SMS'e vir 15 Maart 2018
SMS'e vir 15 Maart 2018

SMS'e vir 15 Maart 2018

"...alweer geslaap word."
Mandy Rittmann
Ariamsvlei-grensdorp: Dit is betreurenswaardig en 'n skande dat die ingangspoort, wat 'n spieël van Namibië behoort te wees waar die toeriste 'n beeld van die land moet kry, in so 'n gehawende en vuil toestand is. Wat is die plig van die "Settlement"-kantoor, asook die streekraadslid van die Karasburg-Oos kiesafdeling? Die woonbuurt spreek van visielose leierskap, nadat die land alreeds in 1990 onafhanklik geword het. Pres. Hage Geingob, asseblief, kom en vergewis uself en laat hierdie visielose leiers vervang word. Genoeg is genoeg. Ons vergaan van ellende en armoede. Ons wil ook die vrugte van onafhanklikheid proe.



Hi, hoe kan Gross Barmen van N$50 (sic.) na N$200 styg vir dagbesoekers? Wie sal dit kan bekostig? As ek en my familie gaan, moet ons N$3 000 betaal. Dit is darem erg!



Ghost teachers: Some on sick leave and being paid for years and years. Government, whatever ministries, it is clear that incompetence has cost the country billions by now! What could have been achieved with these billions! Why don't they prosecute corruption, freeze and sell assets, make them pay back the money and lock up culprits? Suspensions on full pay is a joke. Holiday and corruption will never end, if there are no harsh consequences!



Die leeuborde by Omaruru is net so teen die wet soos die leeus se aflaai. Lyk my daardie mense kan geen ­Namibiese wet volg nie! Skaam julle!



Housing misery after 28 years of independence. Half the population still lives in squalor. Namibians should realise by now that your government does not care a stuff about you, only about enriching themselves, the elite and cronies, luxury buildings and projects. Get used to it, it will not change. Corruption will prevail and you don't matter!



Ons almal sien dat daar alweer geslaap word. Ons reën is maar min. Daar word plase gekoop teen 45 miljoen terwyl droogte voorlê. Asseblief, staan net op en maak die kanale van die Noorde klaar. Dit gaan net weer die huiseienaars wees wat sal moet uithaal en betaal. Kan niemand hul oë oopmaak en iets doen nie?



Die EMC moet mos hulle borge te vrede stel. Dan moet hulle maar blikleeus vat as die katte alreeds geskiet is. Geld moet rol!



Gaan die munisipaliteit iets aan die plakkers langs die hoofpad, op pad na Rehoboth oorkant Cimbebasia doen?



Bybel is geboikot uit skole en kinders mag nie getug word, wat verwag jy?



President, ou tyd kan jy jou kind pak slae gee, nou word jy tronk toe gestuur.



Gochas se voorsitter en die raad, wanneer wil julle vir ons werk? Gochas lyk elke dag na 'n verlate plaas. In die drie jaar, wat het julle ontwikkel? "Pay" maar net verniet. Ons soek erwe. Tel die vullishope op na 2 jaar. Vir wie moet ons stem? Toe, skud op!



Heleon Beukes, Jy is die Rip van Winkel van Rehoboth. Lank geslaap en aggressief wakker geskrik. Stadig, ou seun.



Wat gaan aan met ministerie van finansies, Keetmanshoop en Windhoek, dat julle nie Nkasa Security Company se agterstallige gelde uitbetaal nie? Ons wagte kry swaar, maar julle kan onnodige projekte ondersteun. Ons geld is nie baie nie, asseblief!



Ek bak brood met die hand, soms verkoop ek dit ook aan my kollegas. Ek soek hulp met 'n broodsnyer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!