SMS'e vir 28 Desember 2017
SMS'e vir 28 Desember 2017

SMS'e vir 28 Desember 2017

Nie 'n verdagte nie?
Francoise Steynberg
Barry Vorster se selfdoodartikel is gevul met suspisie. Mens kan skaars glo die polisie laat hierdie vrou vry? Nie 'n verdagte nie? Daar moet tog prosedure in plek wees met so iets. Die oorsaak van sy dood is nog nie bepaal nie, en hulle laat die vrou gaan bloot op die storie wat sy vertel het.

?Die sogenaamde VIP Fat Cats moet asb. in Windhoek bly. Ons soek hulle nie aan die kus nie Hulle is 'n gevaar vir ander op ons paaie Hulle is net so gevaarlik soos taxi's. Wat 'n skande. Hulle is nie belangriker as ander nie. Dit is net show off. Sies. Pateties.

?MTC beroof my en elke gebruiker van dié diens. Elke maand verdwyn N$20 uit my krediet. En nou in die week sommer ook my free SMS'e. Is dit hoe ons Namibië se kliëntediens lyk? Nee wat! Teleurgestelde pensioenaris.

?MTC, kan ons al SMS'e Suid-Afrika toe stuur? My Suid-Afrikaanse vriende sê hulle kry nie een van my SMS'e nie.

?Ek het in hierdie dae so baie gedink aan mense wie se geliefdes gedurende die jaar dood is en wat hulle eerste Kersfees met 'n leë plek aan tafel moes vier. Sterkte aan al daardie mense en mag hulle vertroosting vind.

?Siesa, die strande lyk afskuwelik ná die dronk Kerspartytjies! Dis 'n skande! Kry julle nie skaam nie? Hoe kan julle so drink en die bottels net so neergooi dat alles met glasstukke besaai is? Dolfynstrand lyk soos 'n hool!

?As toeris oor die Kerstyd in Etosha en veral die Okaukeujo-ruskamp gee ek graag 'n pluimpie aan Namibia Wildlife Resorts (NWR). Die ruskamp was netjies en skoon, so ook die toilette, en die personeel was vriendelik en behulpsaam met rye toeriste. Doen so voort!

?Padvarke, hou in jul bane en by die verkeersreëls, dis julle wat ons land se ongeluksyfer die hoogte instuur!

?Hartseer van der Merwe, jy het nou jou troos in die Hengelbonanza se prysgeld van N$40 000 gevind. Mooi kabeljou wat jy daar uitgetrek het! Baie geluk.

?Ek sien nog steeds hope voertuie op ons hoofpaaie met die hoofligte nie aangeskakel nie, selfs teen skemer. Onthou Namibiërs, dit is 'n wet dat hoofligte aangeskakel moet word. Onthou dit vir jou eie sigbaarheid en veiligheid.

?Ek hoop die vermiste Amerikaner word veilig opgespoor. Ons bid vir hom en sy familie.

?Ek ruik lont met die Suid-Afrikaner Barry Vorster se bisarre dood. Waarom vermoed die polisie nie vuilspel nie?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!