SMS'e vir 25 Augustus 2016
SMS'e vir 25 Augustus 2016

SMS'e vir 25 Augustus 2016

“. . . slegte bestuur van belastingbetalers se geld.”
Gerine Hoff
Onderwysers se 5%-verhoging. Aan die een kant moet ons maar deesdae bly wees ons het ’n werk . . . Maar dis tog om van ontsteld te raak. Ons staat mors so baie geld, dis tog net slegte bestuur van belastingbetalers se geld. Mens hoor net altyd van miljoene der miljoene wat verdwyn. Vat nou die uitstaande skulde van die studente. Hul praat van N$375 miljoen! Weet nie hoe kom hul by sulke vreeslike syfers nie. Ons is maar ’n skamele 2 miljoen mense. Laat jou dink . . . miskien moet die hele lot afgedank word?

Ek sal wil weet wat het min. Shaningwa en “governor” Esme Isaacs nou te sê oor RHB-dorpsraad wat moet gegaan het om reëlings te tref met NamWater dat dorp se watertoevoer nie moet gesny word nie. – Great uncle RHB

Min. Tweya, dit is nie waar dat GRN net ’n 5%-verhoging kan bekostig nie. ’n Paar maande terug het jul MP's ’n verhoging van meer as 5% gekry! Ek stem met Nantu en die onderwysers: staak vanaf 1/9.

Minister van finansies, gee asb. werk vir die Struggle Kids by die inkomste kantore. Ek dink hulle sal meer bevoeg wees. Pateties.

Belastingkantoor is vinnig om te sê ’n mens skuld hulle geld, maar verloor dokumente wat aanmekaar met ontvangstempels weer en weer ingedien moet word, maar geen aandag kry nie. Verwyder die hoof van die kantoor, want hy is nie bevoeg om in beheer te wees nie. Dinge raak net al hoe erger en om erger te wees as die meester van die hoërhof is baie erg. – Opgesukkel

Kan die mense wat groot plase het wat so kla dat van hulle diere soos renosters, olifante en ander wild wat gestroop word, nie asb. tog werk skep vir die oudsoldate om die plase te patrolleer nie? Want dis tog ook mense wat hard geveg het vir die land en nou so swaar kry sonder werk en wat ’n verantwoordelikhede het met gesinne. Ek vra maar net.

Ek stem heelhartig saam met van-die-hand-tot-die-mond se gedagtes rondom NEEEB. Rassisme? Ja, mens wonder ernstig daaroor. Diskriminasie? Wel, min of meer verseker. Ek wil die volgende ook daarby voeg. Margaret Thatcher het gesê: “The problem with socialism is that eventually you run out of other peoples’ money.” Beslis iets om oor na te dink.

Ons in die Hardapstreek wil weet om water rede is daar ’n “special advisor” vir die “governor” aangestel? “You are there to advise not fight your leaders.” President, doen asb. iets.

Hoe verstaan jy die wet? ’n Vrou word met panga binne in haar huis gekap en sy verdedig haar en 2 kinders teen ’n wrede lafaard wat vroue aanval en hulle wil haar van poging van moord aankla? Hy het met doel gekom en wou nie pizza aflewer nie. As sy nie geskiet het nie, was hulle seker almal dood en hy op N$1 000 borgtog uit.

Keetmans-staatshospitaal se treurmares: Lyk my niemand by die ministerie van gesondheid plaaslik sowel as by hul hoofkwartier in Windhoek is van plan om hul gesindheid jeens buitepasiënte by ongevalle te verander nie. Hoe kan van oumense wat moeilik beweeg verwag word om 3 dae agtermekaar taxi te ry net dat ’n dokter 3 maande se voorskrif kan uitskryf? Hoekom kan die hoof van Keetmans-hospitaal wat in die stofstrate van Tseiblaagte grootgeword het, nie uitkom uit sy gemaksone en ten minste net die medisyne-herhaalproses onderneem om sodoende die druk op sy mededokters te verminder nie? – Hippokrates

Nolliets (kennis) Katti moenie aan ons kosbare seebodem vatti - dissi ’n matti! Gaan suig saam met die anner vet katte aan die droë GRN-tepels. Ons hettie vergeet van Kombatti. – Oupa Peet

Hoe werk dit? Ek gaan Maandag 22-08-2016 Rehoboth Town Council toe, wil my waterrekening van N$700 betaal. Sisteem is af – af soos in af. Vanoggend word my water kom sny. Is dit reg? Ek is moeg vir skelmgeit by Rehoboth Town Council. God leef. Dis al wat ek sê. Hulle soek geld om vir NamWater te betaal. Sies! En verander julle gesindheid asb.

Ek wil net dankie sê vir Joos Platt vir sy pragtige huldeblyk by die begrafnis van wyle oudkollega Jakkals Uirab. Dit was treffend. Ek is ook bly dat ou SAP-lede mekaar ondersteun. Ek salueer jou.

Afrikaner, maak en eet jy biltong? Bak en eet jy beskuit? Eet jy souskluitjies en afval? Dra jy kortbroeke en vellies? Dan is jy waarskynlik ’n Afrikaner, maar dit klink nie of jy een wil wees nie. As jy ’n volbloed Afrikaner is, sal jy vol trots wees op jou herkoms en nie nodigheid hê om so ’n vraag te vra nie. Dalk het jy alles net aangeleer omdat dit so lekker is? Afrikaners het nie ’n tuisland nie. Sou ook lekker gewees het as ons ’n plek kon hê waar ons armes kon bly. – ACMC

Councillor R. van Staden, u is ’n dapper vrou, ’n ware Namibiër wat nooit ’n bord kos of ’n botteltjie koeldrank alleen sal kan eet of drink nie, ’n vrou wat uitsien na ontwikkeling. Hou aan met die goeie werk en drome. – Kalkrander

Ons in Tollastraat Greenwell Matongo “suffer” onder die hande van die kriminele omdat daar nie CCTV in Tollastraat is nie. Ons goed word gegryp en in Evelinestraat ingehardloop. “City of WHK, City Police”, mnr. Kanime, dankie vir daai CCTV in Eveline, maar nou doen hulle in Tollastr. Jy kan na 6 nie daar loop nie, of jou goed word gegryp. Laat patrolleer tog in Tollastr. Ek was ’n “victim” op 21 Augustus. Asb., doen vir ons iets. Dis ander suburbs se tsotsies wat dit kom doen.

Wat ’n wyse vrou is Maria Kapere nie! President Geingob kan gerus haar mening in ag neem betreffende die NEEEB.

Geen logies denkende mens kan verstaan hoekom ons regstelsel dit verbied om jouself te verdedig teen misdadigers nie. Moet ons Namibiërs nou staan en wag dat ons almal doodgemaak word deur gewelddoeners wat geen respek het vir ons lewens, ons wette of die landsvrede nie? Kan ons asb antwoorde kry op hierdie onredelike wette wat kriminele beskerm?

Liewe sukkelaar met boedel van Keetmanshoop, dit is pateties met die meesterskantoor. Hulle ken nie hul werk, hulle gee nie om. Niemand evalueer hulle nie.

ACC kom stel asb ondersoek in. Mense wat alreeds plase besit en ook resettlement plase ontvang het, is die einste mense wat nie wil betaal of padgee van Keetmanshoop se dorpskampe af nie. Hulle sit al jare en wil nog ’n leeftyd sit. Wat van die res van die gemeenskap? Is dit nie “land grabbing” nie?

Ek was 24 jaar oud toe ek goedkeuring vir ’n burgererf in Rehoboth gekry het. Ek nou 52 jaar oud en het weer vorms gaan invul om hopelik voordat ek tot sterwe kom, die erf te kan kry. Wat is die probleem? Sommige wat meer invloed gehad het of familie van beamptes was, het jare gelede al erwe gekry. En sommer verkoop en weer gekry. - Basil Rickerts

Minister van Finansies, in die verlede as jy met ’n tjek betaal het en dit het eers 2 weke daarna van jou bank af gegaan, is jy nie gepenaliseer nie. Nou met internet banking word jy met 10% per dag gepenaliseer as dit eers die volgende dag op jou bank verskyn, maar jy het op “due date” betaal en jou “return submit”. Dit is verskriklik. ’n Mens kan nie byhou nie.

Who prepared that letter for Dep Minister Muharukua? It’s not only the English but also Minister is misspelled as MINITER. What’s the role of secretaries? It’s embarrasing.

Daai persoon wat wou weet of Donald Trump enige politieke agtergrond het of nie. Hy het dit nie nodig nie; hy moet net kan lieg en geen gewete hê nie, dan is hy net so gekwalifiseerd soos enige ander politikus.

Waar en by wie kan mens kla oor die ontvanger van (my) inkomste. Al ’n jaar besig met my oudit en kry net nie klaar nie. As die betrokke amptenaar nie op studieverlof is nie, kom hy nie sy afsprake met my boekhouers na nie, daag glad nie op vir werk nie. Lekker!

Die Kruisman is nie skisofrenies of mal nie. Ek het my kop verloor. Christus is my kop. Ek is net die liggaam.

Verlede naweek het RHB se padvarke hulself letterlik gate uit geniet. Hulle spin en tol dat die gate sit en slote lê. Dan kom jaag ’n padvark taxibestuurder jou van agter van die pad af en storm oor ’n rooi verkeerslig in sy haas om sy passasiers by die sjebeen te kry. Vanaand is dit die donderende gedoef-doef wat hulle musiek noem. Dis net ’n geblêr en gedonder die heel nag.

My vraag is hoekom gaan jy kerk toe as jy met vuil gedagte moet gaan sit teenoor jou naaste? In die boodskap van Sondag in die AME Kerk was so duidelik gepraat van naasteliefde. Die feit laat jy sleg dink van jou naaste beteken jy sondig klaar en moenie ’n fout maak nie, beaam laat dit gons in die kerk, ek los dit net daar. Ondersoek jouself, wat het ek gedink of sleg gesê teenoor my naaste? Ai, moenie laat ek name noem nie. Huiswerk vir jou.

Die persoon wat raad gegee het oor hare wat uitval, ek wil net weet of die Bergamot Bayrum en Placenta in sjampoe gegooi word en is daar nie raad vir hare wat afbreek nie?

Christen-gelowiges, laat ons nie moedeloos word oor dinge wat in ons land verkeerd is nie, want God is in beheer. Denominasies sal seker ook tot ’n val kom, maar God almagtig is nog dieselfde genadige en liefdevolle God. Kom ons stry teen sonde en bly biddend. Kom ons doen alles tot eer van God, soos om kinders reg groot te maak of om veilig te bestuur, om net twee dinge te noem. Ek weet nie wat Harambee beteken nie, maar ek weet dat God nooit teleurstel nie.

Wil net baie dankie sê vir Joseph by MTC Olympia vir jou vriendelike hulp en geduld aan 2 snr dames. Ander kan by jou leer. Jou diens spreek boekdele van die tipe persoon wat jy is en jou ouers kan trots wees op jou. – 2 x snr tannies van Windhoek

Aandag asb. Ek soek iemand wat my kan help met voer wat ek wil koop vir my arme 2 beeste wat gelam het, maar nie opstaan nie. Ek het gehoor van voer wat uit Windhoek kom wat help vir sulke beeste. – 081 402 6763

Otherwise vervoerdiens van Khp, dankie vir jul goeie diens en vriendelikheid. Moenie ophou om goed te doen aan ander nie. Hou so aan.

Ek wil baie dankie vir die dame by Uncles Take Away in Bethanie sê vir haar glimlag, vriendelikheid en behulpsaamheid.

Ek is op soek na die dame wat Saterdag op Damara/Nama oor die “container” huise gepraat het se selfoonnr. asb.

Waar kan ek Javic se CD, Jawe, kry asb.? My nr. is 081 425 2204.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!