem met die verwagting op veranderinge in hulle se lewensomstandighede. Asseblief, kom uit daardie kleinlikheid!

Namibië, soos Suid-Afrika, kan nie die coronavirus en alkoholverwante mediese toestande saam aanvat nie. Daar is net nie genoeg hospitale nie. Maak drink eerder ’n nie-kontaksport en na jy gesuip is ’n WWF (World Wrestling Federation) sport. Daardeur kan WWF dan ’n sportdokter inkontrakteer om na al die KWV-gevalle om te sien. - Johny Struikel

Lekker gelag vir die verskillende koorslesings by verskillende winkels. Ek dink u kan maar ontspan, dis die toetsapparate. Kom nou die dag by ’n winkel en my koors is 33. Volgens mediese kenners beteken dit ek is half verkluim, terwyl ek in ’n kortbroek en T-hemp by winkel aankom, 12 uur die middag.

Hoe kan dit wees dat hawelose mense in vernaam hierdie tyd van corona nog in die afvaldromme rond mors? Daar word goed gesorg vir die mense sonder behuising. Tente word opgerig, kos gegee, ensovoorts. Wat soek die mense in ’n woonbuurt en krap nog steeds in die afvaldromme rond en skeur die netjies toegeknoopte vullissakke oop? Die werknemers wat die vullisdromme afhaal, moet met die gemors wat die rondlopers agterlaat klaarkom. Dit is respekloos teenoor die werknemers, wat bereid is om die vullisdromme leeg te maak. Asseblief, aan die verantwoordelike persone van die munisipaliteit, doen iets daaraan. Dit sal baie waardeer word.

Ek voel dat die Hentiesbaaiers maar die tak en tou sal moet verwyder, mits ons regering een van hulle monumente wat deur dieselfde onderwerpe (tak en tou) met reguit vinger na ’n sekere groep van ons inwoners wys, ook verwyder.

Hentiesbaai se galg moet weg? Wat is volgende? NDF, raak ontslae van die Caspirrs wat julle het, julle krap ou wonde oop.

Asseblief toggie! Ontknoop net Henties se galgknoop aan die moerse dryfhout. Hopelik is die sotlikheid dan ook ontknoop.

Mogamat Salie Saban bravo! Henties se tong-in-die kies simbool, wat vra, dit wat die ganse wêreld skree, hou skoon, hou netjies, reinig jou omgewing, want corona hou nie daarvan nie, word nou polities gereduseer om iemand se swak selfbeeld te poets. Asseblief, mense hou tog kop en leef in harmonie met mekaar. – Marlene

Om die sonde te bewaar, het ek nou maar alle toue en tuie ens. wat in my waenhuis hang laat afhaal en laat oprol. Ek wil tog nie aanstoot gee nie.

By Klein-Aub se kliniek moet die pasiënte twee ure wag, want die twee gesondheidswerkers is besig om vloere te was. Is dit nodig dat albei vloere moet was?

Ai, Hage, wil jy nie maar die strydbyl begrawe en ophou om die Erongo region te grind net omdat dr. Ihtula jou gewen het met die verkiesing nie, veral in Walvisbaai. Kyk in Windhoek en veral in die Noorde: nie een hou by die reëls nie, maar geen lockdown nie. Dan praat jy van common sense. Dit is alles net ’n magspel. Dankie Vader ek is in die Khomasstreek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!