SMS'e vir 15 Mei 2020
SMS'e vir 15 Mei 2020

SMS'e vir 15 Mei 2020

". . . ons goeie reg . . ."
Mandy Rittmann
Instansies soos Stad Windhoek moet ter wille van deursigtigheid daarvan weerhou word om betrokke te raak by besighede wat die aandag verdeel en by die publiek die indruk skep, dat soos met die Fishrot-saga, invloed en kontakte gebruik word vir selfverryking. As belastingbetalers en erfbewoners van Windhoek is dit ons goeie reg om aan te dring dat ons paaie en infrastruktuur die nodige aandag kry eerder as dat ons belastinggeld op kommunikasieprojekte uitgegee word. Ons het reeds gekwalifiseerde mense op die toneel.



Waarom mag een konstruksiebesigheid voortgaan tydens inperking maar ander nie?



Toe informele markte kla oor verliese, maak CoW en regering oop. Nou weer met taxi's se verhoging en dit na die petrolprys daal. Weinig of geensins word geluister na kerke, privaatsektor of kundiges waarvan daar baie in ons mooi land is. Government is selektief met hulle doen en late tydens Covid-19.



Waarom is daar nooit aandag gegee aan die skole met water- en sanitasieprobleme nie? Moes daar nou eers 'n pandemie uitbreek om aandag aan daardie skole te gee? Ons weet ook al hoe lank is daar 'n tekort aan klaskamers. Is ons kinders en skole nie ons eerste prioriteit nie? Praat ons maar net, of is daar al begin om daardie skole te help?



Ons gee tuisonderrig en ek is so dankbaar dat die kinders se skool op tyd begin het. Geen klasse is gemis en die dosente was puik, simpatiek en ondersteunend. Daar is dadelik 'n beradingsessie vir die kinders oor Covid-19 gereël en volgende week begin die eksamens op tyd. Ons is nog nie een dag spyt dat ons hierdie pad gekies het. Klasse begin op tyd en onderwysers is altyd bereid om na ure te help, te adviseer en te ondersteun. Die vakke is van hoë standaard en toelating tot hoër instellings is geen probleem. Kommunikasie tussen ouers en personeel is baie makliker as wat dit ooit in 'n gewone skool was.



Die ministers in die government moet met die helfte verminder word. Die helfte wat oorbly se salaris moet ook met die helfte verminder word. So kan ons spaar om kos te koop vir die arm mense.



Dit is wel gaaf dat ons Namibiërs nou spesiale tariewe kan kry by lodges, gastehuise ens., maar dit beteken Namibiese dollars gaan nou van een Namibiër se beursie na 'n ander s'n. Namibië se groot bron van inkomste is toerisme, sonder dit is ons land bankrot. Ons het nodig dat ander lande se mense hulle geld hier kom spandeer.



Die leser wat sê Franssprekende rugbylande domineer rugby in Afrika. Jaaaaa, maar slegs met stemme en beslis nie op die speelveld nie. Is dit ook reg om te sê NRU word deur sekere groepe domineer, of dat die Bokke al drie wêreldbekers gewen het onder swart of bruin bestuur. Nee, veralgemening is gevaarlik. – Robbie



Tsumeb-munisipaliteit. Julle moet asseblief meer gereeld die padstrepe en -tekens verf. Die mense weet nie waar om te ry en of te stop by die vyfrigtingrobot in die hoofstraat nie.



Alkoholvrye bier is nou skielik ook onverkrygbaar. Het die woord alkohol op die etiket 'n oortreding van die sosiale skeidingsverbod geword, of is daar wel 'n persentasie alkohol wat gevaar inhou vir elkeen wat tot nou die produk om gesondheids­redes gebruik het?

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!