SMS'e vir 29 Oktober 2019
"Nog 'n geldfoefie?"
Swapo het klaar ons land Namibië aan die Chinese verkoop. Hendrik Witbooi sal uit sy graf opstaan oor watse gemors nou hier aangaan.
Die dampie slaan ding het sy voordele: Ek ry drie keer per jaar van Lüderitz die lang pad na Katima Mulilo, net in dagtyd, en slaap in Windhoek en op Rundu oor. Tussen elke dorp stop ek egter, loop om die motor en trek my dampie, want ek rook nie in 'n huis of voertuig nie. So rus en ontspan ek werklik die meer as 10 minute wat ek my dampie puf, die motorbande en omgewing deurkyk en water drink. Die gereelde stop, glo ek, hou my meer vars en wakker. - SAP&H
Die standpunt van die redakteur oor die vermiste EVM's onder die opskrif "Kyk verby die weerlig" (Republikein, 28 Oktober 2019) verdien groot respek. Dankie, Dani!
Wat bereik besighede om 50 sent per plastieksak te vra? Al die lekkers, chips, seep, middels, vleis ens. is in verpakkings en is in een of ander vorm van plastiek? Gaan my verstand te bowe dat jy nou minder plastieksakke sal sien, maar plastiekbottels en verpakkings word nog die hele wêreld volgestrooi. Nog 'n geldfoefie?
Hardap region se Swapo-leierskap moet drasties verander, dit doen groot skade aan die party. Net vroue wat net vyandskap tussen die mense saai. Og, sal almal afgaan asb.
Kan jy nou meer. Rehoboth was die naweek doodstil. Ek kon my hart hoor klop so stil was dit. As die All Blacks verloor, dan is Reboboth die lieflikste plek om in te bly. Dankie, All Blacks.
Laat die minister antwoord gee. Hardap se skole en koshuise se dreine loop oor en kinders en werkers raak siek. Help asseblief, dit is eksamentyd!
Day of the Dolphin. As ou stigterslid van Dolphins wil ek my dank uitspreek teenoor Dolphin se bestuur vir nog 'n Day of the Dolphin. Yebo yes! Die dag was gekenmerk deur lekker rugby en lekker kuier. Ons sê dankie aan die ou spelers en bestuur teenwoordig. Sal graag meer van die ou spelers wil teenwoordig sien. Old boys, dit is ons baby, laat ons support en rugbytalent ontdek en behou vir die game rugby. Tot weersiens. - Oupyp die Nanru-breker
Sondag 27 Oktober 2019 omstreeks 18:20 te Sam Nujoma Drive kom ry meneer en steek sommer links verby met voertuig N 20463 WB.
Die twee EVM's wat die publiek sien as hul stem, kan nie gemanipuleer word nie, maar die 3de EVM by die ECN-kantoor waarvan min van die publiek weet, waar die stemme getel word, kan gemanipuleer word.
Ek verstaan nie ons kinders wat privaatskole, veral die Engelssprekende privaatskole, bywoon. Waarom moet hul aksent verander? Wrraaa, raaa raa. Baie word net toegelaat tot 'n privaatskool vir volgende jaar, dan verander die aksent alreeds.
Ek is op soek na 'n ordentlike klein bakkie of toe karretjie wat ek maandeliks kan afbetaal. Hy moet nog baie kilo's kan ry sonder probleme. Indien enigiemand my kan help, skakel asseblief die volgende nommer: 081 667 9466.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie