SMS'e vir 27 Junie 2019
". . . ons moet anders wees . . ."
Home Affairs en paspoorte. Ek kan nie verstaan hoekom moet Namibië die wheel re-invent. Vroeër was ons paspoorte 5 jaar geldig en kon nog 5 jaar verleng word soos wat oral in die wêreld gedoen word. In party lande is ’n paspoort uit die staanspoor 10 jaar geldig, maar nee, ons moet anders wees en gereeld uit voorraad van nuwe boeke raak. Tipiese geval van “o gaats” het nou net die laaste stukkie toiletpapier gebruik, ons moet gou-gou bestel!
Dis darem onverstaanbaar dat ’n Namibiese burger 30 jaar probeer om ’n afspraak met ons president te kry en ’n miljardêr kry dit binne ’n rekordtyd. Laat mens wonder waar ons president se prioriteite lê, of is dit geld wat stom is wat praat?
Ek het vanoggend Tanja se artikel in vandag se uitgawe gelees en my hart het omtrent gebloei vir die kindertjies. Dis tog so 'n jammerte dat jong meisies en vroue nie dink aan die lewens en toekoms van die onskuldige kinders wanneer hulle al die kindertjies kry nie?
Ai, bring jy nou sewe onskuldige kinders in die lewe, sterf en oupa en ouma moet versorg. Na ’n paar jaar sal daar seker 10 persent van ons salaris geëis word, want geen geboortes word beperk nie. So armoede sal net groter word.
Ja, Tanja. Daar is goed soos kondome. Gaan vra vir Geingob, of waar is die GIPF se 660 miljoen?
As na die paspoort-chaos gekyk word, dan is dit verteenwoordigend van hoe dit met menige staatsdepartemente gaan. Swak diens, swak administrasie om die paspoortvoorraad so leeg te laat loop. Bestel betyds ’n voorraad paspoorte. Moenie krisisbestuur voortdurend toepas nie.
Belaglik! Houtoeste berus op misverstande. Eers na koerante begin skree het, het die regering begin reageer. Moet ons hierdie leuens glo? Politici se kinders gaan ook in die toekoms in ’n land bly wat gestroop is van hulpbronne. Kap woude af vir twak en werkgeleenthede. Kan ’n mens sulke nonsens glo?
Waar is gender equality se mense nou? Hulle het kamma net simpatie as ’n kind of vrou dood gemaak word. Help vir oupa en ouma Swartz en spoor die kinders se pa’s op. En kla hulle aan vir onderhoud.
Nou verstaan ek nie so mooi nie. Die CoW wil weer vir Kahimise aankla vir wanbesteding van openbare geld in die moeilike ekonomiese tye, maar hulle keur die koop van duur Volkswagen sedankarre goed. Waar trek jy nou die streep?
Dink tyd het nou aangebreek dat ons regering elke maand ’n staat van al die miljarde wat ons nou van Duitsland kry in al die koerante moet plaas. Ons burgers wil weet vir wat word daardie fondse presies gbruik. Onthou dit is die land se geld nie julle geld. Ons wil geen BMW’s, Mercedesse, GL’s sien nie. Ander oplossing, gee dit vir ’n privaat maatskappy wat die fondse beheer.
What a scandal! After papers being full of warnings about tens of thousands of protected trees (does government even know what protected means?) were looted to their Chinese friends and how many pockets of well connected fully stuffed, Naruseb who has no clue about sustainable forestry, says it was a misunderstanding? Seriously? Why the hell is he in a ministers position if he does not even know the forestry laws? Who is going to monitor the re-planting? And so we kill our own country’s beauty and assets, due to mismanagement and ignorance!
Ek lees die SMS van skrywer oor Lubowski-toneel. Skrywer het vergeet van advies van Joos Platt: Bly weg van die pers. Regstelling op boodskap is dat lede op toneel nie die ondersoekspan was, sou dit wees, sou daar oplossings wees. Manne wat op toneel was, was gesoute en ervare ouens. Katutura-opsporing het die varkhondeffek gehad. - Oud-kollega
Okahandja. Wanneer word wit strepe op teeroppervlaktes aangebring, veral voor ’n bekende winkelsentrum? Dit gaan weer reën en potholes veroorsaak? Dankie.
Ek wil hoor: die kos gaan op, maar die salarisse gaan nie op nie. Laat weet asseblief.
Damien by First National Bank, Swakopmund se elektroniese besigheidsondersteuning is ’n absolute ster. Baie dankie vir jou vriendelikheid en hulp. Van ’n ou tante wat bly sukkel met die nuwerwetse tegnologie.
Artikel News 24, City Press: "African oligarchs and their global networks of corruption". Die moeite werd om te lees.
Kan iemand my uithelp. Waar kan ek gaan aansoek doen waar my 5 kinders geldelik kan gehelp word? Ek sal dit baie waardeer. My lewe staan stil, dink net aan naaste uitweg is om selfmoord te pleeg. Ek probeer my bes, niks kom reg. Kinders ook baie goed in skoolwerk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie