SMS'e vir 29 Maart 2021
SMS'e vir 29 Maart 2021

SMS'e vir 29 Maart 2021

". . . agter in die ry . . ."
Mandy Rittmann
Dis waar dat huishulpe meestal nie goed betaal word nie. Alhoewel daar wette is wat huishulpwerkgewers erken soos die Labour Act, die Social Security Act, die Domestic Workers Act, etc. erken die ministerie van finansies hulle nie. Die aansoekvorms en registrasieprosedure is nie van toepassing op huishulpwerkgewersregistrasie nie. Finansies weier om huishulpwerkgewers dieselfde voorregte te gee as wat ander werkgewers op geregtig is. Byvoorbeeld salarisse en byvoordele soos kos, klere, vervoergeld, medieseconkoste, ens. Kan ’n werkgewer onder een wet erken word, maar nie onder ander nie?

Curfew, wanneer kry dit nou einde asseblief?

Amerika, Britanje, Europa het julle vergeet van die klein landjie Namibië wat ook Covid-entstowwe benodig. Selfs die WHO het van ons vergeet! Ons landjie staan nou agter in die ry wat entstowwe betref. Ons landjie sal eers seker na die winter iets kry, na die 3de golf. Hopelik sal die entstowwe dan nie al verouderd wees nie, want elke dag hoor mens van ’n nuwe variant!

Ben Nangombe re die herrie wat losgebars het rondom ’n middelman vir die verkryging van Covid-entstowwe. Die ministerie se waardigheid en integriteit word bevraagteken... Rêrig?

Die nuwe robots by Avis veroorsaak chaos soggens. Die verkeer het baie beter gevloei voor die nuwe ligte en ook toe dit net rooi geflikker het. Mense raak ongeduldig en raak dan onverskillig.

Die drywers van munisipale busse moet aangepraat word. Hulle ry baie onverskillig.

Minister van Gesondheid, wanneer gaan jy ophou verduidelik en iets doen?

Baie dankie Pick n Pay vir die pensioenarisafslag elke Woensdag op aankope. Komaan Checkers, Spar, Shoprite en U-Save en al die ander winkels!

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!