SMS'e vir 14 November 2017
“...’n interessante sommetjie...”
“86 Bokke en skape deur leeus afgemaai”: Baie swaar om te glo, leeus, diere gaan nie op “killing sprees” soos mense nie. Hulle jag net om te eet. Hulle maak dood deurdat hulle die keel toebyt. Hulle skeur nie net die pense oop en los dan net so lê nie. Vermoed daar is ander dinge aan die gang/slang in die gras?
?
Hospitaalskande: Wat vir my die meeste ontstel, is dat N$2 miljoen plus vir partytjies begroot word, terwyl die gesondheidskip sink. Laat die vorige bedeling wees wat dit was, maar afskeidsgeleenthede en presente was betaal deur sosiale en of ander klubs wat in departemente en ministeries bestaan het en waarin geen begrotingsfondse betrokke was nie.
?
Ek het nou 'n interessante sommetjie gemaak. As die nuwe Windhoek huiswaardasies aanvaar word, gaan ons s'n met 114% aangepas word. Daarmee het ons nie 'n probleem per se nie, maar as by die huidige formule gehou word, beteken dit N$900 per maand meer. Baie meer rekeninge sal agterstallig word en baie mense, veral pensioenarisse, sal hul huise nie meer kan bekostig nie en diegene wat bitter graag 'n eie plekkie wil hê, sal dit nog minder as nou kan bekostig. Viva Harambee!
?
Onse Namibiërs ken van. Ons verwyder eerder 'n probleem voor ons ure moet spandeer om daaroor te praat, wat so-by-so nikshelp nie! - Sors
"Leerplan in pas met 21ste eeu". So jammer dat onderwysers is nie in pas. Ons is op pad na nuwe ramp in onderwys met bottelneksituasie na graad 9 en kinders wat uit sisteem val. Kan die minister die nuwe sisteem verduidelik. Gedoem tot mislukking.
?
NBC splashes N$165 000 on year end staff function at Windhoek Country Club a day after receiving N$80 million bailout from the government? This while they did not pay over medical aid deducted from employees for months and still owes N$15 million to NMC medical aid? And this while government kicked 7 000 households/24 000 people from the food bank list? Only households with less than N$400 monthly income now qualify? Seriously? Below N$400? How can this be allowed goverment, Mr Similo and Thieme? Shame on you all!
?
Kom bly in Okahandja en deel nuwe dinge soos honde wat op huis se dak loop en die beste, die nuwe werk aan die gang: borde om gate in die pad reg te maak soos afgesaagde boomstompe in die pad gesit dat hulle kan werk. 'n Mens is nooit te oud om te leer nie.
?
Belastingbetalers, u geld word baie goed gebruik. Oumense, polisie, onderwysers en hospitaalwerkers net om 'n paar te noem, plus al die regeringswerkers. Die belasting wat u betaal, is min. Jou salaris is daarvoor. Die Swapo-regering haal meer uit vir ons almal, terwyl ander partye niks doen.
?
Ons land Namibië is in 'n gemors onder die huidige Swapo-regering. Ons soek 'n president soos Botswana, waar daar wet en orde is. Sies Swapo!
?
Die berge op Fanie Gous se foto in Donderdag se koerant, geneem tussen Swakopmund en Usakos, is nie die Khomas Hochland nie, maar die Erongoberge!
?
Hierdie NBC het wragtag nou so swak geraak 'n mens kan hom nie meer kyk nie! Gatswaaiery op die maat van musiek vier hoogty!
?
Sal vra dat kerke nie meer slide shows by enige dienste, veral begrafnisdienste, wys. Behalwe dat diens lank is, heg driekwart nie waarde aan dit wat vir jou en gesin spesiaal is nie. Jy ken nie die mense nie en jy was ook nie daar toe die foto's geneem was nie. Sal sê kyk dit die Sondag na begrafnis saam met van die familiemense. Hou nie daarvan nie en van die predikante keur dit ook nie goed nie.
?
Kan daar nie 'n eenheid aangestel word wat die onaantasbares, menend die polisie, verkeerspolisie, GR- en NDF-amptenare ook kan beboet vir verkeersoortredings nie? Hulle mag alle wette oortree, maar niemand mag aan hulle vat nie. Wat van die oudsoldate wat so werk soek? Hulle het dissipline gehad.
?
Waar om City of Windhoek se rekening te betaal. Pateties! Nuwe gebou, maar hopeloos in vooruitbeplanning. Nie oop op Saterdae. Woerman, Pick n Pay en poskantoor almal af. Sal eers betaal as julle julle werk gedoen het en sal weier om boete te betaal. Ek werk van 7-16 elke dag en sal nie in die ry kan staan nie.
?
To all tribalists and haters out there. Especialy those in our mighty Swapo party. Tribalism breeds hatred and hatred breeds even more hatred. So Comrades, lets embrace each other and move forward together as we used to be one united big family. Stop the childish infighting and work together in the spirit of One Namibia One Nation. Down team this and team that. Viva one united mighty Swapo party. - L G, Otjiwarongo
?
Laat ons groot oranje tuinvullisdromme soos in Windhoek kry, want hier in Rehoboth het ons nie meer plek oor in ons erwe nie, want waar ons grou is net vuilgoed.
?
Sou Akkerman die afrigter van die Springbokke was, sou ons 'n ander deuntjie gesing het. Alisster moet sy tasse pak, daar is nie 'n toekoms met hom nie.
?
Rhino horn smuggler Nan Chen flees the country. Again and again Chinese smugglers get out on bail and again and again they flee home! The only way to treat them is to lock them up. They will smuggle again and again! Or is there something more sinister to them getting bail each time. Snake in the grass??
?
Is daar nie iemand wat Gochas toe kan kom nie en kom kyk hoe vuil Gochas is. Hier is geen ontwikkeling in Gochas. Help asseblief!
In Swakopmund word in al die supermarkte pryse opgeskroef. Speelgoed wat N$99 was, is sommer nuut oorgemerk na N$140. Dis blatante uitbuitery en bedrog! In Desember word petrol weereens duurder, dan gaan alles nog 'n keer verhoog. Kry die plekke nooit genoeg nie?
Ek wil net weet wat gedoen kan word as iemand jou motor met haar deur kap dat die merk sit en jou dan rassistiese dinge toesnou en jy praat terug en die sekuriteitswagte raak hand gemeen en begin foto's neem en skel jou as rassis uit en dreig jou en jou familie. Mag 'n vrou net sê wat sy wil of wat is jou as man se reg in so 'n geval? Sy het my ma onder haar klere in gevloek.
President Donald Trump sê die skietery by die kerk is 'n daad van die duiwel. Verkeerd! Dit is altyd die daad van mense wat met die duiwel in gemeenskap leef. Pasop! Kry jouself aan die regte kant, Namibië. Elke inwoner moet God bo alles lief hê en jou naaste soos jouself. Doen aan jou naaste wat jy aan jouself gedoen wil hê. Politici en leiers skryf dit op die tafels van julle harte, dan sal julle volgelinge ook so leef.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie