SMS’e vir 2 Desember 2021
"...in 'n oogwink..."
Shikunga beweer hy het die staat gegee wat hulle toekom, en daarom voel hy dat hy lank genoeg geboet het vir moord. Nou wat van dr. Ian Scheepers dan? Wat het hy gedoen om vermoor te word? Sy hele lewe is in ’n oogwink weggevat, maar vir hom is daar nie meer ’n kans om ooit met sy geliefdes herenig te word nie. So onregverdig en hoekom het almal nie dieselfde regte om te lewe nie? Dr Scheepers, jy was ons almal se held.
Die probleem omtrent die veediefstal in die Grootfontein-area is tog al vir die laaste paar jare baie duidelik. Die veediefstaleenheid doen net eenvoudig nie hulle werk nie. Hulle wil nie werk nie. Raak ontslae van hulle en plaas ander mense in hulle plek en die grootste deel van die probleem is dadelik opgelos.
Ek let op dat die deeltitel-inwoners van Windhoek se munisipale rekeninge nou reeds die 20ste van elke maand betaal moet wees. Die rekenings bereik ons egter eers na die 20ste en dan word rente gehef op die sogenaamde laat betaling. Kan die City of Windhoek asseblief verduidelik of hierdie kort betalingstydperk vir al die inwoners geld? Dit lyk vir my na 'n geldmaakstorie.
Oor Gys Joubert se brief aan Sajid Javid kan ek net sê: "Salute, give that man a Bells!"
Dis nie van werkgewer kritiseer en kla nie. Khomasdal se werkgewers kan maar net nie betaal nie. Hulle wil nog N$60 per dag betaal. As die skoen jou pas, dan sal jy iets te sê het.
Jy wat so teen maskers en die regulasies vir Covid-19 is en sê dat maskers net 'n geldmaakmetode is. Jy wat bedel vir 'n ou smart phone. Jy kan nie verwag dat enigiemand jou as huishulp registreer nie, jy wil dan nie eers 'n masker dra nie. Dra jou masker, volg die reëls en jy sal sien, 'n werkie sal jy kry om jou eie smart phone te koop.
Sies ITAS, julle het belowe as ons registreer op die nuwe belastingstelsel ons terugbetalings vinniger sal plaasvind. Ons wag al vir twee jare se terugbetalings van julle af.
Fuel price hike! Useless minister of energy governed by a useless government. Time for Swapo to go. We as public have to pay for their misconduct.
Nuwe parkie by Elisenheim. Dankie bestuur! Maar pa/ma, waarom los julle jul onopgevoede brokkies sonder toesig? Hulle steek die motor en vliegtuig onder klippe. En spring met volle gewig op die enjinkap. - Pietrossie

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie