SMS'e vir 22 April 2020
SMS'e vir 22 April 2020

SMS'e vir 22 April 2020

"...die wette respekteer nie"
Mandy Rittmann
Dis nou die tyd dat enige leier soos 'n paal bo water moet styg en staan! Of hoe?



Swapo het weer 'n groot partytjie gehad van koeksny en saamkuier en die president was ook teenwoordig ten spyte van die inperking. Foto's word wyd in die media versprei. Dit moet in koerante geplaas word, sodat die nasie kan sien hoe die president en sy meelopers nie hul die wette re­spekteer nie. Dis 'n absolute skande.



Swapo se feesviering: Dis seker die president se swakste voorbeeld nog. Wat het ons besiel om hom te herkies as president?



Amidts the Covid-19 pandemic our government continues with the circus! 60 year anniversary of Swapo contravening the lockdown rules they, our honorable leaders, themselves made and did not adhere to! Are these rules just for us the dumb citizens? Are the government and specially our leaders excluded from these rules? Why are normal citizens fined, harassed and the economy brought to a standstill but the mighty Swapo elite is excluded or do they think they are immune against the virus? Even our ex-presidents and ex-ministers are invited to the party (vulnerable group of elders!) and no social distancing is practiced? Is this leadership by example? It's a joke! This belongs into a circus! The president and his group of party goers should immediately go into self quarantine after they all are being fined! The circus just continues in our beloved country! - Concerned Clown



Ek kan dit nie glo! Ons president staan by 'n reusekoek op 'n Sondagmiddag en vier fees, terwyl ons gehoorsames tuis bly en die reëls gehoorsaam. Daar is baie mense wat by hotelle afgedank is, baie mense het honger in hulle huise, maar die president en sy mense vier fees, terwyl 'n virus aan ons land se deur klop. Pateties.



Ek wonder maar net of dit 'n goeie besluit van minister Shiimi was om geld aan mense uit te betaal. Myns insiens, moes ons eerder kospakkies van N$750 opgemaak het en dit aan mense uitgedeel het. Ek weet van mense wat geld ontvang het en nie 'n sent spandeer het op kos nie. So die geld het nie die hongerprobleem opgelos nie.



Jy werk in 'n bar, die president besluit ons moet by die huis bly weens Covid-19, maar nou is ons nie geregtig op die N$750 van apparently is jou naam en ID verkeerd, maar die smokkelaars, pillekopers en drinkers kry dit. Ons salarisse word minder gemaak, maar die leeglêers verdien dit. So, ek is fed-up vir onregverdigheid. Geld dit dan nie vir ons wat af gelê is nie?



Pronto, ek het slegte nuus vir jou. Dit is die drywers wat die ongelukke maak, nie die voertuie nie. Ons het in hierdie land seker die stupidste en onbedagsaamste drywers ter wêreld en dan nog die lagwekkendste en domste verkeersamptenare ook. Een lig my onlangs in oor my GPS: Dat ting in the sky he notso good. Hy reken sy spoedapparaat is akkurater.



Ek sien iets goeds in die dun ­Republikein. Die lockdown het dit veroorsaak. Daar is nou minder bladsye met grufoto's van die slagting op ons paaie.



50%. Ek moet my huur betaal, ek moet kos koop, ek moet my kinders se opvoeding behou, ek moet my meubelrekening betaal. Daarby moet ek nog LBS/Tax betaal oor die N$800. Ek werk in die privaatsektor, (toerisme). Op die einde van die dag sit ek tussen (1 500-3 000). Waarheen is dit op pad? Government, help asseblief!



Mense, voordat julle moeite doen om in die siviele hof te gaan verskyn op datums wat reeds vasgestel was voor lockdown. Doen eers navraag asseblief. Alle verrigtinge in die siviele hof by Katuturahof is vanaf 3 April gekanselleer tot verdere kennisgewing. Ek wonder net hoekom die prokureursfirmas ons nie ingelig het nie. Hulle het dan ons kontakbesonderhede en dit nadat ek hoeveel geld moes spandeer om daar uit te kom.



Ons wil namens al die inwoners van Senior Park die volgende instansies bedank vir die bystand in hierdie moeilike tyd: Gondwana Collection, Farm to Folk, NG Kerk Pionierspark, Meals on Wheels en Bakpro. Ons waardeer u goedgunstige donasie en bystand baie. Baie dankie, die opsigter, Senior Park.



Die profeet uit Afrika het iets gesien. Toets gerus die jet fuel (vliegtuigbrandstof) die rooi, geel en wit embleem, moontlik skuil die monster, Covid-19 daarin. Laat weet ook vir dr. Japie van Zyl van Nasa hy praat Afrikaans. Groete.



Ag kom asseblief MultiChoice. Ons sit ingehok by ons huise, julle laat weet net almal fooie gaan weer op. Great man, maar vir afgelope 6 maande is ek nou al moeg vir Spiderman, King Kong, Batman en Jason Bourne, en en en. Hoeveel herhalings nog. Pateties!



Môre mense van ons mooi land, Namibië. Ek soek hulp asseblief, met beddens vir kinders en grootmense plus hangkaste en wat ook al u vir my kan gee. Wat u nie meer gebruik nie en wat in u die store of die garage hou. Asseblief, my nommer is 081 267 6272.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!