SMS'e vir 15 Augustus 2017
SMS'e vir 15 Augustus 2017

SMS'e vir 15 Augustus 2017

“. . .is onderwys in sy peetjie. . .”
Mandy Rittmann
In watse belaglike “banana republic” lewe ons? Die veearts wat ’n onskuldige dier uit sy ellende verlos word aangekla! En die dansende kastige natuurbewaarder wat die koedoe so gemartel het? Kla die een wat so barbaars opgetree het aan! Hoe siek en verrot is ons kastige regsstelsel?

Nou ja, ons blommende "crime" floreer: Suid-Afrikaanse toeriste oorval, Duitse toeriste oorval, oorlogaaanval in 41 skote op 6 buffels uit helikopter voor toeriste, natuurbewaarders wat diere martel om ’n paar te noem. “Nice going Namibia, fantastic adverts” vir ons land. Ek kan huil soos ons land agteruit gaan met ’n stink spoed. Arme Namibië!

Simataa of SME Bank says he knew nothing of the controvercial 200 million lost investment? Come on stop making excuses. If you did not know you failed miserably in doing your job and should be held accountable! Take responsibility like a man.

Verwys na skrywe in Republikein van 11 Augustus 2017. Om ’n gekweste gemsbok keel af te sny, is maklik. Gooi ’n tak tussen die horings, druk hom vas, sny keel af of druk skerp mes se punt net agter die horings in en die murg van rug is af. As hy nog staan, skiet ’n goeie skoot voor die kop. Moenie die dier vermoor nie.

Ek stem beslis saam met Fredericks in die koerant. Ek is net swartgallig as jy in die onderwys was vir 40 jaar, my geliefde roeping. Myns insiens is onderwys in sy peetjie onder huidige bestuur. Mense met wysheid moet intree en die minister raad gee. As sy dit sal aanvaar, probeer om onderwys te red. Mense dink aan ons kinders, kleinkinders en agterkleinkinders wat nog geleer moet word. Waarheen nog met onderwys?

Rommelstatus: Toerisme is op pad.

Ag, asseblief! Moet Westair nou oorneem oor ’n uur se vertraging vanaf Johannesburg na Windhoek? Vliegtuie word oral oor die wêreld vertraag. Lyk my Namibiërs is nie trots om hulle eie "airline" te hê nie? Ek kan jou verseker dat van alle lugdienste Air Namibia se diens die beste is. Raak trots op julle lugdiens en hou op kla, magtig!

Wat gaan aan op ons paaie? Hoekom so baie ongelukke? Ken mense nie padtekens nie? Dalk nooit geleer nie, lisensie op ander manier gekry.

Die skiet van die koedoe in Windhoek. Is dit ook afgeneem soos die morsigheid met die gemsbok? Die amptenaar het duidelik buite sy bevoegdheid opgetree ten spyte van sy verantwoordelikheid en die betrokke ministerie moet maar aanvaar dat onder omstandighede die beste verantwoordelike uitweg gevolg is. Los nou maar die aanklagte.

Die afgryslike voorval met die gemsbok wat eers gekwes en dan so wreed doodgemaak is, asook die voorval met die hondsdol koedoe, wys duidelik dat die mense met die gewere nie kan skiet nie. Ek is van mening dat enigeen wat ’n permit vir jag wil bekom, eers moet kan bewys dat hy wel met ’n jaggeweer kan skiet sonder om ’n dier eers te kwes (dit lyk op die video of daar eers van agter op die gemsbok geskiet is en hoekom was die patrone op) en ’n natuurbewaringsbeampte moet weet hoe om ’n wilde dier te hanteer en hom nie onnodig laat ly nie. Ek is geskok dat dit tans blykbaar nie so is nie.

As a frequent flyer, I have been using various air lines to reach my destinations. All of them have delays at some point. In my experience Air Namibia has the most friendly and helpful flight attendants. Furthermore Air Namibia is mostly a lot cheaper than SAA. Therefore I will always choose Air Namibia above any other airline.

Hoekom die veearts se naam genoem en nie die natuurbewaarder se naam nie?

Ek sien daar is darem iemand wat wilde diere ken. Ek lees al van die begin af van die gemsbok wat met klippe gegooi en met ’n stomp mes keelaf probeer sny is en toe weer vir die groot mes gevra is, maar nou lees ek nie meer van die groot mes nie, net van die stomp mes. Nou my vraag is, moet die mense die gekweste gemsbok gelos en in hulle bakkie geklim en weggery het en die dier so gelos het om te sit en pyn tot hy eendag doodgaan?

Misdaad teen toeriste. Asseblief, doen iets! Plaas dan NDF-lede op Westlike Verbypad tot na Brakwater, so kan dit nie voortgaan. Ons het nou al net die maand hoeveel toeriste verloor. Skrik wakker!

Mooi, baie mooi, pragtig Swapo "comrades" dat julle dit binne 27 jaar kon regkry om Namibië tot ’n bankrot rommelstatus te verwoes. Soos jul "comrades" oorkant die Gariep het ons julle gewaarsku dat God nie slaap nie. Kom ons kyk of julle die volgende 27 jaar nog slegter kan vaar. Dalk moet julle jul "China" boeties kans gee, hulle weet hoe om dit te doen.

Last year Yvonne Dausab Chair of the Law Reform and Development Commission (LRDC) was warned that NEEEF will cause a collapse in the economy. She did not agree and asked for proof. This week it was reported that the LRDC faces eviction from its offices because there is not enough funds to pay their rent. Proof enough madam?

Chinese mafia en wildlewemisdaad: As die regering nie nou hard reageer en alle betrokkenes opsluit nie, is hulle net so korrup en skuldig! Hoekom het die "king-pins" wat hoeveel keer gearresteer is nooit voor die hof verskyn nie? Wie in die regering is betrokke en beskerm hulle? Ons soek hul name en arrestering!

Namibië is een van die min lande waar jy sien versteurde mense beweeg vrylik op straat rond. Dit lyk my die polisie weet nie dat sulke mense ’n gevaar is, veral vir kinders en dat hulle in inrigtings geplaas moet word waar hulle versorg kan word nie.

So the vice-president of RSA Cyril Ramaphosa said all who enriched themselves must pay back the money as this money belongs to RSA and its citizens. Now I wonder if our vice-president Nickey Iyambo has got the guts to say the same. I wonder.

Bravo vir die personeel van Usakos hospitaal, van die dokters tot en met die skoonmakers. Mag die Here jul seën. Ek het gesien dat julle die werk lief het.

Mense, ’n waarskuwing! My seun en ’n vriendin is Saterdagaand van Club Chill Out in taxi op pad huis toe aangerand en beroof en nog in Katutura afgelaai. Swart Mazda 3 met duidelike nommer X31. Hul dag sal kom.

Ek gesels telefonies met my 11-jarige peetkind oor my nuwe werk. Sy kommentaar was: "Tannie Mien, glo net in jouself". Wat dit so treffend maak, is dat dit presies dieselfde is wat ’n suksesvolle beroepsvrou (nou afgetree) vir my gesê het. Wysheid kom nie altyd met ouderdom nie! - Elmine Botha

’n Veearts skiet ’n hondsdol koedoe binne in stadsgebied en word aangekla. Het die amptenary se sotheid dan geen grense nie?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!