SMS'e vir 11 Mei 2018
". . .met die bultende sakke. . ."
Wil net ook 'n stuiwer in die armbeurs gooi. Psemas moet net reg bestuur word. Die biologiese kind van die ouer bly op sy medies as hy studeer na skool. As hy oor 18 is en nie studeer of self werk, kom hy onmiddellik af van die medies. Die mense by die administrasie moet net hul werk doen. Jy kan ook nie familiekinders opsit, hulle kwalifiseer nie!
“Kind sterf in ma se arms”: President Geingob, hoeveel moet nog so sterf voordat jy Haufiku afdank? Hy doen duidelik nie sy werk nie.
Swapo wat alewig huil en kla oor apartheid en Suid-Afrika wat kinders en vrouens vermoor het, vergeet baie maklik hoe hulle eie soldate ook boere, kinders en vrouens vermoor het op plase in die Noorde rondom Tsumeb, Otavi en Grootfontein tot selfs so ver as Otjiwarongo. Het ons dan vergeet van die “Bigfoot”-soldaat wat op plase groot amok gemaak het.
Ek sien op gisteraand se nuus dat Atletiek SA die enigste sportkode is wat nie die transformasiedoelwitte bereik het nie. Daar is 'n baie eenvoudige verklaring daarvoor. Die atlete ding mee teen ander atlete en moet sekere teikens bereik anders is hulle nie goed genoeg vir insluiting in die span nie. Hulle insluiting is nie onderworpe aan subjektiewe besluitneming nie. Namibië, neem kennis. - Jan Nel
Kinders kry min kos. Ja, dit is die waarheid. Gaan sit maar naby 'n koshuis of hospitaal en kyk met wat die werkers werk toe kom. Gewoonlik met geen of leë sakke en kyk dan die bultende sakke wanneer hulle namiddag huis toe gaan.
Fellow Namibians wake-up! Since independence until today the political elite served themselves financially well. Don't believe this crap about a 2nd phase for so called economic freedom.
Nommerplaatvervalsing: dit word nie gesteel nie. Jy kan dit by enige nommerplaatplek laat maak.
Kan iemand verduidelik hoekom die Namibiese vlag nog steeds op die gestrande Japanese vistreiler by die Winston se wrak wapper?
'n Versoek aan oudlede van die eertydse Regiment Windhoek uit die sewentigerjare. Gedurende 1974 is die Vryheid van Stad Windhoek aan RW toegeken. Kan julle my dalk help met die datum? Bel my asseblief by 081 128 4831.
Hoop ek vind guns in u oë om my SMS'ie te plaas. Ek is broer Johannes van Rooien van Gochas en is op soek na belangstellende en ernstige Christen-vriende om 'n gebedsgroep te vorm om vir ons land en sy regering se toekoms te bid. Kontak 081 315 4252 te alle tye.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie