SMS'e vir 21 Julie 2017
SMS'e vir 21 Julie 2017

SMS'e vir 21 Julie 2017

“...gaan belastingbetalers looi...”
Mandy Rittmann
Polisiesloerdery met Von Dewitz saak: Die ondersoekbeampte, sy onmiddelike bevelvoerder en selfs die streekspeuroffisier moet verantwoordelikheid vir hierdie pligsversuim dra. Hier is nou ’n geval waar die Ombudsman deur die ouers versoek kan word om te help. Duidelik is die bevelstruktuur te onervare of eenvoudig te laks om op te tree. - Oud-polisieman

Skandelik dat saak van ongeluk, (beweerde) roekelose bestuur waarin Dunja von Dewitz dood is, teruggetrek is. Ander sake vat 6 tot 10 jaar, maar hierdie saak van agt maande word gesluit oor polisie wat nie hul papierwerk en bewyse kan wys nie? Hou hulle die polisie wat nie hul werk doen nie dan verantwoordelik en kla hulle aan van nalatigheid en onbevoegdheid. Dit kan nie net daar gelaat bly nie! (Die staat kan die saak heropen wanneer die ondersoek afgehandel is. - Redakteur)

Na aanleiding van 'n SMS in u koerant: Waar anders as in Namibië kry jy spelers wat die publiek, ondersteuners, "coaches" van klubs aanvat? Dis ongehoord in enige sport. Wys net hoe onprofessioneel ons opset is dat spelers hul bestuur moet verdedig. Sal jy dit ooit sien by die All Blacks of Springbokke of enige ander land? Is ons spelers en bestuur verhewe bo kritiek? ’n Span wat sukkel om ’n spannetjie soos Zimbabwe te wen.

Oom Calle, daar is pensioenarisse wat ook onder daardie skuld gebuk gaan. Baie van ons weet nie eens hoekom die bedrag so hoog is, want vir jare het ons elke maand belasting betaal en toe ons aftree vat hulle nog ons geld en toe kry jy die skok van jou lewe. Jy skuld nog N$100 000, maar jy het maand vir maand belasting betaal. Die tydperk is te kort. Julle sukkel om die groot “fats cats” wat so steel vas te vat, maar nou word bloed uit ’n klip getap. Kry eers die gesteelde miljarde terug. Ons raap en skraap nog om daai geld bymekaar te maak. - Pensioenaris

"Jeugfasiliteite gevandaliseer": Wie anders as die jeug wat daar bly wat dinge verniel! Hoe motiveer ons die jeug, vra ek? Maklik - hou hulle aanspreeklik. Laat hulle self die opknap- en herstelwerk doen. Eers dan sal hulle leer om respek te hê vir dinge wat hulle vanselfsprekend vat. Jeug van vandag dink alles moet op skinkbord vir hulle gebring en gedoen word. Ons en ons ouers moes self inspring.

Ja! Jan Taks gaan belastingbetalers looi na Julie. Grap is hy looi hulle al klaar. Hy het nog nie eers vir 2015 terugbetaal nie. Lekker ou gemors, sou ek sê.

Dag oom Calle. Ons is bly vir die amnestieperiode vir belasting, maar dit lyk klompie van ons sal dit nie maak nie. Wil u dit nie konsidereer om ons nog ’n maand uitstel te gee nie, asseblief oom?

Waar in die wêreld is onse president? Is hy weer in "exile"? Sy stilswye oor sy swak landsadministrasie wat deur verskeie negatiewe beriggewing in ons plaaslike koerante uitbasuin word, is kommerwekkend. ’n Algehele operasie skoonmaak om diegene wat ons en u tenakom, vas te vat, is al uitweg. U het ’n keuse. Kies onse land en inwoners se vooruitgang of sal u die bitter beker tot op die bodem ledig? U verdien beter, mnr. die President. Sterkte aan u. - Namalander

Ek raak baie opgewonde oor die toekoms van Rehoboth as ek na FM96.1 en die manne van die Kapteinsraad luister. Ek wag op die dag dat Rehoboth van die Swapo-regering bevry sal word. Die siening van "One Namibië One Nation" is ’n skending van ons basiese, fundamentele volksbestaan en ons reg om self te ontwikkel. Die Rehobothbastergemeente sal nooit die vuisswaaiende siek tradisies van doe Swapo-regering en sy ondersteuners aanneem nie. Ons het ons eie tradisies en afkoms. Dankie. - AJB

Ons verstaan Swapo se veterane soek ook hervestigingsplase en dat hul voorkeurbehandeling moet kry. Julle se Owamboland was nooit "disposessed". Niemand behalwe julle en jul mense administreer jul streke nie. CEO’s, Town Councils, alle poste word deur julle beheer en administreer, maar vanaf Grootfontein tot in die Suide is julle in die "mix". Wit apartheid is met vandag se swart apartheidsregering vervang. Die diamant- en visserybedryf behoort aan die nuwe heersers. Einde ten laaste wil hulle onse grond vervreem met hul skewe landsbeleid om andere wat nooit onteien was, te bevoordeel. - Nama

Wat wou korrupsie. Dis orals! Betaal jy nie onder die tafel, dood jy ook maar van die honger, want dan kry jy nie werk nie. So, betaal maar!

Mnr. Schlettwein, hoekom kry ons dan nie ook ons terugbetalings nie? Tiektok vir julle ook!

Onse Nama- en Hererovolke moet gefokus bly op die hofsaak in die VSA. Los die Namibiese regering met hul Swapo-veterane verteenwoordiging. Hulle het dit nie nodig geag om onse stryd teen die destydse Duitsers as belangrik genoeg te ag nie. Dis net hulle voor en agter. Ons het ’n baie interessante geskiedenis wat geboekstaaf en sonder verdraaiïngs in argiewe internasionaal bekend is. Ek dink dié regering se belangstelling is nie so seer oor ons die "genocide survivors" nie. "Money is the root of all evil." - Tsamas

"Drug squad" van Windhoek, kom red tog vir Rehoboth uit die kloue van dwelms, want Rehoboth polisie sien en sien kamma nie, hoor en hoor kamma nie. Kop in een mus van Blok A tot H. Erg!

Sven Thieme, Johannes !Gawaxab en ander prinse van die vrye ekonomie val ook as hulle private sektore verlaat en dit waag in die staatsdiens. Almal is kwesbaar in die staatsdiens, want hier word nie profyt nagejaag nie, maar elke persoon soek hoe hulle die stelsel kan melk. Is daar nog name van private sektor prinse wat in die staatsdiens wil kom kanse waag?

Dis maklik om vinger te wys met verwysing na Italiaanse bedrieërs. Wees versigtig! Jy reageer soms omdat jy iets nodig het of graag wil hê wat die persoon adverteer. Die gevaartekens is daar! Wees net kalm voordat u enige besluite neem en moet te alle tye nooit, maar nooit geld inbetaal nie.

Dit is waar. Die mense wat daar bly voor die nuwe diensstasie, die wat die houtwerke verkoop, hulle word ook net meerder.

So pas oor die radio gehoor Zimbabwe stuur verkragters veertig jaar tronk toe en die wat kinders, gestremdes en bejaarde vrouens verkrag, gaan sestig jaar tronk toe en ons gee borg aan verkragters. Skokkend!

Net ’n vraag eintlik? ’n Groot asseblief aan minister Calle Schlettwein. Kan die mense wat nog nie op datum is met hulle uitstaande belasting nog ’n uitstelling kry? Dit is mense wat bitter graag wil betaal, maar dit nie self alles kan afsluit nie. Dink tog asseblief aan die professionele boekhouers wat die mense nodig het om alles behoorlik af te sluit. Die gekwalifiseerde boekhouers wat die belastings van die mense behartig, is met sekerheid op die oomblik die hardwerkendste mense, behalwe die wat daagliks mense se lewens red. Wie smag dan nie na gemoedsrus om sy belasting op datum te hê nie? Hoop almal gaan gesond daar deur. Maak ’n verskil, ’n goeie een asseblief. Steeds hoop vol.

Namibië se vorige minister van finansies het toegelaat dat baie geld gemors word. Dus, kom ons bid vir die huidige minister wat ons land uit ’n finansiële nagmerrie moet red. Baie dankie, minister, vir wat u doen. Daar is landsburgers wat dit waardeer! - Dankbare Namibiese burger

Husab, these so called “Lined tailings” which is waste from heavy and radioactive metals washed with sulphuric acid which could increase levels of radon gas leaking into ground water. How safe are they anyway? Rössing exists about 40 years, Langer Heinrich how long? Valentia? Trekkopje? These linings are plastic and surely have been eaten away by acid long ago and poisons were leaking into groundwater? There is no plastic that has been tested for 40 years! Amazes me how stupid they think we are! But money/greed prevails above damage to nature and humans. Very sad our poor earth!

As ’n mens lees in koerante oor onderwys en Rehoboth se bestuur, dan wonder jy of dit nie dalk dieselfde bestuurslede is nie, want albei is en word uiters swak bestuur. Onderwys oor die hele land. Sjoe, tog so jammer, waar moet toekomstige leiers vandaan kom?

Stem saam oor patetiese diens van NAC en Air Namibië. Het al paar keer al gevra waar die busse is wat vir miljoene gekoop is, wat passasiers na en van vliegtuie moet bring, want groot getal van toeriste is pensioenarisse. "Nevermind" reën of koud of bloedig warm, mense moet maar loop. Maar mens betaal hul vrek aan NAC kostes. Baie swak diens, maar ons wil luukse lughawe van miljarde bou.

Erongo RED electricity outages are becoming the norm these days. Whether planned or not, this is becoming rediculous! We pay for your service. Please subtract full day non-service from our accounts. Also please publish email address for claims of electrical implements that cannot handle the regular cut offs and break, meat and food that defrosts etc.

Onthou, die Bokke en All Blacks wag 2019 in Japan. Kry nuwe bloed in, raak ontslae van die ou garde en bou ’n span uit die opkomende jong talent wat ons het in die land. ’n Nuwe speelplan is ook nodig om sukses te behaal in 2023.

O/13, O/16, 0/18 en Unam wys ons die pad vorentoe met hul skitterende speelstyl.

Gisteraand by die klub is ek vêr oor aangebied. Vanoggend krap ek my kop vêr van my lyf af. Dis nou maar waar soos aan ’n koei, as babelaas ’n week aangehou het, het geen mens ooit gedrink nie! - Sareltjie

Ek wil my innige dank uitspeek teenoor mev. Anna de Jager en mev. Dodds van Pathcare vir die ingryping wat hulle aan my gedoen het voor ek op die straat beland. God seën julle.

Kan iemand my asseblief help met ’n rekenaar wat hy nie gebruik nie en net daar rond staan. - 081 639 4172

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!