SMS'e vir 24 September 2020
SMS'e vir 24 September 2020

SMS'e vir 24 September 2020

"...die regulasies publiseer..."
Mandy Rittmann
Mnr. Ben Nangombe verwys na die wet wat voorsien vir N$100 000 of 10 jaar tronkstraf aan sogenaamde Covid-oortreders. Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste moet natuurlik die regulasies publiseer, maar om ’n Namibier 10 jaar tronkstraf te beboet ter wille van ’n masker, moet aanskou word as moedswillige skending van menseregte. Dit is baie maklik om na die wet te verwys, maar Ben Nangombe moet onthou apartheidregulasies was ook wetting en die volksmoorde op Nama- en Hereromense was gedoen deur middel van wettige proklomasies.

Die uitvoerende direkteur Ben Nangombe, die minister van justisie, Yvonne Dausab en adjunkminister van gesondheid, Esther Muinjangue is nie beïndruk met die gedrag van die Namibiese volk vandat die land oopgemaak is nie. Almal verwys na die woorde van president Hage Geingob. Ongelukkig is dit so, dat pres. Geingob alreeds twee keer ’n Covid-oortreder was gedurende die lockdowns, aangesien hy nie beheer kan uitoefen oor sy partytjie drange nie. Eers was dit met Swapo se 60 verjaarsdag en dan sy eie verjaarsdag. Is daar dalk nie ander voorbeeldige leiers wat as rolmodelle gebruik kan word nie?

N$100 000 boete vir nie masker dra? Is jy mal? Gaan sien dringend jou sielkundige asseblief met jou probleem. Hy sal jou ook inlig dat maskers ’n grappie is en meer nadelig as voordelig is vir jou gesondheid. As maskers vir enigiets gehelp het, sou ons dit al jare lank vir ander siektes ook gedra het.

Mnr. Ben Nangombe die uitvoerende direkteur van Gesondheid en Maatskaplike Dienste (MOSS) sê hulle was kwydgeskel gewees tydens Covid-19 van normale verkrygingsprosedures. Mooi, nou weet ons waar die Covid skenkers gelde heen is, sonder dat rekenskap daarvan gegee hoef te word. Niks nuut in die Afrika konteks. - SAP&H

ACC is dragging the Fishrot case on purpose so that the terrible culprits can go free in December so that higher government, officials don’t get exposed when they start spilling the beans.

Telecom, new server and three day installation. Now on the fourth day still unable to connect to the mail or any web page explaining the situation or the help desk. Does the beeping phone mean everything under control?

Ek soek tog iemand wat ’n graad 5 leerling van Gymnasium, kan help met Wiskunde ons bly in Kleine-Kuppe, maar as u nie daar bly nie, ons kan praat. Kontak 081 245 2377.

Ek soek tog na interlocks of stene en sink wat u nie meer gebruik laat weet. Kontak 081 327 6192.

Wie kan my help? Ek is ’n pensioenaris, woon op Okahandja en soek wit zebra vinkies te koop! Skakel my by 081 406 2427 asseblief as u kan help.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!