SMS'e vir 26 Maart 2021
". . . daagliks duurder . . ."
Dit is nie net sekuriteitsmense wat vyf jaar laas verhoging gekry het nie. Bekende maatskappye in Windhoek se personeel het ook langer as 5 jaar gelede verhoging gekry en dis gevestigde maatskappye. Daar is belowe dat die salary cuts met Covid, wat maande was, aan hul terugbetaal sal word, maar daarvan kom ook niks. Alles raak daagliks duurder, maar werkgewers kyk maar net ander pad, want hul het mos nie worries om kos op die tafel te hou nie.
Ben Nangombe sê oor ons kritiek oor die tender vir entstowwe dit kom van mense wat nie die markte verstaan nie. Namibiërs verstaan egter van korrupsie en dié was duidelik nóg ’n poging deur die regerende party.
Ben Nangombe re die herrie wat losgebars het rondom ’n middelman vir die verkryging van Covid-entstowwe. Die ministerie se waardigheid en integriteit word bevraagteken... Rêrig?
Die nuwe robots by Avis veroorsaak chaos soggens. Die verkeer het baie beter gevloei voor die nuwe ligte en ook toe dit net rooi geflikker het. Mense raak ongeduldig en raak dan onverskillig.
Die drywers van munisipale busse moet aangepraat word. Hulle ry baie onverskillig.
Minister van Gesondheid, wanneer gaan jy ophou verduidelik en iets doen?
Baie dankie Pick n Pay vir die pensioenarisafslag elke Woensdag op aankope. Komaan Checkers, Spar, Shoprite en U-Save en al die ander winkels!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie