SMS'e vir 17 Maart 2017
SMS'e vir 17 Maart 2017

SMS'e vir 17 Maart 2017

“. . . doelbewuste poging om die grondloses te mislei . . .”
Gerine Hoff
Ek hoop dat daar niks van die beplande donkieslagpale gaan kom nie. Kan ons asseblief saamstaan en dit stop? Los ons donkies!

Wil voorkom of die president die verkeerde adjunkminister laat loop het. Nou probeer die minister weer die Chinese beskerm. Of het hy alreeds die land aan hulle ook verkoop? Ek sê maar net.

Wintertyd of kultuurtyd? Vir die luies is wintertyd nommer pas, want hulle kan tot laatnag rinkink en gaan slaap en nog genoeg rus inkry om die volgende dag te gaan werk. Nee, aarde laat staan hierdie slapgatgeid en kom ons begin werk as die dag breek en die voëltjies sing en duifies koer. Grootmense, hou op om agter kinders te skuil! "The early bird catches the worm."

Almal wat geraak word deur die grondkwessie, neem kennis: Ek het gesien in twee Engelse koerante van 15 Maart dat die ministerie van "Land Reform" in sy jongste lys van plase toegeken in die Kavangostreek die name van diegene wat begunstigdes is, weerhou het, asook van watter streek hul afkomstig is. Is dit 'n doelbewuste poging om die grondloses te mislei? Of is die inligting per ongeluk weerhou? Landless People's Movement, neem kennis hiervan asseblief. Hoop nie die inligting word weerhou in //Kharas- en Hardapstreek nie, asseblief. Tseibskind

Gryp vinnig in! Psemas kan nie ondergaan nie. Psemas bly bobaas onder al die siekefondse.

Taxi-probleem: Een van die boustene vir 'n agtergeblewe gemeenskap wanneer passasier en taxi net eenvoudig verwag dat twee ganse strate ter wille van hulle behoeftes by 'n kruising tot stilstand moet kom en die owerhede kyk anderpad.

Namibia's CEOs earn a lot of money. Thats why we are classified as middle income. Poor country can't pay millions to CEOs.

Bishop //Gamxamub, het die wag by die ou kerkgebou in Keetmans nie ’n "job description" nie? Die wag bly nie op sy pos nie, veral naweke, maar kry salaris met jaarlikse bonus. Atz, dis darem lekker om vir die Lutherse kerk te werk. Ek soek ook “pay” sonder om te werk.

Ja, winter- en somertyd is al 20 jaar in werking en vir 20 jaar 'n bron van frustrasie vir die meeste Namibiërs! Hoe kan 90%+van die bevolking verkeerd wees?

Ag, Richard Metcalfe, bly tog stil. Jy kerm oor die direkteur van die LSN wit is. Vir wat bly jy stil dat die voorsitter van die "council" nou vir dekades lank nie wit is nie? Kerm eerder oor hoekom die PG, die CJ, die JP, die DG van ACC, die Ombudsman, al die "chiefs" van direktorate in justisie almal swart is! Jy wat stert tussen die bene weggehol het SA toe met onafhanklikheid!

Dit is ’n groot skande dat Mugabe, Zuma en Geingob daardie groot geld maandeliks kry waar die mense in armoede leef. Behalwe hulle salaris kry hulle alles verniet, tot toiletpapier, en hulle betaal nie "tax" op hul inkomste nie. Viva Botswana! Die beste Afrika-land. Die ander is korrup. Wat ’n skande.

Jy gaan skoene koop, pas aan, betaal as jy tevrede is en daar gaan jy. By 'n sekere ortopediese plek vra hulle N$150 vir konsultasie vir ’n ding wat jy in elk geval self gaan aansit. Almal wil net uitbuit. Skande.

Ek wil net graag weet wanneer vraestelle wat oorgemerk was vir Namcol se uitslae dan uitkom.

Mr President, we are still waiting for publication of detailed total costs of your and your bloated entourage lavish luxury travels last year, we have a right to know how and on what our hard-earned taxes are splashed.

Na aanleiding van die berig in Republikein, 15 Maart 2017: "Mense moet hulle nie teen gewapende rowers teensit nie." Die rowers lees ook koerant en pas dit toe, want hulle mag "niks" gemaak word nie. Wanneer gaan julle sê verdedig julself as jy kan om dalk ’n merk of twee as leidraad by die aanvaller/s te los?

Dit lyk my daar word ’n x-bedrag begroot om te steel. Ek wonder hoe lyk daai begroting? Dit word seker genoem die ministerie van bedrog en steel. Het jy al ooit gehoor die diewe word gestraf? Die mense het lui en gierig geraak in die land. Skrik wakker! Die Chinese is een van die dae julle base. Bekommerd, RHB

The SME Bank executives sueing the BON have some nerve. They should really be embarrassed by what they have done. Instead they have the audacity to want to be reappointed. Have you no shame?

Wil net weer oor Welwitschia-skool. Hulle is glo so goed en wonderlik. Hoekom word elke ding wat gereël word, ’n dag of twee voor die tyd gekanselleer? En dis elke liewe keer nog hierdie jaar. Kort dalk net nuwe bestuur? In die verlede het dit nog nooit gebeur nie. Vra maar net watse voorbeeld stel dit vir die kinders in die skool? Swak voorbeeld van die bestuur.

Mense, maak jul donkies vas! Die Chinese sal hulle gebruik vir hul slagpale.

Politicians remuneration: You know, if they actually served the nation better, most people won’t have a problem with their salaries. But they don’t. And most of them have other sources of income as well.

Dis ’n bitter pil dat die Rehoboth Baster Gemeente vandag nie grond het nie - nadat ons voorvaders, naamlik kapt. Hermanus van Wyk en andere moet gery het vir weke Kaap toe met ossewaens om te gaan onderhandel oor RHB se grond. Groetnis, Great Uncle Rehoboth

Tydelik op Hentiesbaai. Vanaf Desember 2016 tot 15 Maart 2017 word ons oorval deur muskiete. Gebruik alle soorte afweermiddels, nie juis doeltreffend nie. My vraag: Wat doen Hentiesbaai se munisipaliteit om die muskiete te bekamp? Malaria op hande. Help, asseblief!

Mr Utoni Nujoma. Why are you so stubborn to hear the truth? The presence of the Chinese in al sectors of the Namibian society is corrupt, and detrimental to your voters and society as a whole. Open your eyes or keep it closed and you will be blamed as a ruling government for our total collapse. You appear to be arrogant and irresponsible towards your country. Remenber that pride becomes before the fall.

Winter- en somertyd: Meneer of mevrou, ons het al die afgelope 20 jaar ’n probleem met die tyd. Ons hoop nou dat die nuwe president ’n verandering gaan maak aan die tyd.

Ek hoop die arme sekuriteitswagte staak. Ons betaal elke maand ten duurste vir private veiligheidsmaatskappye om na ons om te sien, maar die arme wagte sien die minste daarvan.

Namalanders: Voor onafhanklikheid, waar het julle gewoon? Swapo-regering koop plase in Namaland van wettige eienaars en resettle mense op daai plase. Wees dankbaar.

Die persoon wat so ewe verduidelik dat die donkieslagpale vir die velle is en nie vir die verwerking van vleis nie: Nou waar dink jy gaan hulle die donkievelle kry sonder dat daar gaan vleis wees wat moet verwerk word? Punt is, donkies gaan geslag word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!