SMS'e vir 24 April 2020
SMS'e vir 24 April 2020

SMS'e vir 24 April 2020

Ronelle Rademeyer
Sies vir die Swapo-kamerade wat dink hulle is bo die wet verhewe! Terwyl die res van die land in lockdown gedwing word, ringkink hulle net soos hulle wil! A nee a, wat 'n voorbeeld. Hulle moet vervolg word!



Mag ek asseblief vra dat daar meer toetsapparate aangeskaf word, sodat daar meer mense vinniger getoets kan word, ook in die Suide. Teen die tyd dat u hulle daar onder by die Suide uitkom, is almal al besmet. Om sekerheid te hê is beter as om met onsekerheid te leef. Daar moet nie voorkeur wees nie, ons is almal Namibiërs.



Siende dat die president verhewe is bo vervolging (doen wat ek sê, nie doen wat ek doen nie) moet die opposisiepartye maar as die parlement weer open, hom in 'n staat van beskuldiging plaas?



I want them to apologise for the outrageous behaviour of the president and leaders while the Namibian nation suffers. Shameful! – Frieda



Swapo se party. Stupidity rules!



Ek wil bittergraag weet waarom mag siek Angolese hier mediese hulp kom ontvang, terwyl ek met iemand leef wat 'n operasie moet kry wat weens Covid-19 onbepaald uitgestel is. Waarom mag sommiges party hou en geld daarop mors? Dan word alle tydskrifte nie toegelaat nie. Dit nies en proes nie, dit word in Namibië gelewer in verseëlde plastiekpakke en kan nie iemand besmet nie. Waarom, o waarom die inkonsekwentheid? - Marlene Leeslus



Padwerke moet ook essential ­service wees. Imagine, as die pad nie geskraap word vir die res van die jaar nie. Aranos Council sal julle my motortjie regmaak, dit is oud en geroes, maar kos klomp sente om dit reg te laat maak. Ek weet nie vir wat het julle die berge in die pad opgesit, wat julle speedhumps noem nie. Wie ry dan nog vinnig op die lelike paaie? En niemand ry oor daardie goed nie etse, almal ry om dit. Nou wat is die use, ha?



Ek is 'n pensioenaris en kwalifiseer ook nie vir N$750 grant nie, vir kospakkie. Mense wie se water af was, is gratis aangesluit vir 'n maand. My waterrekening is N$1 160 die maand. Nam-regering, NamWater en dorpsrade hoe het jul by die som uitgekom? Kon jul regtig nie vir ons wat betaal vir water N$2 per kiloliter afslag gee?



Ek kry 'n resep by 'n bobaasbakster, wat vir jare lank elke dag suksesvol was met sy bakkery. Ek gebruik daardie selfde resep, maar ek kry nie dieselfde resultate nie. Nou gee ek elke dag die bobaasbakster skuld, omdat my resep nie slaag nie? Ek vra maar net, na 30 jaar?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!