SMS'e vir 30 Junie 2020
"Mond en neus toe . . ."
Help my reg. As ons grense vir die toerisme oopmaak, moet die toerisme twee weke kom kwarantyn sit? Watter toeris sal inkom om vir twee weke kwarantyn te kom sit? Hoe lank moet hul dan verlof vat? Nog twee weke ekstra vir na die kwarantyn. As dit so is, sal ons nogsteeds nie toerisme trek nie.
Wat doen ons regering met ons trokbestuurders? In Dinsdag 23 Junie se Republikein word berig dat positiewe corona-pasiënte moet huis toe gaan om te herstel, maar dat negatiewe trokbestuurders kwarantyn toe moet gaan. Watse logika is dit?
Minister Jooste. Solank oortredings nie misgekyk word nie, beteken dit dat daar teen spesifieke persone by NAC opgetree gaan word, is dit reg? Moenie belastinggeld mors deur raak te sien, maar niks te doen nie.
Adjunkminister van gesondheid, as ’n maatskaplike werkster behoort u te praat van gesinsbeplanning en nie aborsie nie. Leer die jong mense reg asseblief.
Baie dankie aan Maerua Mall se sekuriteitswagte wat hulle werk doen. ’n Masker werk net as hy reg opgesit is. Mond en neus toe, eenvoudig. – Dries
Adolf Kaure, lees ook hoeveel mense is gedood tydens die onmin tussen Jonker Afrikaner en die Herero’s en die Namastamme. En wreed. Jonker se mense het mense in hulle krale vasgekeer en doodgebrand.
Rakende RCC-werkers wat by die huis sit en betaal word. Hoe is dit moontlik? Hulle het dan in die begin van Junie klomp jong mense van Omaheke aangestel wat die pad vanaf Aminuis na Aranos bou.
Lang lys van besonderhede en dit is nie al nie. Oumense staan in ’n ry, terwyl mense indruk. Dan, as jy by die lys kom, staan almal teen mekaar om 'n pen wat nie gesanitize is, te gebruik, hande gewas voor trollie en dan in winkel dra kliënte hul maskers onder die ken. Winkels, leer jul staf om reëls te handhaaf anders sluit julle winkels. Ek weet julle sal dink klante het 'n keuse, maar.
As Namibiërs nog steeds wonder waarom die weermag so ’n groot hap kry uit die begroting terwyl ons nie in ’n staat van oorlog is nie, word wakker. Dis om die weermag paraat te hou teen Namibië se eie mense ingeval van ’n staatsgreep teen ons korrupte regering, Fishrot en ons land wat stuk, stuk weggedobbel word vir China. Die polisie- en weermagoptrede teen misdaad was magsvertoon om die nasie te intimideer.
Ek was onder die indruk die land het nee gesê vir die fosfaatmynery in ons waters. Hoe is voortsetting van die projek dan nou die onderwerp van ’n hofgeding?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie