SMS'e vir 12 Augustus 2016
SMS'e vir 12 Augustus 2016

SMS'e vir 12 Augustus 2016

“. . . gedoem tot werkloosheid en armoede . . .”
Gerine Hoff
Namib-leeus wat vergiftig is: Ongelooflik en verskriklik treurig! Sal die skuldiges gesoek en gestraf word? Dis die mens wat al meer van hulle habitat steel. Ek hoop my kleinkinders sal in hul leeftyd nog ’n regte leeu in die vryheid kan sien en nie net op prente nie.


Ek het pas met pensioen gegaan en het beplan om my pensioengeldjie te gebruik om ’n besigheid te begin waar ek 12 mense sou kon werk gee. (+ 12 x 4 afhanklikes = 60 Namibiërs ) Nadat ek van die negatiewe effek van NEEEB verneem het, het ek besluit om nie met my plan voort te gaan nie. Ek glo daar is darem logiese denkers in die kabinet wat sal sien dat hierdie NEEEB-plan gedoem is tot werkloosheid en armoede in Namibië.


Hierdie debakel met ons Olimpiese bokser kan nogal ’n toets wees oor hoe ernstig/selektief ons is in terme van vroueregte in hierdie land en waaroor daar nogal sterk uitsprake, selfs op die hoogste vlak, die afgelope tyd was.


’n Saak het twee kante, maar nou veroordeel ons die Namibiese bokser? Namibië se mense gooi enigeen vir die honde. Hoekom twee boksers in ’n bestek van twee dae op dieselfde klag? Hoekom sal Jonas nou in ’n vreemde land homself in die voet skiet? As hy dit wil doen, sou hy dit hoeka hier al gedoen het. Nee, daar is ’n slang in die gras. Hou op mense net wil skuldig maak.


Hoe sal dit wees as daar in elke dorp 'n permanente padblokkade opgestel word? Dan behoort hierdie diefstal, inbrake en moorde mos vasgevat te word. Hulle sal nie hier kan moord pleeg vanaand en môreoggend spoorloos weg wees nie. Kom ons hoor wat sê die mense.


Die regering is baie skuldig aangaande die “struggle kids” se situasie – as hulle werklik “struggle kids” is. Beloftes wat die regering aan hulle gemaak het, het hulle nou self agtergekom kan hulle nie laat realiseer nie. Daar is duisende werklose mense in die land. Waarom gee die regering nie daai mense werk nie? Laat die “struggle kids” self werk soek. Maar nee, hulle is te “grand” om in iemand se kombuis te werk? Wil in kantore sit met watter geleerdheid. Maar my?


Ministerie van werke, hou julle nie te veel “workshops” en nou nog sportaktiwiteite nie? Amptenare moet van werk gaan en die ministerie se slegte naam bly net in koerante.


Stem saam! NEEEB/NEEEF sal nie werk nie! Te veel onopgeleide werkers! Dit sal chaos veroorsaak! Beter huiswerk moet gedoen word!


Republikein 10/08 haal biskop Kameeta aan waar hy gesê het dat geboue nie mense se lewens verbeter nie. Ek wil graag weet hoe hy sy kollegas in die kabinet en parlement hiervan gaan oortuig? Veral as dit kom by luukse ministeriële kantoorblokke ens.


IVM “Struggle Kids”: Mag ek myself en familie verdedig as ons met klippe bestook word en wie kom vir die skade aan motor ens. op?


Dankie NamPol Gibeon vir vinnige optrede op plaas Soutputs. Nou sal ons diere rus van diewe. Moet hulle nie borgtog toestaan nie.


“Struggle kids”: Wie sê vir wie hul is/kom van oorlogsjare? Yslike, uitgegroeide volwassenes! Party met kinders! Kan hul nie vir hulself werk skep nie? Nee, nou maak en breek hul hot en haar! Hul behoort hulle te skaam! Neem hulle weg uit samelewing! Hulle is lui, gemaksugtig! Dink alles val sommer net in jou skoot!


Ons lees daagliks in die koerant een berig na die ander oor presies hoe sleg dit in ons geliefde Namibië gaan. Op verskeie vlakke. Ek hoef dit nie op te noem nie. Ek kan wel die volgende daaroor sê: We dance around in a ring and suppose, but the secret sits in the middle and knows . . .


Presidentsvrou sit kinders in WHS vir " quality education" . Daarmee wys sy dat ander staatskole nié " quality education" gee nie. Sy moet onthou: Dis haar “government” wat besluit het dat skoolfonds moet stop. Dus het ander skole nie geld nie.


Met NEEEF en NEEEB op al wat media is, voel meeste wittes of ons maar net weer ekonomies gestraf moet word! Is dit nie ongelooflik dat as wetgehoorsame beleggers in Namibië se ekonomie ons gestraf word omdat ons besighede op die been gebring het om 'n bestaan van te voer nie? Ons probeer om nie 'n las vir die staat te wees nie, om 'n bydrae tot die verligting van armoede te gee d.m.v. ons belastings en ontvang weer eens 'n klap in die gesig! Oppak en emigreer?


Ek wil net my dank uitspreek oor puik diens by Standard Bank Tsumeb, veral aan Rebecca Andreas by “consultants”. Het net ’n week gewag vir my karlening. Hou so aan!


Sr. Marie Majiedt van NIP by Rehoboth Medical Centre, u is ’n aanwins vir die praktyk. Baie dankie vir die goeie diens wat u altyd lewer. Mag u geseënd wees. ’n Tevrede pasiënt


Raadslid van Keetmans, oorkant jou huis is die begraafplaas wat 'n stortingsterrein geword het. Tot wanneer wil u as raadslid maak asof u onbewus is? Munisipaliteit, kyk na Tseiblaagte “graveyard” asb. Dis so onnet!


Stem saam met " Trotse Damara/Nama" . Ek is nie Namasprekend nie, maar as 'n Suide Namibiër goed vertroud met Namasprekers. Ongetwyfeld 'n baie ingewikkelde taal. Mense soos leser kan gerus meer doen om hierdie besondere taal met ander te deel. Tong-klap klanke is veral problematies.


As die regering ’n maandelikse salaris betaal vir die “struggling kids” moet hulle die res van die land se mense ook betaal wat nie werk kry nie. Hier moet Namibië se mense opstaan, want genoeg is genoeg.


Die persone wat so kla, respek die dorpsraad. Julle het hulle gekies in Rehoboth, so bly stil. Wag vir die volgende verkiesing. Basterseun


Freddie, dankie dat jy op so ’n pragtige, maar tog ook op so ’n dinamiese wyse die koninkryk van die Here uitbrei. Een van jou vele trotse oudleerkragte.


Minister Namoloh, dit help niks om net gal te braak oor die polisie nie. Daar is net een ding wat Nampol sal regkry - dissipline. Maar dissipline begin bo.


Hoe lank moet die onderwysers op Nantu wag om klaar te onderhandel met regering oor verhogings? As julle dit nie kan bespoedig nie, aanvaar maar die 5%. Help nie julle gee elke keer regering uitstel nie. Word ernstig!


Minister of safety and securety states: " Since independence Namibia has increased police force from 800 to 17 000 to date" but what has that achieved? That says it all! I wonder where these 17 000 are hiding, have never seen a policeman in the streets unless president is in town to protect him against what. The thousands of criminals on the loose/out on bail? Minister went as far as saying: " We live in fear in our own houses, we are not safe to move around in the dark. We cannot even stop next to the road anymore!" Police laziness/incompetence/corruption is scandalous in our country with 1464 cases against police officers/officials? Minister, YOU are the one who should fix your force. Hold them accountable, prosecute the guity and make them do their work!


Namibia moes sy naam by die Olimpiese Spele verhoog het, maar helaas dit het vinniger gedaal as die damme se watervlakke.


Nampost, kan dit wees? Só ’n groot organisasie. Hoe lank moet jy werk dat jy die dag as jy afgaan erkenning kan kry, of geld dit net in sekere streke van die land? Het vir 30 + jare diens gedoen. Nie eens ’n dankie of totsiens nie.


Wat gaan by RHB NaTIS aan dat ’n mens so druip. Jy vat verlof by die werk net om jou tyd te gaan mors?


Op soek na gebruikte “precast” stene om te koop asb. Kontak 081 383 4335, sal baie waardeer word.


NTA belemmer studente se toekoms. As student is ek baie teleurgesteld in die besondere man wat so onverskillig en onbeskof staan teenoor ons studente. Kan iemand help ASB?


Wat het geword van Jigsi-mur. Kry mens dit nog? Dit het my kwale gehelp, maar ek kry dit nêrens nie. Iemand wat kan help, bel my asb. by 081 228 0989.


Pedestrians, for those who do not know what that is, means people on foot. Please note that in traffic on a street cars have right of way which means that YOU have to look out for traffic and wait for road to be clear before you cross, not the other way around!


Waar kan ek die CD Lê alles op die altaar van Apolis kry?


Hare wat uitval. Sjampoes op rakke vir sulke hare “Placenta restoring” of ’n goeie sjampoemeng met Bergamot, Bayrum en Placenta (klein bruin botteltjie). Was hare daarmee altyd. Gebruik “heat protect spray” indien haardroër gebruik word.


Help onse nasie asb. voor dit te laat is. Stop die uitreik en verkoop van alkohol, vuurwapens, voertuie en messe. Dit maak onse mense dood daagliks. Voertuie die ergste! Job


Kan iemand my help met brandhakskene? Ek kan nie loop nie, want dis bitter seer. Het alles probeer, maar niks help nie.


Lewe ons in die verkeerde tydperk? Moet ons anderpad kyk as jong priester en jong meisie verby ry? Met watter gesig moet ons kerkdiens bywoon? Dit is die probleem wat ons op Aroab mee sit. Ergste is owerste en ouers het nie probleem daarmee nie.


Mense gooi klippe na ouers om hul kinders opvoeding by die huis te gee. Ek glo elke ouer probeer sy bes en bly biddend vir hul kinders. Maar dit is by die skole wat kinders verkeerde dinge leer. Vra maar vir my wat naby ’n skool bly en sien wat pouses en middae gebeur as die skool uitkom. As kinders in jou huis nog mooi maniere het, sê dankie vir God. Ons moet bid vir mekaar en nie oordeel nie.


Ek weet nie of julle in Reho sien wat gaan hier aan nie. Paaie in haglike toestand, straatligte brand nie, daar word nie kom kyk of ligte in werkende toestand is in Blok F nie. Dis vreeslik! Wie is verantwoordelik vir dit? Staan op uit julle kantore, ry en kyk wat gaan aan. Julle pay net vir sit in kantore of hoe?


Ek as inwoner van Karasburg wil graag weet hoekom kan die munisipale raad nie openbare toilette in die dorp oprig nie, want dis lelik agter ou handelshuiswinkel, as jy as man daar omgaan en jy sien hoe sit die vroumense daar en hul ding doen.


Raad vir dame wat sukkel met min hare: Gebruik Macadamia sjampoo en opknapper – baie duur, maar kan ver gerek word asook Hannon se Argon olie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!