SMS'e vir 16 Januarie 2018
". . .horende doof en siende blind. . ."
Die verwaarlosing en mishandeling waaraan die wilde perde uitgelewer word, is skokkend. Perde is NIE woestyndiere nie! Hulle moet beskerm en in droogtetoestande versorg word. Duidelik draai die verantwoordelikes 'n blinde oog. . . en sal die laaste perd deur roofdiere opgevreet word.
Dankie vir ons helde Dylan en Phala. Dankie, oom Jack. Wens ek kry 'n vangs soos u. U soort is min gesaai.
Konflikleeus – wys jou nou net. Waar moet die arme leeus nou eintlik gaan? Lyk my Namibië het nie meer plek vir leeus en ander wilde diere nie. Skaam julle mense, dis ons wat die diere se plekke afvat. Ons land is groot. Daar is plek vir almal.
Hoe de duiwel kan Riaan Christiaans sê hy is nie bewus van Rehoboth se waterprobleem nie. Kyk op volgende keer as jy weer so lieg vir Namibië. Ons het oral mense in die land. Almal weet van die waterprobleem. Gaan ons vandag (Maandag) water hê. Dis wasdag.
Dis 'n skande dat “skips” in Cimbebasia staan met vuilgoed wat eerder buite die “skip” is as binne-in. Dit veroorsaak dat leeglêers kom tent opslaan daar. Die leeglêers is ook moontlik betrokke by misdaad in die area. Dit maak die koop en verkoop van eiendom ontmoontlik in Cimbebasia weens die vullisopeenhoping. Kan die City of Windhoek nie iets omtrent die probleem doen nie, asb.?
I am humbly requesting to NAMPOL and the City Police to patrol the Katutura Central area at night. Minors are drinking alcohol and using drugs in Augeikas and Ben Apollos Streets.
Op Dordabis sal jy solank jy vir Swapo stem vir elke kind wat jy baar elke maand 'n toelaag kry.
Jy kry mense by werke wat mense kan motiveer en dan kry jy leiers wat net afbreek.
English, the official language, in firing line because of shockingly low 10 percent passrate even as second language? How do kids expect to go to university and understand learning material with such poor English? The atrocious English taught / learned at schools is the real problem so get teachers to teach proper English.
Van “. . .hole countries” gepraat – daar is 'n rivier in Katutura waar ek bly waardeur rioolinhoud daagliks rustig vloei. Nou sal dit verkeerd wees sou iemand hierna verwys as “people from a . . .river country?
Bank of Namibia, wil julle hê Namibië se mense moet net swaar trek? Dis 'n ander saak as mense geld steel in plaas van hulle eie geld gebruik. “Sustainable” of “non sustainable”, dit maak nie saak nie.
Okahandja se strate vol gate. Hoe lank moet mens nog praat oor die gate??? Kry mense wat kan werk en kan sien hoe dit lyk en nie horende doof en siende blind is nie!
Ek kan die groot onreg nie verstaan. Hoekom moet mense onwettig die grond van die Rhb begraafplaas moedswillig beset en die Swapo-dorpsraad is te bang om op te tree en die mense te ontruim? Eva en Theo en einste Kasupi het baie vinnig gehardloop om vir McNab en Jan van Wyk te gaan kla omdat hul kastig onwettig erwe uitgegee het. Boonop nog ons swaar verdiende geld gebruik om hul prokureurs te betaal. Sowat van nuwe apartheid! Of gaan dit net oor lekstemme vir volgende verkiesing? So moeg vir valse leuens. Ek daag vir Swarts en Kasupi uit om hul man te staan en op te tree namens die dorpsraad.
Geagte minister, ons ou mense kry swaar in Hoachanas, want ons het nie 'n keuse om ons kinders in “hostel” te sit met die biekie geldjies. Kom kyk asb. minister wat gebeur met die geldjies.
Baie dankie aan CoW vir die herstel van die straatligte in Avis Road.
Uit The Presidents Keepers (hfst 4) haal ek Rudyard Kipling aan: “If you can control your body and your sexual urges then you are a man my son!” Jy vang die vink met sy vinger in die jampot, dan stry hy tot die dood: Dis nie my vinger nie! Die broers se leuse? Jy erken NOOIT! Ek was vir byna 50 jaar getroud met 'n leuenaar wat deur sy potlood regeer is. Sy skande en my vernedering! Sy laaste plesiertjie het hom sy dood gekos. En eindelik is ek VRY!
Ek vra tog hoekom kan ons manne wat op die plase werk nie op 'n manier gehelp word om ons “laaisens” te kry. Ons kan ry, ons ken die padtekens, ons kan net nie Engels lees nie. Ons kry swaar, ons kan nie nog gaan skool gaan nie.
Where are the theologians and academics of the ELCRN today? They are the likes of Pastors Tjibeba, April, Gurirab, Gaomabs and Pieters. Are they working elsewhere with what the church gave them?
Ek stem saam oor al die rommel langs die hoofpad suid van Rehoboth. Het nog Sondag verbygery. Dit word net erger by die dag. Die dorp se inwoners gooi hul huishoudelike rommel ook daar. Wat het van julle waardes geword?
Die sogenaamde VIP motorkades moet verbied word, want hulle gaan nog baie onskuldige mense se dood veroorsaak. Hulle is nie so belangrik nie. Dit is net “show off”.
Jossop, Karasburg sit met 1 rand van Suid-Afrika 1977. – 081 660 9971
Goeie môre en 'n geseënde nuwe jaar. Ek het 'n Daycare in Otjomuise oopgemaak en is tog op soek na enige hulp met enigiets waarmee kinders kan speel, skryf en nog meer wat ons kan gebruik. Gestoorde ”swings”, glyplanke, ongebruikte boumateriale wat net gestoor is. As iemand my kan help, kontak my tog op 081 679 7949 asb. Dankie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie