SMS'e vir 20 Julie 2016
Die “maniak/ke” wat so gejaag het! Nou moet daar drasties iets gebeur op ons paaie! Ons was self daardie tyd op die pad Swakop toe en ons het ’n paar voertuie gekry wat teen hoë spoed verskeie voertuie verbyjaag, ongeag aankomende voertuie, blinde hoogtes, sperstrepe! Hulle dobbel met almal se lewens op die paaie! Vat summier hul lisensies af!
Dankie aan die familie wat die bobbejaan gered het! Daar is nog goeie siele!
WRP, genade wat gaan aan? Het ons slagoffers geword van selfaangestelde maghebbende leiers? Fleermuys en Kapala verteenwoordig die oudsoldate, Jossob en Beukes het die eerste rondte in die hof verloor. Wat verstaan julle nie? Of soek julle publisiteit? Oudsoldaat
Ek wil saamstem met leser se opmerking dat selfone ’n groter euwel is as hulp. Dis hoekom daar nêrens meer goeie diens is nie. Word eers SMS gelees of oproep geantwoord terwyl kliënt maar geduldig moet wag. Selfone moet verbied word deur werkgewers, PUNT.
Ek vra weer, noem jy dit 'n mens wat so iets aan 'n Godgeskape dier doen? Sterkte Marlice. Ek hoop julle kan Hope gesond maak. Mens moet hulle vat en ook lewend brand. Ek noem hulle drek!
A-listers is tog net die beste. Boys keep up. Karasburg se strope.
Geen verantwoordelikheid van skole: Mens, uit watter slaap het jy nou wakker geword? Dit is al jare so. Jou siniese woorde daaroor is plein onnodig. En om ander ouers op te steek en te vra vir " saam te staan " WYS ons en ons kinders wat al jare met die reël groot geword het weer eens hoe mense soos jy redeneer.
Ek is nou woedend en hartseer nadat ek die artikel oor Hope die bobbejaan gelees het. Hoekom is mense so wreed? Glo my barbare, jul dag sal kom.
Dankie aan die personeel van St. Mary's-hospitaal in Rhb wat Saterdag 11 Julie aan diens was. Liefdevolle mense, hulle het soveel tyd aan my dogter bestee. Ons was met liefde ontvang. Nogmaals baie dankie. Ek kon met ’n lied in my hart daar uitstap.
Na aanleiding oor die berig dat dit nog nie tyd vir geel pap is nie. Ek sien uit na die dag dat daar weer geel mieliemeel op die rakke is. Glo my dan eet ek weer elke oggend my mieliepap! RB, Windhoek
Met die waternood wat ons beleef, sal dit ’n baie goeie idee wees as City of Windhoek vir Windhoekers kan die dienste van hul plumbers verskaf om krane en lekkasies reg te maak vir ’n baie goeie prys of even gratis, want meeste mense kan nie bekostig om nuwe krane te koop en so loop die water af in die drein. Op die manier kan ons almal water spaar.
Om Baines-sentrum in Pionierspark maak die rondlopers, leeglêers en kwaaddoeners dit baie moeilik vir ons bejaardes van Senior Park ouetehuis om meer daar te koop. Hulle is dronk en vloek ons lelik as ons hulle nie wil geld gee nie. Kan City Police asb. tog gereeld daar kom. Susanna
Toiletpotte van Gibeon loop oor. Wat maak die Gibeon village council? Gee antwoord op dit asb. Inwoner
Wat het van die storie geword dat huiseienaars nie meer die huur met 10 persent mag op sit nie? Ons betaal getrou elke maand op tyd ons huur en betaal nog water apart en koop nog krag ook, maar skielik styg die huur met 10 persent. Sê tog wat het geword van die storie wat verhuurders die huurders so uitbuit?
Cameron McNab se saak het nog nie eens voorgekom toe is sy foto lewensgroot in die koerant geplaas is nie, maar nou wat ’n senior speler in die nasionale span dit doen, nou word dit toegesmeer. Baie vrae kom nou op. Is dit kleur? Is dit die rugby-unie? Dit is onregverdig dat sekere spelers beskerm word en ander word vir die wolwe gegooi. Wees net regverdig. Ontevrede rugby-ondersteuner
Ag asseblief! Kinders gaan gratis skool. En het jy nog nooit kinders in die skool gehad nie? PT-klere, sweetpakke en baadjies met ’n badge op was nog nooit ekstra skoolklere nie. Dit is deel van die uniform. Wintertyd dra die kinders sweetpakke en/of ’n baadjie met die skool se embleem op en jou kind kan sekerlik nie in haar/ sy uniform PT doen? Kom reg asseblief en hou op alles verniet te wil hê. Maar my!
Los die kerke by die gemeenskapsale, maak jou lewe met God reg en vind God. Amen. Prys daai wonderwerk wat God doen in ons lewens.
Mr President, don’t blame the Namibian financial state on tax evasion. Blame it on government splashing on unnecessary luxury like parliament building 2 billion, prime minister offices 1 billion, luxury airport the likes of Dubai. The list is endless! Also, stop the blatant corruption and your coffers will be full, also the greed/begging for donor monies is embarrasing. DO something yourself. Nobody owes us anything.
Edselstraat se inwoner. So jy kla oor die kerk, maar is happy om Vrydagaand en Saterdagaand na die dansmusiek en dronk geraas te luister? Of is jy dalk deel van die aandstroom, die dat Sondagoggend se kerkdiens jou slaap versteur? MENSDOM!
Wanneer sal die uitgekontrakte werkers van Nampost beter salarisse verdien? Die verhoging kom op, maar die salarisse bly net dieselfde. Werkgewers, kyk na julle werkers se salarisse wat sonder verhogings jaar in en uit vir julle sweet.
Ek is tog so bly dat 1 boer nadat sy volk deur die polisie geslaan is, erken het dat hy nie weer vir hulle sal gee nie. En dat hy sal stappe doen teen hulle omdat hulle die man so ernstig geslaan het. En ek is ook so bly dat daar blankes is wat sien hoe die bruin bevolking swaar kry onder die polisie se hande. Die magistrate kan eens nie polisie hanteer nie. Gochas, Aranos is mis. Sien julle se foute.
Ander councillors van hul constituencies gaan uit hulle pad om hulle mense se lyding te verlig, so waarom kan Groot Aub se councillor nie iets doen vir die mense wat so swaar kry in Oshakati met water nie? Met wat moet die mense die mieliemeel kook wat die GRN uitdeel? Maar verkoop en water koop?
Ek soek ’n salf, roompie of slukding wat sal help vir liddorings, aambeie, eelte, ongroei toonnaels, spatare, rekmerke, gebarstehakke, vratte, moesies, rooi hakskeenkies, droë vel, gebarste lippe, horrelvoet, oorgewig en dan voel ek nog sleg ook. So dit moet 'n wonderkuur bedryfie wees. – Zelna
Asb. alle munisipaliteite en GRN se gesondheidsdepartemente. Probeer asb. ten minste die rookwet implementeer.
Wil net hoor van die persoon wat so goeie diens kry by GIPF, hoe gereeld kry jy verhoging op jou toelaag? Die diens mag goed wees aan jou, maar my probleem is met die lang, uitgerekte periode voor verhoging van toelaes vir ongeskik verklaardes. Weet dat permanente pensioenarisse reeds gekry het, maar wat van ons ander?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie