SMS'e vir 3 Maart 2017
SMS'e vir 3 Maart 2017

SMS'e vir 3 Maart 2017

“Moenie selfsugtig wees nie!”
Gerine Hoff
Goedkoop koop is duur koop. Daarom alle dank aan Alpheus !Naruseb om lokomotiewe by 'n gevestigde maat­skappy te koop.



City Police julle het kamma die sogenaamde ongeregistreede carwash plekke gesluit. Dit stop nie daar nie! Doen opvolgwerk en julle sal sien dat van hulle alweer begin was het - selfde plekke wat julle gesluit het. Single Quarters het so ver gegaan dis nou glad 'n dobbelplek met karwassery en as hulle die polisiekarre sien, word alles vinnig opgepak. Beweeg met privaat voertuie en klere en julle sal al die wonderwerke raak sien.



Die foto van 'n leser "Voete uit die hoeke" wys motors wat padreëls op 'n gevaarlike plek oortree. Die ironie van die saak is dat die motor se registrasienommer GO SAFE is.



Me. Jennifer, die water vir menslike gebruik in Rehoboth is vanaf verlede Saterdag 'n uiters kommerwekkende situasie. Dit lyk vuil, ruik vuil en smaak vuil. Met die blote oog kan mens onbekende stowwe sien ronddryf. Dis 'n gevaarlike gesondheidsrisiko.



As wintertyd wegval dan kan skole 07:15 begin vir onnies en 07:30 vir "kids". Ouers wat 07:30 begin werk kan kind by skool aflaai en ry. Moenie selfsugtig wees nie! Kom kyk hóé donker dit is 05:00 wanneer "kids" vanaf Goreangabdam stap!



Waarom is CoW se monde skielik gesnoer oor die wettigheid van die plakkerskamp naby Finkenstein se hek? Dit val mos onder hul jurisdiksie. Of is dit dalk nog 'n saak vir die ACC ?



Rehoboth se Swapo-leiers het net een doel en dit is om hulself ryk te steel en die res klop mekaar gereeld op die skouer oor die groot gemors waarin hulle die dorp laat beland het.



Klompie veeboere het in die droogte in die Daures-kiesafdeling vir beter weiding rondgetrek en by tradisionele leiers hulp gevra. Na die reëns wat geval het, is die boere besig om terug te trek sonder om by die leiers aan te meld of om dankie te sê. Sal sulke mense in die toekoms gehelp word? Vra maar net!



Ministerie waar ons pensioenarisse jaarliks moet bewys lewer dat ons nog op die been is, verander dit asb dat ons by poskantore ook kan herregistreer. Ons sit en wag heeldag om dit te kan doen en moet telkens ver ry om weer te probeer. Ons het nie almal tyd vir so 'n heeldag se sit/staan en wag nie! Doen iets daaraan.



Gelees in die koerant van 'n graad 10-kind wat 22 krediete gehad het toe dit oorgemerk word, toe is dit 26. My vraag is hoeveel ander gevalle was daar? Ouers, ons moet onse kinders ondersteun.



Ek het nie gesê dat agter die stuurwiel bier gedrink moet word nie. Dronkenskap en roekeloosheid kom van "spirits". My bier is gesonder as 'n versuikerde gaskoeldrank.



Na 26 jaar is daar mense wat nie 'n erf het om 'n sinkhuis op te sit nie, maar duisende mense stroom daagliks landswyd in (geen statistiek) - hulle skep China towns, is betrokke in myne, vissery, wildvernietiging, verklaar nie inkomste nie, gly deur doeane, het net spesifieke mense in diens – hoe lank nog en wie moet verantwoording doen?



Ek stem 100% met die SMS wat praat van die ander wat Rhb 26 jaar regeer. Nou sit almal in k... straat hulle bly nou net op bloeddruk en slaappille, want hulle moet nou heeldag omkyk of oom Neels Bekker nie aankom nie.



"Ministry of Finance" is nie in staat om my goed uit te sorteer nie, was al by die hoogste en al wat hy kan sê is “I can't help you”. So, nou vra ek as hy nie kan help nie, wie kan? Dit gaan al so van 2013. Jy word gestuur van een persoon na ander en niemand kan help nie. Hoe nou?



Asb. los die somertyd. Weg met wintertyd. Alles moet aangepas word. Na die winter is jou gees heel verwoes, dan lyk die lewe ook nie meer aangenaam nie.



Joos Platt, ek is in ouetehuis. Lees graag SMS'e oor jou. Skindertonge en goeie stories. Ek kan net sê dat in jou tyd as polisieman het ons op die voorstoep geslaap met net 'n draadomheining. Jy het ons veiligheid verseker. Enigste naggeluide wat ek kan onthou was die gedreun van 'n blou F100 Ford polisiebakkie wat jy gery het. Ek praat van die laat 70's. Wens mense wil jou met rus laat.



Wat het geword van die biljoene

van die MCA (Millennium Challenge Account)? Watter mense of watter streke van Namibië het voordeel daaruit getrek? Geen verslae is al ooit uitgereik nie. Die geld was/is vir die volk van Namibië en nie net vir 'n sekere groep nie.



Mnr. Seibeb, ons in Rehoboth ondersteun u 100%. U en mnr. Bernadus Swartbooi kan gerus 'n draai in Rehoboth kom maak. Bravo, mnr. Seibeb!



Ai CoW, doen asb iets aan die stinkwater in Olympia. Ons moet hare en klere was en stort. 'n Mens vrot nes die water ruik.



The president should also look into the matter of government officials who are staying in their backyard and rent out their houses at high prices and also get subsidies. Is this not ­corruption?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!