SMS'e vir 19 November 2021
SMS'e vir 19 November 2021

SMS'e vir 19 November 2021

"...booster shots?"
Mandy Rittmann
Nou gaan ons krag ook weer op. So nou vra ek wanneer kry ons pensioenarisse ook verhoging! Ons is besig om dood te bloei. Hoe verder?

Mense wil nie ent nie, maar booster shots word ook nie toegelaat nie. Mense wat vroeër in 2021 hulle twee spuite teen Covid gehad het en met vakansie gaan in Desember sal graag ’n booster shot wil hê. Op navraag het ’n Covid-werker by Eros kerk in Windhoek gesê die shot kan nie gegee word nie. En verder nie ’n vinger geroer om te probeer vasstel of dit nie gedoen kan word nie. Gaan die ministerie van gesondheid eerder die entstof laat verval as om dit te gebruik vir booster shots? [Die ministerie het Vrydag tydens die nuuskonferensie by Staatshuis gesê aanvullende dosisse word nie huidig plaaslik gedoen nie. Twee redes is hiervoor verstrek: die regering dink bykomende navorsing is hieroor nodig en die staat wil ook eerder vir nou entstof gebruik om nuwelinge in te ent. Dit is minstens die amptelike standpunt. - Redakteur]

Sjoe, Gernot Schaaf! Jy is rêrig die duiwel in vir die duiwel. Ek het ook sy brief gelees, maar het dit heeltemal anders geinterpreteer. Hy drup wel van sarkasme, maar het beslis ’n punt beet. En ek dink jy het dit gemis.

Die klomp wat ons Basterkapteinskantoor beset het uitttttttt, julle hoort nie daar. Julle het ons vorige leiers verag en geen bydrae gelewer tot die kantoor. Só bly die hofsaak is aan die gang. Ons ondersteun die saak en soek besonderhede vir bydraes asseblief. Word skaam as ek dink aan die omoskoenboks-verkiesing. Basters word wakker, 6 maande verby en al wat jy hoor is vertrou my net.

Kan julle asseblief met Gibeon se onderwysers praat wat weeksdae ook drink. Watse voorbeeld het hulle vir die kinders van die skool. Baie erg!

Mariental Court Room corrupt. People in a murder case get bail, but for housebreaking and drugs no bail.

Dit gaan my verstand te bowe. 'n Sekere maatskappy adverteer die verskillende karre se parte wat hulle verkoop, maar as jy nou bel, is daar geen stock. Ons wag op bestelling. Nee man, dinge werk mos nie so nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!