SMS'e vir 13 April 2018
SMS'e vir 13 April 2018

SMS'e vir 13 April 2018

". . .verbeter liewer die sorg. . ."
Mandy Rittmann
Ek probeer minister Haufiku se redenasie oor gesondheidsorg verstaan, maar weet nie hoe gaan dit verbeter, net omdat jy dit ’n ander naam gee nie, naamlik UHC. Verbeter liewer die sorg wat huidig aan staatspasiënte gegee word.

Gasaanval in Douma: Ons media berig dat daar geen toegang is. In werklikheid is OPCW-bemanning gereed om te gaan ondersoek, nadat die Siriese regering daarop aangedring het. Dit is egter die VSA, VK, Frankryk en Pole wat ’n ondersoek probeer blok. Die groot vraag is hoekom?

Chief Samuel Ankama se etiese leierskap is nodig. Slegs wanneer Namibië korrupsievry is, sal die volle vrugte gepluk word. Nou wie sal dit gedink het? Ons skreeu al jare dat korrupsie vasgevat moet word. Lê beslag op hul besittings. Mense moet aangekla word, hulle moet geld terugbetaal en in die tronk gaan sit, want ’n "fine" is belaglik. Hul betaal dit met die korrupsiegeld.

Mens dier konflik: Die mens het intrek geneem in die olifant se natuurlike habitat. Waarom moet iets aan die olifante gedoen word? Moet die mens nie terugtrek na waar hul vandaan kom nie? Mens wil net hê en nie deel wat hul gevat het nie.

Spuit almal met traangas en verdwyn - Joos Platt: ’n Held aan 100de. Snaaks genoeg, baie ander was ook teenwoordig, maar het geen gas gekry nie. Was jy miskien op ’n verkeerde plek op ’n verkeerde tyd en in ’n verkeerde toestand? Joos Platt, hou aan om te doen wat jy doen. Ons held, "super hero"!

Joos Platt het geen rede om weg te hardloop nie. Joos Platt het ons "assist" na Katutura-hospitaal, want ’n persoon is in die kop gesteek, deur jou vriend wat saam met jou gedrink het. Jy moet nie gaan kla nie. Gaan soek hulp vir drankprobleme.

NamPol Swakopmund. Wat ’n teleurstelling! Dit was nie die eerste maal nie. Besoek aan die NamPol-kantoor Vrydag vir kommissaris van ede se "stamp" en jy word meegedeel "sorry", ons is net drie wat dit doen, net X hoeveelheid per dag. Jy’s laat, ons kwotas is vol, kom maar weer Maandag. Ander besoek aan NamPol-kantoor vir “ware afskrifte”: "Sorry", ons doen net vier per persoon per dag, bring maar die ander weer môre. Meneer die minister, help asseblief! Is dit hoe diens gelewer word aan die publiek en belastingbetalers, wat in elk geval hierdie polisiebeamptes se salarisse betaal. - Hartseer en bekommerde Namibiese burger

Wat het geword van Fly Africa se mense in Windhoek? Ons het betaal vir vliegkaartjies en moes dit aanvra. Geen terugvoering tot vandag.

Die suurstof wat ek inasem kom van God, nie van Swapo nie. Jy sal na “stof” terugkeer, nie na Swapo nie. - Kruisman

Wat gaan aan dat die minister van finansies en minister van gesondheid en maatskaplike dienste nog nie vir die sekuriteitsfirma sê om hulle agterstallige gelde te betaal nie? - Keetmanshoop

Aan alle trokeienaars. Mense, jul werkers is ook mense, nie honde nie. En eienaars, van nou af gaan ek dit my missie maak om jul aan te gee. Jul mag nie in die nag ry nie en jul permitte sal reg wees.

Oupa en ouma ensovoorts. As aanspreekvorm is dit vir my nog altyd ’n vorm van respek en dit maak my meer geneë teenoor die spreker. As jy so hovaardig is, dra ’n etiket wat sê ek is “mevrou", "meneer" of "u edele” en laat ons gewone mense die vriendelikheid van ons mense geniet. Ek en my man is beide senior burgers, wat sogenaamde aanspreekvorms kan dra. Ons geniet die eenheid.

Government clueless about foreign bank accounts, Home Affairs could not account for 16.7 million transferred to bank accounts in foreign countries like 2 in China, 2 in Germany, Nigeria and SA? I wonder in who’s names? Please publish names of bank accounts - it is our tax payers' money and we have a right to know! When is government going to held people responsible for incompetent maladministration and corruption?

Die mense van Otjiwarongo ry soos dronk mense. Vir die verbygangers: ons is nie dronk nie. Ons paaie het net soveel gate dis onmoontlik om reguit te ry. Mense wat gate regmaak (toemaak) het geen idee hoe nie. Vandag toemaak, oor 'n week 'n nuwe gat. Na 'n maand moet jy nuwe bande by jou begroting inwerk. Otjiwarongo word 'n duur plek om in te bly. Asb., munisipaliteit of wie ook al betrokke, doen iets.

Three to stand trial for gang rape that happened on 17 june 2014 - that's 4 (four) years ago? How can this be? Our police and justice system is failing the people/victims.

Flying to Katima one has no choice but to use Air Namibia at a rate of mote than 4 000 for a return trip. They provide you with a two day old soggy bun with an inedible tiny schnitzel (does not even cover tiny bun). You can get alcohol (in the morning) but no coffee. Oh, and every time someone gets stuck in the toilet. The air hostesses just pull up their shoulders. Don't force us to spend hard earned money on inferior products.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!