SMS'e vir 21 November 2018
SMS'e vir 21 November 2018

SMS'e vir 21 November 2018

"...die mees onbevoegde..."
Mandy Rittmann
Die Namibiese dwelmprobleem het die laaste 10 jaar erg versleg. Namibië het van ’n deurgangsroete tot ’n afsetgebied gegroei. Nou verg dit asseblief hoogs opgeleide polisielede om dit hok te slaan. – FP

Grootfontein het die mees onbevoegde dorpsraad in Namibië. Ek kry skaam om te sien hoe lyk ons dorp. Kom ons hoop maar hulle bedank. Dit maak my woedend as ampsdraers, wat deur die publiek verkies word, slegs na hul eie sakke kyk en van die inwoners wat hulle moet dien en verteenwoordig, minag.

Aranos-kiesafdeling se raadslid wil net met 'n sekere groepie werk. Daar is soveel jeugdiges, maar sy familie en die wat hy gebruik, word gesê die ander mag nie hoor nie. Die “Governor” van Hardap, wanneer kom hou u vergadering met die gemeenskap? Laat ons met datums uitkom en die groepie wat gebruik word se name vir u gee.

Dit is van die suide af, Keetmanshoop. Laat ek en ons as oumense julle as die regering sê en vra, onttrek liewers daardie oumense "pay", die geld.

Sien in die koerant mense sukkel met antwoord van telefone. Voordat jy ’n groot skryfbehoefteplek skakel, gaan eers op jou knieë, want jy gaan ’n “tantrum” gooi. Pateties! 15 minute voordat iemand jou help. Pateties nadat hulle jou drie keer afgesny het. Wat het van diens geword?

'n Ander benadering teen misdaad? Reaksie en optrede uiters swak. Herhaal klag drie maal om verstaan te word, spel die straatnaam twee maal, verduidelik drie maal waar dié straat en of adres eintlik is en hoe lank die straat is, herhaal in watter deel van die straat is die voorval, ingeval van Katutura sê of daar ’n sjebeen naby is, en naam van sjebeen as van toepassing. Kom staan dan voor jou huis al is dit 24:00 en wag in jou slaapklere tot ’n voertuig beskikbaar is. Met die opvolg van die klagte is die antwoord: Daar is ook ander klagtes, so kan jy nie wag nie? Bygevoeg, hoe is dit moontlik dat nommers gelys word van diegene wat ander gereeld help wat nie Engels magtig is nie? Een van twee dinge gebeur: die nommer word nie geantwoord nie, of die klag kry nie aandag nie, veral by City Police. Geagte polisiehoof, dit is hoe dit is oor klagtes van Katutura, om ’n paar probleme te noem. Alle sterkte en voorwaarts mars!

Himarwa en kie. Hoe steel die rykes, lag-lag so hoera!

Ek is bekommerd oor ons dorp Keetmanshoop. Besighede maak deure toe in die Mall. “Old Mall” se huur is onbekostigbaar, nadat die middedorp verlate gelaat is om die Mall te ondersteun. Ek hoor nog 'n winkel is ook van plan om op te pak. Ja, Keetmanshoop se mense het eintlik net einde van die maand geld, maar ons probeer. Bring die huur af asseblief, sodat besighede kan bly op Keetmanshoop. "Governor" Basson, laat hoor u stem asseblief. Wil julle liewer vernielde, leë geboue sien as om verhuring bekostigbaar te maak teen ’n laer wins en die dorp aan die lewe te hou en werkloosheid te bekamp. - Bekommerde koper

Bestuurder van “ALEX 13”. Jy hoort nie op die pad nie! Vrydagnamiddag tussen Windhoek en Rehoboth weens jou onverskilligheid het jy amper 'n groot ongeluk veroorsaak.

Ek dink die Republikein is ’n verduideliking aan sy lesers verskuldig. Ek let op dat die geliefde koerant al hoe meer Engelse artikels plaas in dele soos Weekend Express (sic), Zone, Market Watch, sport-invoegsel en vandag "Manufacturing. Ek neem aan dit is kostebesparing, want dieselfde insetsels word in die Algemeine Zeitung en die Sun gesit. Ek wil maar net noem dat diegene wat die Republikein koop Afrikaanssprekend is en almal Afrikaans verstaan. Ons sal tog die Namibian koop as ons die nuus en interessante artikels in Engels wou lees?

In 20 November se koerant op bladsy 14, verwys die berig oor die petrolprys na Namibië of Suid-Afrika? Indien dit ’n berig oor Suid-Afrika is (dit lyk my so) wil ek sê is die Republikein se joernaliste so lui dat hulle net berigte spoeg en plak en nie aandui na watter land se ekonomie die berig verwys nie? (Die naam van die joernalis, verwysings in die berig soos die na bronne en die rand as geldeenheid, asook die verwysing na Netwerk24 as die bron van die berig toon duidelik aan dit is nuus uit Suid-Afrika. - Redakteur)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!