SMS'e vir 30 November 2020
"...die Titanic..."
Swapo moet solank maar die temalied van die Titanic begin sing. Want hulle skip is besig om te sink.
Ek hoor vanoggend (Vrydag) oor ‘n radiostasie (terloops een van die beste stasies) dat die publiek gevra word om te help soek na sekere stukke (bewyse) in ‘n moordsaak wat sowat vier maande terug gebeur het? Wat het die polisie en hul speurdiens gedoen ná die moord? En waar is die polisie en of die weermag nou? Hoekom word die publiek met watse kennis en vermoë ookal nou gevra om te help en die polisie se werk te doen? Groete. – Ello
Ek wil net ‘n klip in die bos gooi. Waarom moet die onderwysers al die 6de Januarie begin? Ons was die hele jaar in lockdown, nie uit eie wil nie. Ons was meeste van die tyd by die skole sonder ons kinders. Geen onderwysers kon iewers heen ry nie, want dit was lockdown. Die enigste week wat ons wetlik vakansie gehad het was Khomas en Erongo in lockdown. Die onderwysers wie se mense in die noorde woon kon nie eens Noorde toe gaan nie. So vakansie het ons NIE gehad nie. Waarom moet ons in elk geval tot die 18de by die skole wees? Regtig mense. Ons moet ons nekke breek van ons kant af. Maar wat voel die ministerie vir sy onderwysers?
Gruispaaie is op die oomblik in ’n baie swak toestand. ’n Mens worstel deur slaggate en sinkplaat van die een punt tot die ander punt. Ek weet die Paaie-owerheid kan nie voorbly nie, maar paaie wat voorheen net gemaak is vir ligte voertuie moet nou massas swaarvoertuie hanteer. Houtlorries gaan haal nou hout op plase en vertrap die plaasgruispaaie behoorlik. Doen iets!
Unam School of Medicine. Please let the 5th and 6th year students know where they have to be 2021, Oshikati or Windhoek?Please start planning properly!
Waarom hou jy honde aan om vir ander mense ’n las te wees? Hier op Karasburg blaf honde snags sonder ophou. Regtig mense. Kyk waarom jou hond so blaf, en maak hom stil as hy vir nonsens blaf. Moenie maak of jy hom nie hoor nie. Dit is dalk vir jou oulik, maar vir ander mense ’n frustrasie. En ek verstaan hier is mense wat hul vuilgoed in die dorp afgooi, dan word daar gesê hulle het toestemming by die munisipaliteit om dit daar neer te gooi? Ek glo nie jy sal daarvoor toestemming by enige munisipaliteit kry nie. Dalk moet ons in die koerant sê wie is die skuldiges. Julle sal verbaas wees wie dit doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie