SMS'e vir 26 Januarie 2018
SMS'e vir 26 Januarie 2018

SMS'e vir 26 Januarie 2018

“. . .reg bestuur word,”
Mandy Rittmann
Ek wil net mooi vra. Moenie die wilde perde ’n Esidimeni-geval maak nie.

Zenobia Seass het ’n verskriklike daad gepleeg en moet na behore gestraf word, maar wat van die honderde duisende mammas wat jaarliks hul ongebore babas aborteer/vermoor?

Waarom leeus en gevaarlike diere hervestig in boerderygebiede? Die bestaande parke moet reg bestuur word. As ’n sekere spesie te veel word, moet hulle verkoop of tot niet gemaak word. Nie na ’n boerderygebied oorgeplaas word nie. Wat doen ’n boer as sy vee te veel word? Hy verkoop dit! Bestuur die parke reg en voorkom dat daar te veel van ’n soort is. As leeus of gevaarlike diere op my plaas hervestig word, sal ek hulle skiet.

Geagte skrywer, rondom die verkiesing van ’n Kaptein in Rehoboth. Ons wil nie meer ’n Kaptein hê nie. Kom ons gee ons aandag aan ons gesinne.

Die moordenaars wat voertuie vanaf ’n brug naby Rockey Crest met klippe bestook: Die polisie kan mos planne maak en dit verfilm. Dan kan dit moontlik ’n hele paar rand maak in die fliek! Die meeste verkeersligte se gloeilampies is vrek vanaf 2017 af; karre jaag op die westelike verbypad, taxi's mors op soos hulle wil! Die meeste van hulle onpadwaardig. Namibië gaan agteruit. Ons hoofstad lyk binnekort soos Swaziland ("Pot-hole status"), maar die ministers en ander hoë politici se monde, oë en ore is toe. Na 27 jare regeer dieselfde afgeleefdes nog. Here, wees ons arme sondaars genadig!

Hoekom kan almal nie verplig word om in besit te wees van ’n geboortesertikaat en ID op 18 jaar nie?

Ja so, almal is "upset" oor plastieksakke! Wat van leë bierbottels wat oral stukkend gegooi word? Moet die brouerye nie ook daarvoor verantwoordelik gehou word nie?

Dirk van Zyl, ek drink ’n dop, maar ’n misdadiger is ek beslis nie. Is jy ’n engeltjie? Indien nie, sê my hoekom nie. Is daar nie ook maar iewers ’n snaaksigheidjie in jou lewe nie? Pasop vir oordeel, ou maat.

So if a settlement (Okalongo) or town is filthy, dirtywe blame the administrator or municipality for not taking responsibility for the cleanliness! Who takes responsibility for the filth and dirt? Stop littering, messing and expect others to clean after you.

Anti-leeu boere, vat jul goed en trek. Julle mense het die arme leeus se wêreld oorgeneem. Hulle verstaan nie en waarheen moet hulle nou eintlik gaan? As dit van julle afhang, sal daar nie meer leeus oor wees nie. Sies vir julle! Kyk hoe beskuldig julle die boere en Duitsers dat hulle jul grond gesteel het. Kan leeus praat?

Ja, die leeuskande in Damaraland het toe ’n snaakse nadraai. Eerstens wyfie was dragtig en tweedens ’n luiperd is ook in die gedrang, so die boere moet eers hulle feite regkry voor die leeus blameer word en uitgeroei word.

Beheer hiënas. As die perde weg is, wat volg dan, volstruise, springbokke? En dan trek hulle weer die plase in en dan is dit weer die boere se probleem.

Perde was voor hiënas daar. Skiet hiënas vrek!

Asseblief minister van onderwys, kuns en kultuur, help op Gochas. Dronk en onbekwame onnies is die probleem by ons skool. Weg bly van skool na die 20ste ’n gewoonte. Asseblief, nie 2018 ook. Help ons asseblief!

Baie dankie, dat een van ons geëerde Afrika-leiers die waarheid onomwonde erken. Dit spreek positiewe boekdele.

Donald Duck/Dumbs name calling is typical of a school yard bully. Makes one wonder about his fan club.

Hoekom is daar nooit enige berig of foto nie van Namibië se vroue "indoor"-hokkie span wat vandag vertek na Duitsland om ons land te gaan verteenwoordig by die Wêreldbeker? Is dit net rugby en sokker wat belangrik is? Dit is net in die Namibian waar daar ooit iets oor die hokkie is.

Ek wil asseblief die ouers wat kinders by WHS oplaai gedurende hul etensuur, vra om nie in die ryvlak binne die skoolperseel te parkeer nie. Daar is genoeg parkering. Julle veroorsaak geweldige ongerief en verkeersopeenhopings, soms tot buite in Sam Nujoma-weg. Dankie.

Ek dink die Chinese vat ons vir ’n "ride"! Dit is hoog tyd dat die regering die nasie inlig watter voordele die groot getalle Chinese vir ons land inhou as hulle nie eers bereid is om ons vleis in te voer nie.

Ek het my graad 12 Engelse handboek en Business Studies. Indien u belangstel, kan u my hier kontak - 081 348 5553. Die boeke is nog in ’n goeie toestand.

Ek vra maar net of daar iemand is, of die Reserwe Bank van Suid-Afrika, wat na hul ou randnote soek. As daar seker iemand is antwoord met u nommer, dan kan ek vir u bel. Dankie.

Hi, ek is tog op soek na ’n stootkarretjie “second hand”. As u het, bel my tog by 0812452377.

Ek het die volgende handboeke, nog in ’n baie goeie toestand: Grade 4 Social studies, Natural Science, Mathematics and Grade 6 Natural Science. - Riekie, 081 272 3401

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!