SMS'e vir 14 April 2020
SMS'e vir 14 April 2020

SMS'e vir 14 April 2020

". . . deel ons lief en leed . . ."
Mandy Rittmann
Ek wil graag ons president vra om dit te oorweeg om die dra van maskers verpligtend te maak en dan die lockdown op te hef. Die maskers kan self gemaak word van 'n frokkie of van 'n ou hemp ens. Oortreders moet egter baie streng gestraf word.



Can we please consider the Deeds Office as an essential service.



Khan Village op Usakos. Ek wonder maar net of die ontwikkelaars weet hoe treurig is Usakos se munisipaliteit. Hulle het 'n brandweerwa wat se waterpomp gesteel is, die brandspuitpunte is gesteel. Hulle help nie om geblokte dreine oop te maak nie, Ná Okahandja het hulle die tweede swakste munisipaliteit.



Die wet van God sê vergewe en vergeet. Die mens is deur God vergewe, maar hy wat vergewe is, het nie vergeet nie, want hy sit nog met die kruis.



Die eienaar van 'n sekere besigheid sê vir sy werknemers die media versprei fopnuus deur te sê dat die regering gesê het besighede moet volle salarisse betaal vir Maart en April. Verder is dit ook vals dat die regering gesê het afleggings is nie toelaatbaar. Hy het 'n vergadering gehou met sy werkers om te sê van hulle word laat gaan en kry net 'n halwe salaris en dis reg volgens sy arbeidskonsultant. Hoekom versprei die media vals nuus aan die werkers?



Mense, hoe raak die SMS-bood­skappe na die Republikein dan al hoe minder en minder? Vir my het hierdie boodskappe 'n besonderse mening. Dit kom van gewone mense af, wat soos ek ook baie vrae en probleme het. Stuur daardie boodskappe, mense. Julle is dan in lockdown en behoort mos nou meer tyd te hê. Kom ons deel ons lief en leed met mekaar.



Sisa, ou seun. Hoeveel is genoeg? Dagvaar my as jy wil, maar sit gaan jy sit. Lekker dag vir jou, ek weet ek gaan een hê. - Boerseun



Wat soek al die taxi's in Pionierspark? Hulle ry leeg op en af heeldag lank.



Lockdown en dinge. Geen sjebeens, geraas, musiek, geen dronkies en urineer op straat, geen gevloekery, heen en weer geloop en huishonde wat blaf vir die wat stry-stry huiswaarts keer van suipplekke en honde vloek, klip gooi 4uur 5uur voordagmôre. ­Uiteindelik, rustige genotsaligheid. Wat 'n vars bries is dit nie? Iemand het ook te vertelle hulle het baie gespaar op tradisionele begrafnisgebruike omdat baie mense nie mag vergader nie. Soet by die suur. - Keetmanshoop



Dit is 'n plesier om na Ramaphosa se toesprake te luister. Hy praat duidelik en mompel nie.



President, asseblief. Ons vra u dat die 15 000 mense buite Namibië net daar bly. Hulle is nou 'n gevaar vir ons.



Ek is seker verkeerd, maar ons as ou soldate is regtig aan die kortste pad blootgestel. Kan die regering dan nie na ons kyk nie? Dit gaan by die dag slegter met ons. Kan daar dan nie 'n oplossing gevind word nie, soos 'n maandelikse pensioen? Nou is dit nog slegter met die lockdown. Baie dankie.



Ek verstaan nie hoekom ons pensioenarisse nie deel is van die N$750 wat uitgedeel word nie vir inhoktyd. N$1 300 van ons pay gaan net na die munisipaliteit vir water en elektrisiteit, niks oor vir kos. Ons almal kry swaar en honger in Namibië.



Met die inperking vanweë die corona­pandemie begin mense by bottelstore inbreek en afbreek om drank te kry. Let wel, nie winkels vir kos nie, nee – vir drank! Wat dink julle sê dit van ons? - SAP&H

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!