SMS'e vir 28 Oktober 2021
SMS'e vir 28 Oktober 2021

SMS'e vir 28 Oktober 2021

"...nie baie lief..."
Mandy Rittmann
Psemas-lede wat pensioenarisse is, hoe sal ons kan bekostig om eers die tandarts te betaal en daarna van Psemas te eis? Moet ons dan sonder kos gaan, totdat Psemas eendag ons eise uitbetaal of hoe?

"Rivier van wetteloosheid": Dr. Peter Morkel en dr. Chris Brown, julle sal nooit antwoord kry van die ministerie van landbou. Hulle is nie baie lief of ag dit nie nodig om te antwoord op klagtes nie. ’n Klomp vrot appels daar.

Ek dink daar moet krokodille by Rundu gevang word en kom losgelaat word in die Oranje. Hulle sal hulle doel dien, om diewe, rowers en smokkelaars op hulle plek te hou.

Is dit waar dat Windhoek-munisipaliteit nie die vermoë het om water- en ligterekeninge per pos of per email uit te stuur nie? Die enigste manier is blykbaar net om die rekening te gaan afhaal?

Ek wil weet, die huise van City of Windhoek, waar moet jy gaan? City of Windhoek se mense sê jy moet ’n erf het wat hulle op kan bou, nou waar sal jy ’n erf kry? Kan iemand my help.

Nou het ek alles gesien! Munisipale vragmotor van Tsumeb wat stopteken geheel en al verontagsaam. Ek dog hulle moet ook die verkeersreëls nakom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!