SMS'e vir 3 Augustus 2017
SMS'e vir 3 Augustus 2017

SMS'e vir 3 Augustus 2017

“. . .’n groot porsie van my salaris. . .”
Mandy Rittmann
Shifeta: Geen jagpermit vir Kebbel. Ons glo nie 'n woord nie. Hoekom het hy nie gepraat toe die storie uitgelap is, eers nou dat petisies voorgelê is? Tipies onkunde van regering, dink nie 'n ding deur nie en dan word kamma teruggetrek? Weet iemand in die regering wat in die land of sy ministerie aangaan? Arme Namibië!



2 Chinese nie opgedaag vir 3,5 miljard bedrog saak. Een "conveniently" dood. Borgvoorwaardes verslap of geskrap. Lyk my die diewe en bedrieërs word hier beskerm. Falende regsstelsel. Hulle moes al lankal agter tralies gewees het en op hul besittings beslag gelê gewees het. Wie beskerm hulle?



Dit help nie hulle verlaag die spoed op die Westelike Verbypad nie. Hulle moet eerder 'n hoë muur in die middel van die twee bane bou sodat voertuie nie u-draaie kan maak en mense nie oor die pad stap nie.



President Hage Geingob demands apologies for what he considers inappropriate statements by office bearers. Especially so-called racism and or tribalism but why not improve on overall performance, governance, corruption etc within the government? Racist or tribalist statements by a few individuals does not destroy the moral and resources of the Namibian nation when compared to e.g corruption. The destruction of the Namibian nation by the Swapo government is far beyond an apology and the president needs to act on that.



Kry ook asseblief jou feite reg! Ek is 'n wit Afrikaner en het nooit 'n stukkie grond van die apartheidregime gekry nie. Vir 30 jaar het ek elke maand 'n groot porsie van my salaris betaal vir 'n klein huisie in 'n kompleks. Ek sal jou graag ondersteun in jou LPM, maar doen jou huiswerk, asseblief. Moeg om blameer te word, omdat ek wit is.



Rehoboth-dorpsraad: Hoe vêr nog agbare minister moet die dinge aangaan?



Swartbooi, los die Owambo's laat hulle plase kry in die Suide. Die Namas wat plase gekry het onderverhuur die plase aan die kommersiële boere. Daar is bewyse.



Mnr. Swartbooi, moenie ander mense se voordeel benadeel nie. Almal wat stem, het voordeel. Jy het bedank, doen jou dinge alleen.



NBC TV. Die Tutaleni wat vanaand op was, sal u dit tog Sondagmiddag herhaal asseblief. Almal moet dit kyk, want almal het sulke situasies. Baie dankie.



Keetmanshopers, al ons getoitoi teen Selco was pure verniet. Die nuwe kragreus REDS wat met groot trompetgeskal aan gekondig is se kragtariewe word met ingang 1 Augustus verhoog met die intrapslag. Selco se 0-50 "units" was 1,98 en vanaf 51 "units" was dit 2,19. Die nuwe verlosser het die ou kragtarief van 2,19 per "unit" net so implimenteer, duurder as in die ander streke waar hul tans opereer. Net 'n naamsverandering het plaasgevind met dienste wat nog duurder word. Keetmanshoop, kyk na jul nuwe munisipale kragrekening paragraaf ses. Ons word steeds gemelk!



Die plakkerskampe in Keetmanshoop se inwoners is besig om lewendige groen bome van welke aard te vernietig vir vuurhout. Die bome en bosse word bo-op die kaias se dakke gegooi om droog te raak. So word Keetmans kaal gestroop van sy natuurskoon. Hase, kleinwild is al gejag met honde en verorber. Ja-nee wat, kamma vryheid.



Unies sê staatsondernemings moet nie sluit nie oor werke verlore gaan? Dis hul eie korrupte, vrot bestuur wat hul bankrotskap veroorsaak. Hoekom moet die hardwerkende belastingbetaler vir "bailout" na "bailout" opdok? Die helfde van staatswerkers is oortollig, maar word aangehou en betaal net om werkloosheidsyfers te verblind? En ek en jy moet daarvoor betaal? A nee a!



I do not understand why the entrance and exit from the Western Bypass into Academia, Pioneers Park has to be closed? Is this necessary if the speed comes down to 80 km/h. Seeing that it is no longer a highway surely a 4-way stop could be inserted. This has been my way home for 5 years from Prosperita without any mishaps – what other way should I take to get to Academia and Pioneers Park? The road past Safari is a disaster at 17:00.



The people above the Red Line is not interested in an ancestral land discussion because they did not loose anything during the genocide of the Nama and Ovaherero people. The San, Nama, Damara, Herero, Basters, Coloureds etc lost land and properties yet the people above the Red Line is convinced that they have more rights above all other Namibians. They believe that they can loot the resources of our country in the name of Swapo. They are surely mistaken. Our Constitution guarantees equal rights to all Namibians.



Ek sal baie graag wil weet wanneer die gesondheidsministerie of die regering ons se langdiens kan terugbetaal, soos vir skoonmaakdienste en "artisans" en "handy"-manne. Die regering met groot asseblief, dit word nie na gekyk. Dis vir die hele Hospitaal Katutura en Sentrale Hospitaal, asseblief.



ELKRN pastore, as julle geen respek vir die Biskop het nie, hoe verwag julle respek van die gemeente? Julle is ingesweer om ons te dien, maar nou is julle besig om ons uitmekaar te dryf. Hou op om te kompeteer en te politiek om nie te praat van die arme jeug wat moet sien hoe julle mekaar verkleineer. Hoe kan julle vir ons bid as dit so is? Gaan lees Kor. 14:1-4.



Etse Aob! Die grootste skip word laat sink deur die kleinste gaatjies! Suid-Afrika was magtig, maar God is in beheer. Jou Swapo sal val, genoeg is genoeg.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!