SMS'e vir 27 September 2016
SMS'e vir 27 September 2016

SMS'e vir 27 September 2016

“. . . onderwysers weet wat hulle doen . . .”
Gerine Hoff
Onderwys. Ek betaal nie skoolfonds om onderwysers te evalueer nie. Ek doen dit om my kind geleerdheid te gee. Dis my kind se werk om op sy beste gedrag sy skoolwerk te doen. As my kind by my kom kla oor ’n onderwyser, probeer ek die saak van ’n volwassene se kant verstaan en dan weer in die lig van ek was self jonk en weet watse kanse het ons gevat. Swak rapporte is my en my kind se probleem. Ons het nie in ons jongdae al ons ou foutjies op iemand anders gepak nie. So ek weet nie hoekom ons dit nou moet doen nie. Ek glo onderwysers weet wat hulle doen en hulle doen dit goed. Presies net so doen ek my plig as ouer.

Kan stad Windhoek asseblief dringend die eerste 100 hoogste uitstaande rekeninge met name vrystel. Hulle is weer besig om by die middelklas water af te sny omdat hulle weet ons kan nog betaal. Sal baie interessant wees. Antwoord sal wees, hulle mag dit nie doen nie. “We need tranparecy please so we can see who the real culprits are”.

Otjiwarongo se munisipaliteit sal sy sokkies moet optrek as Otjiwarongo 2017 se dorp van die jaar wil wees. Vieslik vuil en slordig by noordelike ingang van dorp. Lyk al lank so en munisipaliteit steur hulle nie aan inwoners se klagtes nie.

Net een vraag aan die voornemende stakende onderwysers: Na die laaste staking en die verhoging destyds, was daar ’n merkbare verskil of verbetering in die uitslae van die leerlinge regoor die land? As daar nie ’n sigbare verandering was in die uitslae van die leerlinge nie, dan het julle nie ’n saak nie. Julle is nie opvoeders nie, maar ’n klomp saboteurs.

Ek hoop van die dorpe is skoon vir ’n stem. Geen vuil dorp kwalifiseer vir toeristedorp nie!

Govt. tenders to re-advertise - tenders already awarded cannot be cancelled, otherwise that company can take govt to court and probably win like with Dubai-like airport tender and some before that.

Otjiwarongo-munisipaliteit. Rêrig? Weet die huidige raadslede hoe werk ’n munisipaliteit? Of weet die waarnemende “CEO” hoe werk ’n munisipaliteit? Of lei die een blinde die ander blinde die afgrond in?

Wie sal ons help met die man wat ons bees, perde en donkies langs die pad so skiet tussen Keetmanshoop en Gibeon. Hy werk om ons arm te maak. Ons president, praat tog asb, want Tses-polisie help ook nie.

Kan Namfisa nie ’n ondersoekspan uitstuur om hierdie onwettige mikrolenings wat hier nou so erg aan die aanloop is in Aranos in die Hardapstreek te kom stop nie? Wat is die prosedure wat gevolg kan word om dit tot ’n stop in Aranos te bring?

Waar is “city police” by Eros “shopping centre” Saterdae as mense staan en drink by die ingang?

N120 401W, wit Golf. Moet asb. nie sigaretstompies uitgooi by jou motorvenster nie! Heel ONVANPAS! Dink aan die droë gras wat kan brand met jou stompie! Gebruik asb. jou asbak in jou motor! Dit geld vir alle onverantwoordelike rokers!

Ek stem saam met Rencia dat “councillor” Christ ’n lys moet gee van name wat gehelp is. Ons word al van Meimaand aan ’n lyntjie gehou. Noorde se mense word gehelp. Hoekom nie RHB s’n nie? Ons trek almal swaar. Of word dit volgende jaar eers gehelp, want die jaar is klaar? Stemtyd ken hul jou, ander tyd word deur in jou gesig toegemaak. Ontevrede inwoner

Geagte ouers, moenie jul kinders selfone koop terwyl hulle in die skool is nie. Hulle maak selfone hul skoolboeke; hulle gee die skoolwerke nie aandag nie. Net fone word aandag gegee. Dis hoekom hulle so druip.

Mev. in Toyota S/CAB GRN 19381. Saterdag presies 13:20 gooi jou passasier ’n Tafel Lager-bierblik uit. Kyk tog vir ons ander padverbruikers se motors agter jou.

Hoofregter Shivute sê ons regstelsel is nie voorbereid om georganiseerde misdaad te beveg nie. Kyk jy na die onlangse aanstellings by die “Office of the Judiciary” kan jy verstaan hoekom. Mense word nie aangestel op grond van kwalifikasies en ondervinding nie, maar op grond van velkleur. Geen wonder die regstelsel val inmekaar nie!

Ek is ’n pensioenaris en soek iemand wat vir my “zips” kan insit wat nie so duur vra nie. Bel my by 081 320 5492. Dankie.

Huwelik, gee tog raad. Ek was vir vele jare ’n baie suksesvolle sakepersoonlikheid en nou dat dit moeilik gaan, wil my wederhelf my skei. Dan het sy mos gelieg op ons troudag toe ons die bekende rympie agter die pastoor opgesê het en ook voor God gelieg. Help! Moet ek maar gaan of wat sê my ander lesers? Ek wil gaan - gee my ’n goeie rede hoekom ek moet bly. Ek hoor graag van julle.

Kan die NHE-huise in RHB nie aan inwoners van die dorp verkoop word nie? Het een dag gesien klomp NDF-soldate word huise gaan gewys van een van RTC se werkers. So nou die dag kry die soldate die huise te koop. Wat van die dorp se mense? Great uncle, Rehoboth

Ek is ’n inwoner van Hoachanas in Hardap “Region”. Ek wil hulp by minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Sophia Shaningwa, vra dat sy iemand stuur na Hoachanas “settlement” kantoor toe asb. Daar gaan korrupsie aan. Die “government” bakkie GRN 81480 word na vyf rond gery en laai “hikers”. Daai “driver” het die eerste kar in Hoachanas omgegooi op ’n Saterdag want hy was dronk. Nou ry hy nog die ander GRN 81480 rond. Tenders word vir die werkers se families gegee en die baas van die kantoor is alewig nie op kantoor nie. Help ons en stuur ACC na Hoachanas Settlement toe.

Hon Minister Shaningwa and ACC, are we not entitled to know what actions you’ll take to address the report by Mr. Toromba during 2014/2015. And is the Administration of Keetmanshoop the only untouchables? Please look into the finances of Keetmanshoop Municipality for 2013/2014: 2014/2015: 2015/2016

Die mense in Aus wat opgeskeep is met werkgeleenthede in Aus veral by skool. Ek dink baie onderwysers het net met gr. 12 ook ingekom en later kursusse gevolg om te kwalifiseer. Sommige het ook seker gr. 12 ook nie gehad net nie. Nie net Aus nie. Maar sodra iemand se kind gehelp word om hom ook te bewys om iets te word, sal sekere mense bohaai maak. Gun die kinders om te bewys hulle kan ook bo kom soos ander. Moedig liewer sulke jong mense aan om verder te leer om te kwalifiseer. Hou op mense wat so katterige neigings het. Die plek se kinders lê werkloos en ons wil net woorde gee. Hou op asb., moedig só jongmense net aan om verder te leer.

Why is the management committee members of Keetmanshoop municipality so slow or reluctant to act against the administration, the gossiping women and men (staff), non-stop smokers during working hours? Who instigates general workers against council? Is it not high time to ship them out? We know also about the room in which the never-ending complaints and sick stories take place. Thanx Council for the unbelievable achievements.

To all goverment officialls in the Namibian goverment: Did you know that God gave you daily a present of 86 400 seconds. Did you ever use one second to thank God daily? I doubt it, sorry to say.

Arme Namibiërs: As ek net die Republikein optel, spring ek gou op bladsy 10. Ek lees alle SMS’e. Maar luister nou. Die vraag staan so. Hoekom huil julle dag en nag oor die regering? Wie het die regering gekies? Waar het jy gekruis toe jy/julle by die stembus was? Ander partye vertel julle altyd stem mooi. Maak jou kruis op goeie party. Nou ja, daar is jul Swapo- leiers wat julle gestem het. Moenie huil nie.

ID van mnr. Rudi Innozenz van der Westhuizen opgetel. Kontak 081 470 7384.

Ingenieurs-berekenings bewys dat die spoedheuwels in Windhoek die gemiddelde voertuig N$82,75 per maand meer kos aan onderhoud soos skokbrekers, brandstof ens.

Gibeon “village council”: Ons as gemeenskap het baie probleme en daarby kry ons swaar waar julle daar is. Wat word van die gelde? Wat doen julle en waarvoor werk julle? Ons sukkel om water en krag te kry en wat kamma genoeg is, is net aan sekere lokasie gedoen. Daarna toe is dit gestop. Nou wat van ons ander? Is ons dan ook nie van die plek nie?

Daar is 3 jong mans wat in Keetmanshoop-dorp voertuie inbreek. Maak seker julle sluit jul voertuig. Hulle is ook gewapen. Die polisie weet van hulle, maar hulle doen niks nie. Pas maar op vir hulle.

Dit pla ons in Khomasdal tussen Spar en die huise. Soos mens Augustinium toe gaan, is ’n groot boom waar daggarokers sit op klipstoeltjies en dagga rook. Kan munisipaliteit daai boom afkap asb. Daar is skoolkinders, meisies wat daar verby loop en vrees daai daggarokers. Asb. doen weg met daai boom. Of werk die polisie ook saam met die daggakoppe?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!