SMS'e vir 17 Januarie 2022
SMS'e vir 17 Januarie 2022

SMS'e vir 17 Januarie 2022

"...beste en veiligste..."
Mandy Rittmann
Niks het nog ooit sin gemaak nie. Wat help ’n vaccine kaart as jy nogsteeds Covid kan kry en nogsteeds iemand anders kan aansteek? (By byvoorbeeld grensposte en waar jy dit oral moet wys). Beantwoord my die vraag asseblief? Is die negatiewe toets nie maar die beste en veiligste ten alle tye nie.

Werkgewers wat hul werknemers verplig om geënt te word, verstaan nog nie menseregte nie en sal moet hulle saak maar in die hof verdedig.

Die nuwe reisreëls van geen PCR as jy ’n Namibiër is en spuite gehad het ook as jy vlieg?

Eintlik behoort almal wat in Hentiesbaai vakansie gehou het vir Bassie Jaarsak en Andrew Davies ’n N$10 donasie te gee. Dit is mooi gemeenskapsgebaar.

Ek wil maar net seker maak, mag skole byvoorbeeld ’n privaatskool weier om ’n leerling se rapport vir hom of haar te gee as die skoolgeld agterstallig is, want as so ’n leerling aansoek doen by ’n ander skool, word die rapport verlang?

Hiermee wil ek die organiseerders van Republikein en borge van die foto- en videokompetisie baie dankie sê, dit was ’n briljante idee om almal ’n kans te gee om foto’s en video’s van ons land in te stuur vir die kompetisie. En die pryse was ’n groot uitdaging om te wen. - Koos Liebenberg

Waarom neem dit weke by Nampost Mariental om te hoor hoeveel jy customs skuld sodat jy jou pakkie kan kry? Lê die fout by Nampost Mariental, of Customs Namibia?

Ek wil graag by die persoon oor jongmense wat so op die duine vergaan, hoor waar is hulle ouers of familie? Mense bedel deesdae ongelooflik baie. Hou die ouers verantwoordelik, dan sal minder jonges vergaan.

Investors pumping massive funds into Namibia, maar die grootste probleem is dat Customs (NamRa) enforcement (TransNamib Building) die Investors so intimideer dat hulle liewers wil oppak en gaan. Sê maar net.

Indien mense nie goed kan praat van ander mense nie, bly liewer stil. We are getting sick and tired to hear people talk badly about others.

Once again, we the inhabitants of Hukus Village in the Omaheke Region call upon the governor to immediately stop Cenored from its madness in going ahead to electrify that village. This ruthless private company is out to make money from people who don’t have it. There is simply no economy in this place. The governor of this region should have for seen it. Let Nampower do the job like in other regions. The president should fire both the governor and the Aminuis Constituency councillor. They are both incompetent. We find it difficult to comprehend how a government can oppress its own citizens. A bad policy is as good as no policy at all.

Menere Jaarsak en Davies, dit is baie edel om Henties skoon te maak, maar onthou julle maak net die munisipaliteit al hoe meer gewoond daaraan om nie hulle werk te doen nie (waarvoor hulle betaal word met julle belastinggeld). Die owerhede geniet dit, dat julle hulle werk gratis vir hulle doen.

Waarom word mediese eise van dokters en apteke oor en oor na jou toe deurgestuur. Dit is die selfde eise tot soveel as drie of vier keer. Het seker nie werk of weet nie wat om met hul tyd te doen nie.

Baie dankie aan Frankie Grobler en mev. Peaken van kliëntediens by FNB Swakopmund. Die dames is ongelooflik met hulle dienslewering en voorwaar ’n enorme aanwins vir die bank.

Kan iemand asseblief die kontaknommers van die National Federation of People with disabilities in Namibië plaas. (Probeer dié nommer: 081 805 8612 - Redakteur.)

N 8848 T, jy mag ook maar stop by stoptekens in Tsumeb asseblief. As jy iemand se kind dood ry, is dit soos ’n koeël uit ’n geweer. Jy kan hom nie terug roep nie en jammer help niks.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!