SMS'e vir 24 Julie 2020
SMS'e vir 24 Julie 2020

SMS'e vir 24 Julie 2020

". . . onsin en wreedheid . . ."
Mandy Rittmann
Ons het nou die sewende sterftegeval in die land as gevolg van Covid -19. Kan Minister Shangula asseblief vir ons vertel hoeveel persone sedert begin Maart aan tuberkulose, Hepatitis en malaria gesterf het?

Vanaf 5 Mei dra almal dan maskers en sanitise orals. Hoekom styg die Covid-19 getalle dan? Verduidelik asseblief.

Troetelbobbejaan: Diere soos aasvoëls is afhanklik van die karkas. Watter onsin en wreedheid. Baie mense in hierdie land voldoen aan bogenoemde beskrywing. Ek hoop die SPCA gaan optree teen die mens wat hier die finale besluit geneem het.

Ek is tot in my diepste wese geskok en hartseer met die genadeloosheid van die ministerie wat verantwoordelik is vir die moord op Jack. Die blatante wreedheid en gevoellose optrede kan nie gekwalifiseer word deur sogenaamde protokol nie. Die natuur kan nie sy gang gaan nie, selfs ’n heining belemmer dit.

Klein Jack, hoe de hel! Barbaarse owerheid.

Baba-bobbejaantjie: nog ’n onskuldige baba vermoor deur magsbehepte MET-kaders. Hoop julle slaap warm. My God slaap nie.

Aan die mense wat Jack gered het, my innigste meegevoel. Ek weet hoe dit is om ’n baba te red en dan word dit weggeskeur van jou deur die outoriteite wat geen emosie, compassion of kyk mooi na die woord - menslikheid - toon nie.

In dieselfde koerant waarin oor die moord op Jack die bababobbejaan gerapporteer word, word die berig van die verkragting en dood van ’n twee weke oue baba gepubliseer. Ek dink mese moet bietjie nadenke doen en besin oor hul integriteit, morele en menslike waardes.

As jy nie vir jouself kan sorg nie, moet dan nie ’n kind kry nie. Die regering moet uitwerk wat kos dit om ’n kind te onderhou. As jou salaris nie genoeg is nie, dan mag jy nie ’n kind kry nie of dan moet die kind maar aangeneem word of geaborteer word. Dis al manier hoe ek sal stem vir aborsie. – Heini

Aborsie deur ’n sekulêre staat goedgekeur verander niks nie aan die feit dat die sogenaamde 90% Christene hulleself aan die Woord moet meet, eerder as die skewe redenasies van die samelewing. Gaan agterstraataborsies nou verdwyn, of gaan die prys van wettige aborsies dit nog steeds noodsaak? Aborsieklinieke word die nuwe goudmyn.

Wreedheid is die ergste sonde. Die warmste vlamme in hel wag op die beamptes wat die weerlose bababobbejaan vir die jakkalse gegooi het. - P.B. Pieterse

As ’n twee weke oue baba dood verkrag word, noem die wese ’n ondier, want geen dier het ooit so iets gedoen nie. Ek wil nie die wêreld deel met so barbaar nie.

FishRot people who stole from us. Thank you Judge for not granting them any bail. We will deal with them.

As alle belastingbetalers se persoonlike belasting na 30% en alle besighede s'n na 40% verhoog word, sal die ekonomiese krisis in Suid-Afrika en Namibië na vyf jaar iets van die verlede wees. – Zalymann

’n Groot, nederige reus van Rehoboth het sy laaste asem uitgeblaas. Rus sag Theo Diergaardt. - Kruisman van Kalkrand

Een van die redes waarom Afrikaans besig is om veld te verloor in Suid-Afrika en miskien ook hier, is omdat sommige mense dit te tegnies en wetenskaplik wil maak. In Engels praat ons van Chief Executive Officer. Waarom moet dit nou in Afrikaans uitvoerende hoofbeampte wees en nie hoof uitvoerende beampte nie? Los maar die wetenskaplike, tegniese en miskien taalkundig korrekte verduideliking. Dit doen nie Afrikaans ’n guns nie.

Ministerie van buitelandse sake. Sestien gebore Namibiese burgers wat 8 jaar plus diensjare agter die rug het by dié spesifieke maatskappy word retrench gedurende Covid-19-lockdown. Iemand van Zimbabwe, 4 jaar in diens, en ’n manspersoon met Duitse burgerskap wat slegs 14 maande diens gelewer het, word nie retrench. Hoe werk dit? Uitlanders kry voorkeur bo Namibiese burgers?

Kan die munisipaliteit van Keetmans nie iets aan hierdie stand van sake doen nie? Dieselfde manager wat privaat planne teken, moet ook die planne afteken en inspeksie doen? Nee wat, mense. Daar sal geen verandering in die dorp kom nie. Ons hou maar aan bid en hoop sonder ophou.

Praat van menseregte. Het die klein babadogtertjie van slegs 2 weke geen reg gehad nie? Sy kon nie eens vir haarself praat. Sy het sonder enige sê in twee monsters se hande beland. Ek voel niks vir hulle nie. Ek is ’n ouma van 70 jaar. Ons verwag die Vader moet ons deur hierdie stryd teen corona bystaan, maar hoe dwaas: ’n onskuldige Engeltjie in die hande van 2 monsters wat ouers behoort te wees. Kyk na die hele wêreld. Die gemors waarin ons sit en ons verwag genade, terwille van daardie baba se mensereg. Ek smeek bring die doodstraf terug.

Excellent service from Erika Koen at Medi Clinic Branch in Windhoek. Her attention to detail, great communication skills, readiness to serve and smile made the experience better than I expected. Also, Beverly you too went beyond your duties. - #Iamthankful

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!